|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 261
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
276. Om “brood te eet in die sweet van jou aangesig” dui daarop om afkerig te wees tot
dit wat hemels is, en dit is duidelik uit die betekenis van “brood.” Deur “brood word
bedoel alles wat geestelik en hemels, en wat die voedsel van die engele is, op die
berowing daarvan sal hulle ophou om te leef so seker as wat die mens ontneem word van
brood of voedsel. Dit wat hemels en geestelik is in die hemel korrespondeer ook met
brood op die aarde, waardeur hulle verteenwoordig word in baie aanhalings uit die
Woord. Dat die Meester “brood’ is, is omdat uit Hom kom wat ookal hemels en geestelik
is. Hyself onderrig in Johannes: “Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het; wie
hierdie brood eet sal tot in ewigheid lewe.” (Joh. 6: 58). Daarom word brood en wyn as
simbole gebruik by die onderhouding van die Pasga. Hierdie hemelse word ook
verteenwoordig deur die manna. Dit wat hemels en geestelik is maak die voedsel van die
engele uit, en word gemanifesteer in die Meester se woorde: “Die mens sal nie van brood
alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die Woord van God uitgaan.” (Matt. 4: 4),
dit is, van die lewe van die Meester, van wie alles kom wat hemels en geestelik is. [2] Die
laaste nageslag van die Mees Antieke Kerk, wat bestaan het onmiddellik voor die vloed,
en wat hier behandel word, het so totaal verlore geraak en gedompel in sinlike en
liggaamlike dinge, dat hulle naderhand nie meer gewillig was om te hoor wat die
waarheid was oor die geloof nie, wie die Meester was, of dat Hy sou kom om hulle te red;
en wanneer sulke onderwerpe geopper word, draai hulle om en loop weg. Hierdie weersin
word beskryf deur “brood te eet in die sweet van jou aangesig.” So ook dan die Volk, as
gevolg dat hulle van so `n karakter was dat hulle nie erken die bestaan van hemelse dinge
nie, en begeer slegs `n wêreldse Messiah, en kon nie help om `n weersin te hê vir die
manna nie, omdat dit `n verteenwoordiging van die Meester was, en noem dit “walglike
brood,” op grond waarvan die Meester giftige slange onder hulle ingestuur het. (Num. 21:
5,6). Bowendien, die hemelse dinge wat aan hulle meegedeel is in `n staat van teenspoed
en ellende – wanneer hulle in trane was het hulle dit dan genoem “brood van teenspoed”
of die “brood van ellende” en die “brood van trane.” In die gedeelte hier voor ons, dat dit
wat ontvang word in afsku, word genoem die “brood van die sweet van die aangesig.”
|
|
|
|
|