DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 306

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

322. Waak teen die valse idee dat geeste nie `n baie ver uitnemende sinlike kwaliteit besit as wanneer hulle in die liggaam was nie. Ek weet die teenoorgestelde uit ervaring duisende kere oor. As daar enigiemand is wat onwillig is om dit te glo, as gevolg van sy vooropgestelde idees betreffende die gesteldheid van die gees, laat hom dan leer deur hul eie ervaring as hulle in die ander wêreld kom, waar hulle gedwing sal word om dit te glo. In die eerste plek het geeste sig omdat hulle in die lig lewe, en goeie geeste, engele geeste en engele, in so `n lig wat so groot is dat die middagson van hierdie wêreld skaars daarmee vergelyk kan word. Die lig waarin hulle woon en waarin hulle sien, sal deur die Goddelike genade van die Meester hierna beskryf word. Geeste kan hoor ook, en hulle gehoor is so uitstekend dat die gehoor van die liggaam nie daarmee vergelyk kan word nie. Vir jare het hulle amper aanhoudend met my gespreek, maar hulle spraak sal ook deur die Goddelike genade van die Meester hierna bespreek word. Hulle het ook `n sintuig van reuk, wat ook deur die Goddelike genade van die Meester hierna bespreek sal word. Hulle het die mees voortreflike sin vir aanraking vanwaar die pyne en martelinge kom wat in die helle verduur moet word; want alle sensasies het `n verhouding met aanraking, waarvan hulle bloot `n verskeidenheid en van verskeie soorte is. Hulle het begeertes en emosies waarmee dié van wat hulle in die liggaam gehad het, nie vergelyk kan word nie, en wat deur die Goddelike genade van die Meester ook hierna beskryf sal word. Geeste dink met meer helderheid en duidelikheid as wat hulle gedink het gedurende hulle lewe in die liggaam. Daar is meer dinge vervat binne `n enkele idee van hulle denke as in `n duisend van die idees wat hulle gehad het in hierdie wêreld. Hulle spreek onder mekaar met soveel skerpsinnigheid, spitsvondigheid, skranderheid, en duidelikheid. In kort, hulle besit alles wat die mens besit, maar in `n meer perfekte toestand en in die oortreffende trap, behalwe die vlees en bene en die begeleidende onvolmaakthede. Hulle erken en neem waar dat selfs toe hulle in die liggaam gelewe het, was dit die gees wat die sensasies ervaar het, en alhoewel die aanlegte of gawes hulself in die liggaam manifesteer, was dit tog nie uit die liggaam nie, en daarom, as die liggaam ter syde gelê word, is die sensasies baie meer uitmuntend en perfek. Die lewe bestaan uit die uitoefening van sensasie, want sonder dit, is daar geen lewe nie, en so is die aanleg van sensasie, so is die lewe, `n feit wat enigeen kan raaksien.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205