DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 353

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

374. Dat die “stem van die bloed” daarop dui dat geweld aan naasteliefde gepleeg is, is duidelik uit baie aanhalings uit die Woord, waarin “stem” enigiets wat beskuldig aandui, en “bloed” enige tipe van sonde, en veral haat; wat wie ookal haat dra teenoor sy broer, maak hom in die hart dood; soos wat die Meester onderrig: “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broer se: Raka! (veragting en haat) moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! Moet verantwoording doen in die helse vuur. (Matt. 5: 21, 22), waardeur hierdie woorde die verskillende grade van haat voorstel. Haat is die teenoorgestelde van naasteliefde, en maak dood op watter manier ookal, as dit nie met die hand is nie, dan in die gees, en word slegs teruggehou deur die eksterne beperkinge wat dade van die hand kan pleeg. Daarom is alle haat “bloed” soos in Jer: “Hoe goed ken jy jou pad om liefde te soek? Ook aan jou some is die bloed gevind van die siele van onskuldige armes…” (Jer. 2: 33-34). [2] En soos wat haat aangedui word deur “bloed” net so is elke soort van ongeregtigheid, want haat is die fontein van alle ongeregtighede. Soos in Hosea: “Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel: hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak. Daarom treur die land en alles wat daarop woon kwyn weg.” (Hos. 4: 2-3). En in Eseg. wat praat van onbarmhartigheid: “En jy mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad. Maak hom dan bekend al sy gruwels. `n Stad wat daar binne bloed vergiet, het jy skuldig geword…” (Eseg. 22: 2-4). In dieselfde: “Maak `n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.” (Eseg. 7: 23). En in Jer: “Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek.” (Klaagliedere 4: 13-14). In Jes: “As JHWH die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.” (Jes. 4:4). En weereens: “Want julle hande is met bloed bevlek en julle vingers met ongeregtighede.” (Eseg. 59: 3). In Eseg. wat praat oor die gruwelikhede van Jerusalem wat “bloed” genoem word: “En Ek het by jou verby gegaan en jou sien spartel in jou bloed; het Ek vir jou gesê in jou bloed; Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!” (Eseg. 16: 6, 22). [3] Die onbarmhartighede en haat van die laaste tye word ook beskryf as “bloed” in Openbaringe (16: 3, 4). “bloed” word in die meervoud genoem omdat alle ongeregtighede en gruwels voort stroom uit haat, soos alle goeie en heilige dinge voortstroom uit die liefde. Daarom, hy wat haat voel teenoor sy naaste sou hom vermoor het as hy kon, en inderdaad vermoor hy hom op enige manier wat hy kan; en dit is om hom geweld aan te doen, wat hier deeglik aangedui word deur die “stem van die bloed.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205