DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 337

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

353. Deur die “vet” word die hemelse self aangedui, wat ook van die Meester is. Die hemelse is alles wat van die liefde is. Geloof is ook hemels as dit uit die liefde is. Naasteliefde is ook hemels. Al die goeie van die naasteliefde is hemels. Al hierdie dinge was verteenwoordig deur die verskillende tipes van vet in die offerandes, en veral deur dit wat die niere bedek, of die dermnet (of lap) “en neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is;” was alles heilig en was geoffer as brandoffers op die altaar. (Exod. 29: 13, 22; Lev. 3: 3, 4, 14; 4: 8-9, 19, 26, 31, 35; 8: 16, 25). Vir dieselfde rede was die Judese volk verbied om enige van die vet van die diere te eet “as `n ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en geen bloed mag julle eet nie. Dit was omdat daardie kerk so was dat dit nie eers innerlike, en nog minder hemelse dinge erken het nie. [2] Dat “vet” die hemelse dinge, en die goeie van die naasteliefde verteenwoordig, is duidelik in die Profete; soos Jesaja: “Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na my en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.” (Jes. 55: 2). En in Jer: “En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en My volk sal versadig word met My seëninge.” (Jer. 31: 14), waar dit duidelik is dat by “vettigheid” niks anders bedoel word as die hemelsegeestelike goedheid nie. Soos in Dawid: “Hulle is verkwik aan die vettigheid van U huis, en U laat hulle drink uit die die stroom van genietinge. Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig.” (Ps. 36: 9-10). Hier verteenwoordig die “vettigheid” en die “fontein van die lewe” die hemelse, wat van die liefde is; en die “stroom van genietinge” en “lig” die geestelike, wat van die geloof uit die liefde is. Weer uit Dawid: “Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe.” (Ps. 53: 5), waar dit weereens die “vet “ is wat die hemelse verteenwoordig, en die “roem met jubelende lippe” die geestelike. Dat dit hemels is, is baie duidelik, omdat dit die siel versadig. Vir dieselfde rede word die “eerste vrugte”, wat die “eersgeborenes van die aarde is,” genoem word “vet.” (Num. 18: 12) [3] Alle hemelse dinge is van `n ontelbare soort (genera) en nog meer ontelbare spesies, hulle word in die algemeen deur Moses beskryf in sy lied wat hy opgedra het voor die mense: “dikmelk van beeste en melk van die kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring, en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.” (Deut. 32: 14). Dit is onmoontlik vir enigeen om die betekenis van hierdie uitdrukkings te weet, behalwe uit die innerlike sin. Sonder die innerlike sin sal uitdrukkings soos “dikmelk van beeste” die “melk van kleinvee” die “vet van lammers” en die “vet van lammers en ramme” die “stiere van Basan die “ niervet van koring” en die “bloed van die druiwe” slegs woorde wees, en niks meer nie, en tog dui elk en ieder uitdrukking op `n soort of genera en spesie van hemelse dinge.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205