|
DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 143
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429. |
|
|
145. In die Woord word ook deur die “naam” aangedui die essensie van `n ding, en
deur te “sien en te noem by sy naam” word aangedui om die kwaliteit te weet. Soos in
Jes. “En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en verborge rykdomme
sodat jy kan weet dat Ek Jahweh is wat jou by jou naam roep, die God van Israel; ter
wille van Jakob, My kneg, en Israel, My uitverkorene, het Ek jou by jou naam
geroep; Ek het jou `n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie.” (Jes. 45: 3-4).
Weer: “En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en ju
sal met `n nuwe naam genoem word.” (Jes. 62: 2), en dit dui daarop dat Israel `n
ander karakter sal aanneem, soos dit voorkom in die vorige en daaropvolgende verse.
Weereens: “…wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam
geroep; jy is Myne.” (Jes. 43: 1), wat aandui dat Hy weet wat hulle kwaliteit is. Weer
in dieselfde Profeet: “Slaan jou oë op na die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge
geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal. Hy roep hulle almal by die
naam…” (Jes. 40: 26), menende dat Hy hulle almal ken. In Openbaring: “Maar jy het
enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam
met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. Wie oorwin, sal beklee word
met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal
sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele.” (Openb. 3: 4-5). Wie se name is nié
in die boek van die lewe van die Lam geskryf nie – Openbaring 13: 8! Deur die
“name” in hierdie aanhalings is dit geensins bedoel om name te wees nie, maar
kwaliteite; ook is die naam van enigiemand nooit ooit bekend in die hemele nie, maar
sy kwaliteite.
|
|
|
|
|