DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

40. Deur die “kruipende dinge wat deur die waters voortgebring word”, word die ‘geheue-kennis’ voorgestel [scientifica] wat aan die uiterlike mens behoort; deur “voëls” in die algemeen, die rasionele en intellektuele dinge, waarvan die laaste aan die innerlike mens behoort. Dat die “kruipende dinge van die waters” of “visse” die geheue-kennis voorstel, is duidelik uit Jesaja: “Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie,….het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Kyk, deur My dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot `n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors. Ek beklee die hemele met duisternis…” (Jes. 50:2-3). Maar dit is nog duideliker uit Eségiël, waar die Meester die nuwe tempel beskrywe, of `n nuwe kerk in die algemeen, en die mens van die kerk, of `n wedergebore persoon, want elkeen wat wedergebore is, is `n tempel van die Meester: “Hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word, en al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal `n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. Ook sal vissers daaraan staan, van Engedi af tot by die En-Eglaim: `n droogmaak plek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die groot see, `n menigte. (Eseg. 47: 8-10). “Vissers van Engedi af tot by En-Eglaim” met die “uitsprei van die nette” dui op hulle wat die onderrig sal verskaf aan die natuurlike mens in al die waarhede van die geloof. [3] Dat die “voëls” die dinge wat rasioneel is simboliseer, is duidelik uit die Profete; soos Jesaja: “Wat `n roofvoël roep uit die Ooste, die man van My raad uit `n ver land….” (Jes. 46:11). En in Jeremia: “Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.” (Jer. 4:25). In Eségiël: “….dan sal Ekself die verhewe top van die seder `n steggie neem en dit insit – op `n hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en dit sal vrugte dra en `n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon.” (Eseg. 17:22-23). En in Hosea wat praat van `n nuwe kerk, of `n wedergebore mens: “Verder sluit Ek in dié dag vir hulle `n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde….” ( Hos. 2;18).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205