Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die liefde van God - die oergrondstof van alle skepsele

99 Die liefde van God is die oergrondstof van alle skepsele, want sonder haar sou daar ewig nooit iets geskape kon word nie. Hierdie liefde stem ooreen met die allesverwekkende en tot lewebringende warmte en slegs deur hierdie warmte sien julle die aarde onder julle voete groen word.

2 Deur die warmte kry die starre boom sy blare, gaan hy bloei en dit is die warmte binne-in hom wat die vrugte tot rypheid bring. Daar bestaan trouens op die hele aardoppervlak geen wese of voorwerp wat by `n totale afwesigheid van warmte sou kon ontstaan nie.

3 Mens sal miskien hierteen inbring; by die ys, en veral by die poolys, ontbreek tog seker alle warmte. Daarmee sal die warmte tog nie veel te make hê nie, want by `n temperatuur van so `n veertig grade onder nul sou mens net graag wou weet of daar `n warmtemeter bestaan wat nog `n spoortjie van warmte daarby sou kon aantoon. Hierop sê ek niks anders nie as dat die geleerdes van hierdie aarde nog geen instrument uitgevind het waarmee hulle die absolute warmte-eenheid en die absolute koue-eenheid nougeset kan bepaal en goed meetbaar van mekaar skei nie. By ons is `n ander maatstaf ingevoer en gebruiklik, omdat ons onsself in die suiwer, innerlike kennis bevind.

4 Die geleerdes op aarde begin met die meet van die koue op die oomblik wat die water vries. As die eintlike koue al op die vriespunt begin, dan sou ek tog net graag wou weet, volgens watter wette, of op watter manier die koue dan kan toeneem? Waarom voel julle `n temperatuur van so 'n vier tot vyf grade onder die sogenaamde vriespunt, nog ietwat draaglik aan en waarom ervaar elkeen die koue reeds as baie pynlik, wanneer die termometer tot minus agtien grade gedaal het? Kan mens hier nie met die volste reg sê: Minus agtien grade voel mens pynliker as minus vier grade, omdat by minus vier grade kennelik nog meer warmte aanwesig is as by minus agtien grade? Kan mens nou minus agtien grade reeds as uitgangspunt vir die volledige koue neem? O nee, want mens het al minus dertig grade koue meegemaak. Die was nog veel pynliker as die by minus agtien grade. Waarom? Omdat dit weer verreweg minder warmte bevat as die van minus agtien grade. Minus veertig grade sal egter nog pynliker wees as minus dertig. Is dit egter al `n rede om te beweer dat die warmte volkome afwesig is by hierdie minus veertig grade?

5 Ek sê vir julle dat dit maar net oorgange is van warmte na koue en dus ook omgekeerd. Daarom kan mens die volgende, veel korrekter maatstaf aanneem:

6 Elke ding, elke liggaam wat nog in staat is om warmte op te neem, kan nie volkome koud genoem word nie, want die hoeveelheid warmte wat dit bevat, kom ooreen met sy grootte en digtheid. `n Ysklont van die hoogste noorde kan op die vuur gesmelt word, waarna die water tot by die kook gebring kan word. Sou die ys geen gebonde warmte bevat het nie, dan sou dit nooit opgewarm kon word nie.

7 Koue is dus die eienskap van `n wese, waarin die vermoë tot verwarming absoluut nie meer aanwesig is nie. So kan mens selfs met reg die vorming van die ys op die noordpool enkel en alleen toeskrywe aan `n reaksie van die warmte, waarby sy, bedreig deur die koue, haar materie vasgryp, saamtrek en verstewig, om sodoende die meeste weerstand teen die eintlike koue te kan bied.

8 Die warmte is dus identiek aan die liefde, maar die eintlike koue is identiek aan die eintlike, helse liefdeloosheid. Waar dit dominerend wil optree, daar bewapen die alles opwekkende en behoudende liefde haar daarteen, sodat die eintlike, alles dodende koue nie in staat sal wees om `n oorwinning op die aldus gewapende liefde te behaal nie.

9 Wat beteken vervolgens: "Het God lief bokant alles"? Natuurlik gesien kan dit onmoontlik iets anders beteken nie as:

10 Verbind jou lewenswarmte wat deur God gegee is, met jou skeppende en versorgende oerwarmte van jou Skepper; dan sal jy die lewe ewig nooit verloor nie.

11 Sal jy egter jou liefde, oftewel jou lewenswarmte, vrywillig van die goddelike oerlewenswarmte afskei en in `n sekere sin as `n selfstandige heersende wese wil bestaan, dan sal jou warmte geen meer voeding kry nie.

12 Jy sal daardeur in `n steeds groter kouegraad beland. En hoe dieper jy sal wegsink in die steeds strenger wordende koue, des te moeiliker sal dit word om jou weer te verwarm. Het jy egter tot volledige koue oorgegaan, dan het jy totaal ten prooi geval aan die satan, waar jy, volkome koud synde, nie meer in staat sal wees om warmte op te neem nie!

13 Oor dit wat daar verder met jou sal gebeur, kan geen engel in die hemel jou ook maar iets weet te vertel nie.

14 In God is weliswaar oneindige dieptes, maar wie sal dit deurgrond en daarby die lewe behou?

15 Ek dink dat die mens uit hierdie kort voorbeskouing al geleidelikaan begin te begryp, waarom die gebod, wat `n woord van die Heer is, die hoogste, ja die son van aller sonne en die woord van alle woorde is. In die volgende sal ons nog meer daaroor vertel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205