|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 117
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Hemel en hel - polariteite in die mens
117 Mens sal nou sê: Dit is inderdaad baie waarskynlik dat die saak ten slotte so `n wending sal neem en dat elke wond wat die gees toegebring word, in sy absolute toestand sigbaar sal word en reageer. Maar na die diepgaande verklaring oor die fundamentele hel sien ons nog steeds nie in, hoe sodanige herinneringe aan, in hierdie wêreld ondergane gekrenkte liefdes, hom dan in die absoluut geestelike toestand as fundamentele hel moet manifesteer nie. Want daar sal tog nie gou iemand op aarde te vinde wees wat nie self soortgelyke krenkings ondervind of veroorsaak het nie. Gaan ons egter daarvan uit dat sulke lewendige herinneringe hulleself in die absoluut geestelike toestand as fundamenteel hels openbaar, dan sal ons werklik graag wil weet hoeveel van die mense, wat tydens die verloop van `n eeu op aarde geleef het, in die hemel kom.
2 Waarom kan dit vir die mens so `n verdoemende oordeel word, wanneer hy in `n hoogs passiewe toestand, wel moet sondig teen `n goddelike ordening, wat hy onmoontlik in stand kan hou omdat die krag daartoe, wat mens slegs uit baie ervaringe kan opdoen, hom geheel ontbreek!
3 Goed, sê ek, wie my so 'n verwyt maak, vra ek vriendelik om die voorgaande ietwat grondiger deur te trek. Hy sal daar die bewys vind dat ek gladnie beskrywe het wie daar in die hel kom en hoeveel daar is nie; ek het slegs aan elkeen te kenne gegee wat daar by die mense as `n suiwer hel in die verskyningsvorm optree. Op die hele aarde is daar naamlik nie één mens so volmaak, dat hy nie die hele hel volkome in hom sou dra nie, net soos wat hy ook die hele hemel in hom dra.
4 Soos ek vooraf voldoende uitgelê het, dat die hemel in die mens is en hoe dit in hom tot stand kom en hom verbrei, so moet ek immers ook laat sien hoe die hel in die mens tot stand kom en hom verbrei.
5 Dit sou treurig en hoogs onbarmhartig wees as `n mens, omdat hy die volmaakte verskyningsvorm van die hel in hom dra, ook dadelik `n bewoner van die hel sou word. Sou dit die geval wees, dan sou ook alle engele helse geeste moet wees, want ook hulle dra die volmaakte beeld van die hel as verskyningsvorm in hulle. Sou dit nie die geval wees nie, dan sou dit vir geen engel moontlik wees om ooit die oord binne te dring om daar die opstandige geeste tot rus te bring nie. Ekself sou julle die hel nie kan toon en onthul as ek haar nie volledig in my sou hê nie. Bowendien sou dit vir die bewoners van die hemel ook baie gevaarlik wees as hulle die ooreenstemmende verskyningsvorm van die hel nie in hulle sou hê nie, omdat hulle dan nie sou kon sien wat die hel alles teen hulle onderneem nie.
6 So kan geen enkele gees in die hele hel ook maar iets teen ons onderneem, wat ons nie oombliklik in onsself kan sien nie.
7 Tewens vertoon hel en hemel hom in die mens as twee teenoorgestelde pole, waarsonder die mens hom geen bestaande voorwerp kan indink nie.
8 Daarom is dit dienstig dat elkeen dit ter kennis neem, dat hier absoluut nie bespreek word oor wie daar in die hel kom en wie nie, want dit sou beteken dat die mensdom op aarde geoordeel sou word, maar slegs oor wat die hel in wese is.
9 Dat sodanige ontrou in die liefde egter in wese suiwer hels is, kan iedereen begryp uit die feit dat die fondamente van hierdie ontrou bestaan uit eieliefde en heerssug.
10 Want wat is jaloesie anders as die aanwakker van eieliefde, selfsug en heerssug? Iemand wat jaloers is, is nie jaloers omdat sy uitverkorene te min liefde sou hê nie, maar slegs omdat hyself in sy verlange beperk word en vind dat sy uitverkorene, van wie hy juis die hoogste waardering verwag, sy waarde onderskat.
11 Vraag: Is dit nie die totale teenpool van die gesteldheid waarin mens homself uit liefde tot sy naaste, van welke geslag dan ook, heeltemal moet vergeet om daar slegs te wees vir die welsyn van sy naaste nie?
12 Hoe kan die mens hierdie fundamentele hel egter in homself onderdruk en dit nie aktief nie, maar suiwer passief maak?
13 Dit is buitengewoon maklik. Mens moet die beledigde net soos die beledigende party van ganser harte vergewe in die Naam van die Heer en die beledigde net soos die belediger ook in die Naam van die Heer seën (dit spreek vanself dat dit in alle erns moet gebeur), dan het mens reeds, die hele hel in die jouself, in bedwang.
14 Waarlik, ek sê vir julle; `n berouvolle blik na ons goeie Vader is voldoende om vir alle ewigheid aan die hel te ontkom! Kyk maar net na die misdadiger aan die kruis, hy was `n rower en `n moordenaar; maar toe kyk hy op na die Heer en spreek met `n diep en smartlike berou in sy hart: "O Heer, as U in U ryk kom en oor ons groot misdadigers oordeel hou, dink dan aan my en straf my nie te swaar vir die groot misdade wat ek begaan het nie!"
15 En kyk, die groot, almagtige Regter spreek tot hom: "Waarlik, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees!"
16 Uit hierdie ware gebeurtenis kan tog hopelik elke maar ietwat gelowige Christen aflei, hoe besonder weinig eintlik daarvoor nodig is om die hele onderste, magtigste hel vir ewig in bedwang te hou.
17 Die voorbeeld van die Samaritaanse vrou by die Jakobsbron is te vergelyk met die vorige, wat die Heer gespreek het tot die vrou, wat met sewe manne `n verhouding gehad het: "Vrou, gee My te drinke!" En verder: "As jy sou weet wie Hy is wat vir jou sê: Vrou, gee My te drinke, dan sou jy vir Hom sê, gee my te drinke van die lewende water, sodat ek vir ewig geen dors meer sal hê nie!" So lui die woorde wat daar ter plaatse gewissel was, waarheidsgetrou.
18 Wie sien hier nie welke geringe teenprestasie die Heer van hierdie sondares verlang vir die verkryging van die hemelryk nie, slegs `n sluk water! So ken ook elke Christen wat maar ietwat in die Skrif tuis is, die voorval met die egbreekster en die lewe van Maria Magdalena. Die skuld van die eerste skryf die Heer tweemaal in die sand en Magdalena mag Sy voete salf, en was diegene na wie die Heer eerste gekom het, na Sy opstanding! Eweneens laat die Heer ook by die verlore seun en by die soek van die honderdste verlore skaap sien, hoe weinig Hy van `n sondaar vir die verkryging van genade en ontferming verlang!
19 Daarom wil ons hier ook nie meedeel wie daar in die hel kom nie, maar slegs hoe dit wesenlik met die hel gesteld is.
|
|
|
|
|