Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die innerlike betekenis van die negende gebod

89 Kyk, tot nou toe het ons gesien, hoe alles homself vanuit die natuurlike basis ontwikkel, maar tot dusver ontbreek daar aan elke basis nog `n hoëre goddelike sanksie, wat die enigste bekragtiging is waardeur die mens op aarde, veral in sy nog eenvoudige, natuurlike staat, gebring kan word tot `n voortdurende inagneming van alles wat deur sy leier aan hom as plig opgelê word.

2 Hoe wyser so 'n primitiewe monarg sy volk vanaf die begin lei en hoe meer die volk deur die suksesse daarvan oortuig word dat die leier werklik wys is, des te meer sal hulle hulleself begin afvra: Waar kry hy sy wysheid vandaan en ons ons domheid? Die volk weet nog besonder weinig of selfs niks van God nie, maar die leier het al meer of minder goeie denkbeelde oor Hom.

3 Wat moet hy nou doen as daar mense vanuit die volk, wat in `n natuurlike opsig so goed moontlik in die juk trek, met sulke vrae na hom toe kom? Hy roep hulle wat meer bevattingsvermoë het, byeen, verkondig hulle die bestaan van `n hoër wese wat alles geskape het en alles lei, en gee hulle dan op hulle veelsydige vrae ten antwoord dat hy vir hulle welsyn die leidinggewende wysheid regstreeks van die hoogste wese kry. Omdat hulle `n baie gelowige volk is, kan hy hulle ook met die grootste gemak die onloënbare bestaan van `n allerhoogste, alles skeppende, instandhoudende en leidende Godheid aantoon en ook dat juis hierdie Godheid slegs diep wysheid verleen aan hom wat Hy tot `n gelukkigmakende leidinggewer vir die volkere voorbestem het.

4 Dit wil dan soveel sê as, "deur Gods genade" of soos by die Romeine, "Favente jove". Is hierdie stap opgestel, dan is die alleenheerser en hoofeienaar kant en klaar en sit nou volkome veilig in sy magsentrum, gesteun deur magtige natuurlike en nog magtiger geestelike noodsaak.

5 Elk en iedere een wat dit alles grondig deursien het, moet ten slotte sê: Werklik, daar is absoluut niks daarteen in te bring nie, want alles hang immers so nou saam met die eerste van die natuurlike regsgeldige oorkonde van elke mens, dat mens nie die dunste draadjie daarvan in twee mag sny om nie `n gelukkige menslike samelewing tot in haar diepste fondamente te vernietig nie. Mens kan wegneem wat mens wil, die defek sal onmiddellik merkbaar wees in die eerste natuurlike beginsels van elke mens.

6 As die sake derhalwe so uitval, dan volg daaruit sonhelder dat die Heer van hemel en aarde, deur die negende gebod, niks anders wou bewerkstellig het as die volkome veiligstelling van bepaalde eiendomme, om so die eerste natuurreg beginsels in stand te hou. Daarom kan daar geen ander betekenis agter die gebod skuil as dit wat sy woorde aangee nie.

7 Wil of kan mens aan die gebod `n ander betekenis gee, dan hef mens daardeur die deur die hoogste Wese bekragtigde hoof fondament van die eerste natuurregtelike burgerlike samelewing op. As die eiendomsreg opgehef word, word die vroeëre oerdokumente van elke mens onvermydelik opgehef en dan kan niemand meer iets versamel of vervaardig nie. Kan hy dit nie, dan is dit met sy maag en sy huid gedaan en sal die mens in sy bestaan netso beroerd daaraan toe wees as elke ander dier. Met die wegneem van die letterlike betekenis van die gebod, neem mens immers al by voorbaat ook elke leidinggewende hoofman weg, dan staan die mensdom weer daar in haar eerste plek, tot onder die diereryk gesinkte wilde, chaotiese, natuurtoestand. 

8 Dit is korrek, my liewe vriende en broeders. Tot nou toe het ons gesien dat deur die uiteensetting van die innerlike, geestelike betekenis die uiterlike, natuurlike betekenis in sy regmatige werking na buite toe, nêrens geskend is nie. Ons het ook gesien dat, deur die onbekendheid met die innerlike betekenis, `n gegewe gebod of slegs baie moeilik, dikwels nouliks vir een derde, soms egter ook gladnie in ag geneem word.

9 Word die innerlike betekenis van `n gebod egter begryp, dan volg die natuurlike inagneming vanself, presies soos wanneer iemand goeie saad in die grond plaas. Die vrugdraende plant sal homself daaruit ontwikkel, sonder dat die mens nog een of ander handeling daarvoor hoef te verrig. 

10 So is dit ook die geval by die gebod. Word dit innerlik begryp en nageleef, dan val al die uiterlike, wat die letterlike betekenis betref, as gevolg van die goeie goddelike ordening, vanself weg. Maar as dit nie die geval is nie, hou mens slegs vas aan die uiterlike betekenis, dan hef mens juis daardeur alle oorspronklike regs­geldige dokumente van die mens op. Heersers word tiranne en onderdane word gierigaards en woekeraars. Die huid van die sagmoediges word oor militêre trommels gespan, oftewel die goedmoedige esels van die onderdane word tot boosaardige speelgoed van magtiges en woekeraars gemaak.

11 Die gevolge daarvan is volksopstande, revolusies, politieke omwentelinge en vernietiging, die ontstaan van onderling verbittering tussen die volkere, waarop dan langdurige, bloedige oorloë, hongersnood, epidemies en dood volg.

12 Wat is derhalwe die innerlike betekenis van die gebod, wat alle volkere in ag moet neem om hulle onverwoesbare, tydelike en ewige geluk te kan vind? Dit lui in kort as volg:

13 Het agting vir mekaar uit wedersydse, waaragtige broederliefde, en laat niemand die ander beny wanneer hy, vanweë sy groter liefde, deur My, julle Skepper meer begenadig word nie. As die meer begenadigde as broeder die daaruit volgende voordele soveel moontlik aan al sy broeders ten goeie laat kom, dan sal julle onderling `n ewige lewensgemeenshap stig, wat ewig nooit deur enige mag vernietig sal kan word nie!

14 Wie sien uit hierdie verklarende uitleg van die gebod nie oombliklik in dat deur dit so na te lewe, geen jota van die letterlike betekenis gekrenk word nie. En hoe maklik is dit dan om die gebod volgens die letter in ag te neem, wanneer mens dit op hierdie manier geestelik in ag neem. Want wie in sy hart agting het vir sy broeder, sal ook agting hê vir dit wat hy versamel en opgebou het. Deur die geestelike nalewing van die gebod voorkom mens elke vorm van woeker en oordrewe gewinsug, wat egter maar net in die letterlike betekenis hulle bekragtigde verteenwoordigers of voorstanders vind. In `n kort nabeskouing sal ons nog alles in die helderste lig plaas.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205