Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Heerssug en hoogmoed - die saad van die hel

114 Daar is in die algemeen maar weinig sielkundige kennis voor nodig om te ontdek dat die heerssug `n oorheersende karaktertrek by die vroulike geslag is, maar heerssug en ydelheid is tweelinge en stam dus van een en dieselfde wortel af. Waar vind jy `n vrou wat nie `n sekere mate van ydelheid besit nie, dit wat blyk uit die manier van kleding, of uit die inrigting van haar kamer, of uit nog baie ander dinge meer.

2 Ondersoek die agtergrond van hierdie ydelheid en julle sal niks anders vind nie as die lewende saadkorrel van die hoogmoed en die daarop volgende heerssug.

3 Mens sal nou sê: Nee, dit is wel baie nougeset aangepak! Mens moet juis, `n sekere graad van ydelheid by die vroulike geslag eerder prys as genadeloos aan die kaak stel, of ten seerste afkeur. Want `n bepaalde graad van ydelheid is tog seker slegs maar `n kind van die vroulike skaamtegevoel en het daarmee gepaard­gaande `n gevoel vir netheid, wat kennelik tog net `n prysens-waardige deug is, maar nooit `n ondeug van die vroulike geslag nie. Goed, sê ek, dit het op aarde helaas sover gekom dat mens die gevoel van skaamte as `n deug beskou en met dié eer die mensdom kroon; en dit is die beste oes vir die hel, want op hierdie manier móet die mense wel val, terwyl hulle op `n ander manier, hoogstens sou kon val.

4 `n Mens vra: Waarom dan? Maar ek vra: Waarop is die eer van die mens op aarde gebaseer, op sy deemoed of op sy hoogmoed? Die deemoedige streef na die laagste tree of vlak, daar waar geen eer of huldiging meer bestaan nie, soos die Heer met Sy groot voorbeeld laat sien het, waarby Hy Sy eer in die allerdiepste verdeemoediging en in dit wat eintlik die grootste skande op aarde is, gestel het.

5 `n Soortgelyke eer het al Sy eerste volgelinge ten deel geval. Ek vra egter; waartoe dien die skaamtegevoel nog wanneer mens vervolg, bespot en uiteindelik naak aan die kruis geslaan word? Hoeveel eergevoel sal iemand nog in sy liggaam hê en hoeveel skaamtegevoel, as hy aan die galg omhoog getrek word? Ek dink dat by hierdie geleentheid beide hierdie so hoog geagte menslike eienskappe na die agtergrond verskuif is.

6 Wanneer mens egter al iets as `n deug wil aanvoer, dan moet mens dit tog minstens op een of ander punt op Christus, as die sentrum van alle deugde kan betrek. Dan vra ek; het Hy ooit die skaamte- en eergevoel as `n menslike deug geprys? Inteendeel, Hy het Sy leerlinge en apostels juis verbied om na een of ander eer te strewe, toe Hy vir hulle sê dat hulle hulleself nie moet laat groet en eer soos die fariseërs, wat graag sien dat die mens hulle op straat groet en rabbi noem nie.

7 Dientengevolge kan ek absoluut nie begryp waarom mens die skaamtegevoel en die daarmee verbonde eersug, wat by die vroulike geslag baie sterk op die voorgrond tree, as `n deug kan bestempel nie.

8 Mens sal nou sê: Ontneem die vroulike geslag die skaamtegevoel, en mens sal spoedig suiwer hoere voor hom hê. Ho, sê ek, gaan dit die kant op? Dan voeg ek baie beslis daaraan toe; in die opsig bestaan daar vir die vroulike geslag geen beter stimulans as die skaamtegevoel nie. Daarvoor is maar `n klein aanleiding nodig, of elke vroulike wese is as gevolg van die gevoel, ryp vir ontug, want niks is makliker om te negeer as juis die gevoel nie, waaraan niks anders as eie ydelheid ten grondslag lê nie. Die bietjie eergevoel wat teenoor die skaamtegevoel staan, is so 'n swak steun vir die deug, dat dit by die geringste sug van die wind oombliklik wegwaai.

9 Daaruit volg egter duidelik dat daar in die soort vroulike deug `n buitengewone fatale teenstrydigheid verborge lê. Om dit in `n eg helder lig te plaas, sal ek vir julle voorbeelde toon wat uit julle lewe gegryp is.

10 Stel julle net voor dat een van julle op `n oggend toevallig in `n kleedkamer verdwaal raak waarin enkele jong dames nog in `n oggendjapon aanwesig is. Daar word moord en brand geskreeu en die jong dames sal na alle hoeke en agter die gordyne wegvlug; natuurlik uit suiwer "skaamtegevoel". En wat het julle by hierdie geleentheid van al hulle vroulike bekoorlikhede gesien? Hoogstens `n kop met verwarde hare, `n ongewasde, slaperige gesig, `n nouliks tot aan die elmboog ontblote arm, en hoogstens nog `n half ontblote bors. Maar nou trek die dames hulle aan. Die arm bly dikwels bloot tot onder die armholte en ook bly die hals en boesem, vir sover `n sekere betaamlikheid dit toelaat, onbedek of hoogstens van deursigtige kantwerk voorsien om so die bekoorlikhede van die naakte dele te verhoog. Hiermee het daar `n einde gekom aan die skaamtegevoel van die oggend.

11 Vraag: Het die skaamtegevoel slegs met die jong dame te make, of met haar oggendjapon? Maar nou verder! Dieselfde sedige juffrou, wat by die oggendbesoek byna `n beroerte van suiwer skaamte gekry het, en haar op daardie oomblik vir geen goud ter wêreld deur `n man sou laat aanraak nie, juis hierdie selfde hoogs sedige juffrou word in die aand byna halfnaak na `n bal (dans) gebring en laat haar nou onseremonieel vasgryp deur haar dansmaat en dikwels, soos julle sê, van alle kante gekarnuffel. Vraag; waar bly die skaamtegevoel van die oggend nou? Sekerlik ook tuis in die onaantreklike oggendgewaad. Verder weer!

12 Dieselfde sedige meisie het op die bal, of by `n ander geleentheid, byvoorbeeld `n keurige besoek, of tydens `n aangename, onskuldige wandeling, met `n simpatieke jongman oogkontak gehad. Vir hom word die skaamtegevoel by elke geleentheid soveel moontlik vaarwel gesê. Baie spoedig sal ons sedige juffrou die blikke van haar uitverkorene volg en oplet waarop dit die meeste gerig word. Dan sal ons sedige juffrou weldra alle moontlike sorg daaraan bestee om die dele so voordelig moontlik te laat uitkom.

13 As die uitverkorene ons sedige juffrou egter sal ontmoet in `n geselskap waar hy hom in `n sekere sin van haar eerbaarste kant wil laat sien, dan sal hy genoegdoening daarmee moet neem as sy hom by `n gunstige geleentheid `n paar geheime blikke toewerp, maar nog meer moeite sal sy doen om haar voortreflikhede vir hom in die geselskap aan die dag te lê. O wee, as hy hom dan sou vergeet en te naby aan haar sou kom. Maar as dit op `n kontak neerkom, veral op `n plek waar die strale van die son nie direk binneval nie en waar die geluidsgolwe van die wêreldse gedruis slegs gedemp of gladnie deurdring nie, dan word die skaamtegevoel heeltemal oorwin. En ons oggend se nog so sedige jongedame, laat haar deur haar geliefde van naby, so gesê van top tot toon bekyk. En die vrye betasting word by so 'n geleentheid gladnie as `n vergryp teen die maagdelike skaamtegevoel beskou nie.

14 Op hierdie manier gaan die hooggeprese gevoel van deugsaamheid volledig verlore en my vraag is: Waar is nou die effek van die hooggeprese gevoel nou? Dit het vervlieg en dit het sy ware gesig by die wegneem van die masker laat sien. En so kan elke weldenkende mens sien dat dit niks anders is as `n slang in die bors van die vrou, oftewel die eerste saadkorrel van die onderste hel waaruit, as hy hom ontwikkel het, alle moontlike vroulike ondeugde soos uit `n horing van oorvloed kan opborrel. Hoe dit egter te werk gaan, sal ons in die vervolg hiervan, net soos tot nou toe, kristalhelder vir elke oog sigbaar maak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205