|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 111
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Liggaam, gees, lewensbeginsel
111 Wanneer mens egter die eintlike, ware hel noukeurig wil waarneem, dan moet mens begin by die indrukke wat die eerste in die oog spring en vanuit die gesigspunt deur middel van `n geestelike wending dan ook ooreenstemmende gevolgtrekkings maak vir die geestelike. Maar as `n mens dit wil doen, dan moet mens vooraf dan `n onveranderlike, vasstaande feit aanneem en begryp dat die lewensomstandighede en die weerslag daarvan, onder een en dieselfde ewig onveranderlike Heer, steeds dieselfde is. Met ander woorde:
2 Die mens leef in die gees presies so verder as wat hy tydens sy liggaamlike lewe, wat slegs `n mee- of tussenlewe is, hier op aarde geleef het.
3 Mens sal nou sê: Dit klink vreemd. Dit lyk tog dat dit nie heeltemal korrek is nie, want die geestelike lewe moet tog sekerlik iets anders wees en moet tog in `n baie ander perspektief gesien word as die natuurlike lewe.
4 Maar ek sê: Wie so spreek het sekerlik nog geen vermoede daarvan hoe hy natuurmatig leef nie. Vraag:
5 Leef die liggaam of die gees gedurende die fisieke lewe? Wat is die lewensbeginsel, is dit die liggaam of die gees? Ek is van mening dat iemand wat in staat is om helderder te dink, die lewensbeginsels nie in die liggaam nie, maar slegs in die gees sal soek, want sou die lewensbeginsels in die liggaam wees, dan sou die liggaam onsterflik wees. Maar die liggaam is sterflik, dus kan dit die grondvesting van die lewe ook nie in homself dra nie; dit kan slegs die gees, want hy is onsterflik. Die lewe van die liggaam is daarom afhanklik van die lewe van die gees. Die hele liggaam gedra homself passief en volkome negatief ten opsigte van die gees. Daarom is die lewe van die liggaam ook slegs `n gewekte meelewing, net soos een of ander gereedskap in die hand van `n ambagsman passief werkend meelewe, solank die man dit met sy lewende hand bestuur. Laat hy dit egter val of plaas hy dit tersyde, dan is dit met die meelewing van die gereedskap en met sy effektiewe werksaamheid gedaan.
6 Wie sal dan wel so dwaas en dom wees, om te wil beweer dat `n werksman hom by sy gereedskap moet aanpas, terwyl mens tog duidelik moet insien dat die handwerksman homself van die noodsaaklike en geskikte gereedskap voorsien. Wanneer die handwerksman dus bepaal het welke gereedskap hy vir sy werksaamheid nodig het, dan sal dit tog ook wel duidelik wees dat die gedrag van die meelewende liggaam afhanklik is van die lewende gees, maar nie omgekeerd nie.
7 En so leef die gees altyd slegs vanuit sy eie lewensbeginsels en in sy eie lewensomstandighede, waaraan die liggaam ewemin iets kan verander as die dooie gereedskap aan die werk van die handwerksman.
8 Wanneer iemand egter toekyk hoe `n ambagsman sy gereedskap gebruik en insig het in die ontwerp van dit wat die ambagsman met sy gereedskap wil vervaardig, kan hy dan nog ernstig beweer dat daar ten slotte deur die gebruik van die gereedskap, iets baie anders tevoorskyn moet kom en `n baie ander werkstuk sal ontwikkel as wat die meester volgens die oorspronklike plan helder voor oë gestaan het? Sou dit nie `n onsinnige bewering wees nie? Verseker, want wat daar tot stand kom, is tog sekerlik die resultaat van die werk van die lewende meester, maar nie van die gereedskap nie.
9 So is ook die lewensomstandighede van die gees konstant, of hy nou van sy liggaam as werktuig gebruik maak, al dan nie. En wie dus die hel hier grondig wil aanskou, die mag haar hier in die liggaamlike lewe onder dieselfde voorwaardes aanskou as eens in die suiwer geestelike. Want die hel is op aarde altyd presies so aanwesig as wat dit in die suiwer geestelike toestand te sien is. Daar is hier nie meer en nie minder te sien as daar nie; en in die beeld sal ons haar ook die duidelikste en die mees doeltreffendste bekyk.
10 Om egter die ware beeld van die hel vir elkeen op hierdie aarde nog duideliker en aanskouliker te maak, sal ons vooraf nog die baie klein verskil tussen die natuurlike en die suiwer geestelike lewensomstandighede van die mensdom uitlê en wel, vir sover moontlik, op `n voor die hand liggende wyse.
11 Neem byvoorbeeld `n skrynwerker wat `n kis moet vervaardig. Daarvoor het hy gereedskap nodig wat aan julle bekend is. Hy werk vlytig en sal binne enkele dae sy kis klaar hê. Daarvoor was veral die drang wat hom tot sy ywer aangesit het, die rede. Waarom was hy dan so vlytig en het hy gevolg gegee aan sy innerlike drang? Omdat hy die kis so gou moontlik vir gebruik voltooi wou hê. Verdere vraag: Waar kom hierdie drang vandaan, waar lê sy oorsprong? Hierdie drang is afkomstig van die skeppende vermoë van die gees. Hoe dan wel? Die gees dra die eienskap in homself om dit wat hy in sy gedagtes geskape het, ook dadelik as objek te wil realiseer.
12 In suiwer geestelike toestand kan hy dit, want wat hy dink, is daar ook. Maar verbonde met sy belemmerende liggaam, kan hy dit nie met die uiterlike materie verbind nie. Daarom moet hy sy liggaam as werktuig tot die desbetreffende aktiwiteit aansit om op hierdie manier sy idee geleidelik aan te realiseer. Dit het die Heer so ingestel, sodat die gees hom in die lewe by alle moontlike geleenthede, veral in die allernoodsaaklikste eienskap van die lewe, kan oefen. Hierdie eienskap, as moeder van die deemoed, heet die goddelike geduld. Elkeen wat `n ietwat ryper manier van dink het, sal begryp dat geduld vir die ewige lewe des te meer noodsaaklik is, omdat die lewe geen einde het nie. Vir die natuurlike lewe is dit reeds die basis vir alle goeie en groot prestasies, terwyl die lewe slegs `n verganklike lewe is.
13 Sou ons skrynwerker sy kis onmiddellik kan geskep het, soos wat hy dit in sy gedagtes voorgestel het, dan sou dit vir hom sekerlik beter gewees het. Waar bly egter bo alles die belangrike oefening in die geduld en waar die onderlinge uiterlike natuurlike betroubaarheid, wanneer in hierdie materiële wêreld, die nog met sy liggaam verbonde gees, onbeperk van sy oorspronklike, skeppende vermoë gebruik sou kon maak?
14 Na die aflegging van die liggaam kry elke gees weliswaar weer hierdie eienskap terug, maar slegs die goeie gees werk reëel, die boosaardige in fantasie en hersenskimme; want soos die aard is, so is die uitwerking ook.
15 Kyk nou, in die gegewe voorbeeld is die verskil tussen die natuurlike en die suiwer geestelike lewe helder uitgelê, en daaruit blyk dus dat die gees in die natuurlike lewe sy idees maar langsaam en nooit volkome kan realiseer nie, omdat die growwe materie waarmee hy omklee is, hom daarby hinder, terwyl hy in die suiwer geestelike toestand sy idee dadelik gerealiseer wil hê. Die wil is steeds dieselfde, net soos die idee, slegs die uitvoering daarvan is in die natuurlike lewe beperk. Hierdie beperking is die enigste verskil tussen beide lewens. Verder is daar geen verskil voorhande nie. Dat die verskil deur die materie kom, hoef dus nouliks vermeld te word. Aangesien dit nou volkome helder en duidelik vir ons is sal ons dadelik baie wesenlike beelde, wat aan die hel ten grondslag lê, laat sien.
|
|
|
|
|