|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 24
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Gebed vanuit die verstand en gebed vanuit die hart
24 Kyk nou, die talryke inwoners van die hoofpaleis val almal in `n kring op hulle aangesig voor die altaar, waarop die vlam nog brand. Ook die oudste laat nie na om dieselfde te doen nie.
2 Julle sou graag wil weet hoe sulke mense nou bid. Sulke mense bid op hulle manier soos julle bid op julle manier. Hulle bid tot God, die allerhoogste Heer van hemel en aarde. Hulle gebed is `n bede waarin die lewendige wens beslote lê dat die Heer hulle mag gee waaroor hulle Hom om vra. Julle bid op julle manier - as julle waaragtige bid wel verstaan - in julle hart, en laat julle gebed ook vergesel gaan van die wens dat dit waaruit die gebed eintlik bestaan, verhoor mag word.
3 By hierdie mense is die gebed meer `n gebed van gebare as `n innerlike gebed vanuit die hart. Dit is ongeveer dieselfde as wanneer julle werk met die verstand, waarby julle julle onbewustelik beweeg soos dit deur die gedagtes ingegee word. So is die gebed van hierdie mense geen gebed van die gevoel, wat uit die hart kom nie, maar `n gebed van die verstand, wat uit die verstandelike denke van die siel voortkom. In hierdie houding pleeg hierdie mense met hulself oorleg, elkeen volgens die graad van sy wysheid, wat wel die verstandigste sou wees.
4 Die houding wat hulle daarby aanneem, getuig nie soos by julle van `n sekere deemoedige en berouvolle aandag van die hart nie, maar dit is slegs `n teken dat hulle mekaar in hierdie toestand nie in die geringste moet steur nie. Elkeen van hulle pleeg ongesteurd oorleg by homself wat die verstandigste is en wens daarby dat God die Almagtige dit sal laat gebeur. Het iemand op sy manier die mees wyse oplossing gevind, dan mag hy ook weer baie rustig opstaan en in die vlam lees in hoeverre sy standpunt in die skrif in die vlam terug te vind is. Is dit terug te vind, dan bly die orent gekome bidder ook staan; maar is sy standpunt nie in die vlam terug te vind nie, dan lê die bidder dadelik weer op sy aangesig en bid, of beter gesê, dink verder na, oor wat wel die verstandigste in sy sfeer mag wees.
5 Kyk, dit is in die algemeen die gebed by die mense van dié hemelliggaam, maar baie in die besonder by diegene wat aan die patriargale huise behoort. Julle sê nou weliswaar; waarom wend hierdie mense hulle nie liewer tot die Heer nie, sodat Hy hulle die ware wysheid mag toon nie? Hulle moet immers insien dat die Heer oneindig wyser is as hulle met al hulle verstand en dat Hy hulle dit ook sekerlik kan en sal gee, waarom hulle Hom vra.
6 Maar ek sê vir julle: Dit is wel reg gedink vir iemand wat nie die groot wêreldgebeure ken nie, maar wanneer mens dit wel ken, sal mens oral die heilige orde van die Heer herken en sê, dat ook hierdie mense op hulle manier voor God volkome regverdig bid, omdat hierdie wyse van bid in hulle ordening beslote lê.
7 Waarom eintlik? Die oorsaak is maklik in te sien; luister dus:
8 Hierdie mense erken en sê: As ons onsself tot God sou wend, sodat Hy ons die ware wysheid mag gee, dan sou ons God daardeur `n verwyt maak en Hom groot smaad berokken. Ons sou daardeur jeens God tog beweer dat Hy, die Allerwyste en Allerregverdigste ons sou wil bedrieg. Daarenteen moet ons die wysheid wat God, die Heer van hemel en aarde (die bewoners van die hemelliggaam net soos die van alle ander, noem hulle ondergrond ook aarde, net soos julle) in ons geplaas het, hoog in ere hou en haar volgens Sy ordening gebruik. As ons hierdie wysheid in ons uitgeput het en as ons die behoefte aan `n hoëre wysheid het, dan eers mag ons God vra vir dit wat ons ontbreek, deurdat ons dit opgebruik het.
9 Kyk, volgens hierdie ordening lewe en bid die mense van hierdie wêreld. Met welke deel van die wese van die mens stem dit egter ooreen? Omdat hulle bewoners van `n sentraalson is, stem dit met die harsings ooreen; hoewel slegs met één enkele senuwee daarvan. Hierdie senuwee lê vlak by die uitloper van die gesigsenuwee, naby die harsingvlies. Daarom is hulle aard en hulle ordening ook sodanig, dat hulle meestal volkome tevrede is met wat hulle het: Ongeveer op die manier soos die verstandsmense by julle, wat ook met niks anders so tevrede is as met hulle verstand, terwyl elkeen van hulle dink dat hy die beste het. En dikwels is dit so; hoe minder verstand iemand besit, des te tevredener is hy daarmee.
10 Heel anders is dit gesteld met die gevoelsmens, wat in sy hart dink. Hy sien in dat al die kennis van die menslike verstand suiwer brouwerk is en dat die mens die verstandigste en die wysste is, wat dit sover gebring het dat hy in sy deemoed kan sê: Ek weet niks; want al my kennis is minder as `n sonstoffie vergeleke by die oneindige wysheid van God. So iemand het dan eers in die besit gekom van die ware wysheidshonger, wat hom die groot voorraadkamer laat vind wat die Heer so ryklik gevul in sy hart geplaas het.
11 Is daar eintlik gladnie sulke mense op hierdie sentraalsonwêreld nie? O ja wel, ons het al twee gesien en dit is hulle wat hulle hande op die altaar geplaas het. Want die hande op die altaar plaas wil nou juis sê dat `n mens sy groot armoede in homself ontdek het, maar daarnaas ook `n helder skynende lampie, wat vóór `n beskrewe bord in die eie hart staan en waarop in duidelik leesbare skrif geskrywe staan:
12 Onsterflike gees, verdeemoedig jou in jou grootheid: Ontsteek in jouself die vuur van die liefde vir God en keer so terug na Hom, wat jou geskape het. Aldaar in die groot vaderhuis sal jy in eindelose oorvloed vind wat jou hier soseer ontbreek!
13 En kyk nou, as iemand van hierdie mense dit in homself gevind het, dan word hy `n stille wyse en streef nêrens so vurig na as om op die weg te kom wat na die doel lei wat hy op die verligte bord in sy hart gevind het. Weliswaar het elke mens op hierdie wêreld so 'n bordjie in hom, maar nie elkeen laat die brandende lampie daarop skyn nie, maar verplaas dit meestal na die middel van sy harsings. Daardeur gebeur dit dan ook dat daar van die tallose baie bewoners van hierdie wêreld, maar baie weinig sover kom dat hulle hulle hande op die altaar sou wil plaas.
14 Maar wanneer julle `n blik op julle aarde terugwerp, dan sal julle sonder ingespanne soeke en sonder moeite byna dieselfde situasie aantref. Dink maar aan die woord van die Heer waar Hy sê: "Baie is geroep, maar weinig uitverkore". En julle sal die uitverkorenes van selfs `n aansienlike plek, baie maklik op julle vingers kan tel.
15 Wat is egter die rede daarvoor? Omdat niemand, of van die baie, slegs baie weinig hulle die woorde van die Heer laat welgeval, wat lui: "Verloën jouself, neem jou kruis op jou skouer en volg My!"
16 Die mense op hierdie sentraalsonwêreld het weliswaar nie die eindelose genade ten deel geval nie, waarin hulle deur die Heer self die korrekte en kortste weg deur middel van Sy eie heilige mond geleer en aangetoon was nie, en waarby hulle nie slegs `n swak skynende lampie nie, maar `n hele sentraalson voor hulle bordjie geplaas word, maar desondanks is dit vir hulle nie onmoontlik om die bordjie van die ewige lewe in hulle hart te vind en hulle lewe daarvolgens in te rig nie. Hulle lewe trouens ook lank genoeg om innerlik daarvan bewus te kan word, want daar is mense wat so oud is as `n halwe mensegeslag op julle aarde. Bowendien is selfs die sielegeeste van die gestorwenes, as hulle dit wil, tot dieselfde "inkarnasie" in staat, as in hulle liggaamlike lewe. Tussen beide lewens van die mense op hierdie wêreld bestaan daar al te geen groot verskil nie, want hulle kan mekaar altyd, so dikwels hulle maar wil, sien en spreek.
17 Ons het nou egter genoeg insig verkry om die manier van bid van hierdie mense te begryp. Die bidders staan inmiddels rondom die altaar en ons sal daarom nog `n tydjie aandag aan hulle verdere gedrag skenk, waarna ons onsself dan op hierdie, ons wêreld, weer verder begewe.
|
|
|
|
|