|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 121
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Elke lewe het, vanuit die liefde van die Heer, bepaalde weë om te gaan
121 Het die gas so 'n tafereel van een van sy vernaamste passies deurgemaak, dan begin hy gewoonlik te walg vir so 'n oppervlakkige genoegdoening, omdat hy daarvan oortuig raak dat dit niks reëel is nie. Julle moet weet dat sulke geeste ook in die hiernamaals seksuele gemeenskap het, maar in plaas van `n lusgevoel, ervaar hulle `n hewige pynprikkel en die merkwaardige verskynsel maak dat hulle des te gouer `n afkeer van hulle passie kry.
2 Is die passie op hierdie manier oorwin, dan soek die gees in homself na iets wat hom op aarde ook baie genoegdoening verskaf het, byvoorbeeld `n spel. In die geval verlang hy na speelgenote. Ook hierdie wens word ingewillig. Hy kom in die geselskap van bekende vriende en by die eerste samekoms gaan die verlange maar net uit na die vinnige moontlike reëling van `n spel. En baie gou word hy in `n toestand verplaas waarin hy alles vind wat vir die spel nodig is, presies soos in sy eie huis op aarde; kaarte, geld en sodanige. Die spel begin, maar eindig gewoonlik met die verlies van al sy geld en sy huis. Dat hy daardeur `n hekel aan die spel begin te kry, is vanselfsprekend; maar helaas kry hy ook `n hekel aan die spelers wat hom van alles afhandig gemaak het. Maar dan is ons begeleiers alweer onmiddellik byderhand, toon hom die nietigheid van sy hartstog en hoe hy hom daardeur steeds meer van God verwyder, in plaas van om nader aan Hom te kom.
3 Op hierdie manier kom in ons nuwe gas, alles wat hy vanaf sy kindertyd uitgevoer het, weer na bo. Selfs die musiek, as dit `n meer sinlike hartstog was wat meer vanuit `n met hoogmoed gepaardgaande winsoogmerk beoefen was, word dan ook daar as verderflike passie aangemerk en op dieselfde manier weggewerk. Ook skilderkuns en poësie, kortom alles waardeur die mens op aarde deur `n bepaalde graad van voortreflikheid tot hoogmoed en eiedunk verlei was, moet op dieselfde wyse weggewerk word.
4 Maar dit alles moet die gees uiteindelik vrywillig doen, want niemand word ooit, op watter manier dan ook, tot iets gedwing nie en in `n sekere sin geoordeel nie, maar hy moet homself dwing en homself oordeel.
5 En dit is nou veral juis die taak van hierdie leidinggewende engelgeeste, wat elke nuwe aankomeling geleidelikaan heeltemal in homself binnelei, om hom daar alles te laat vind wat hy ook maar in die loop van sy gehele aardse lewe in homself opgeneem het, en wel eers die meer growwer en daarna die fynere.
6 Menigeen, in die besonder die Roomse gelowige, sal dit nie erg regverdig vind nie, want ten eerste wil hy niks meer van die gebiegde sondes weet nie en ten tweede glo hy in `n spesiale oordeel, wat die Heer onmiddellik na die dood, oor elke oorledene afsonderlik uitspreek.
7 Hy sal nie so maklik aanneem dat die Heer nooit iemand oordeel nie, en allermins in die geesteswêreld. Op die materiële aarde sou mens dit nog eerder kan aanneem, as mens die veelvuldige tugtiginge van godvergete mense as `n oordeel wil beskou, maar in die geesteswêreld hou dit alles op. Die gees is volkome vry en kan doen wat hy wil. Sy eie dade is vervolgens sy regter, want soos sy liefde is, so is sy dade en so is ook sy lewe.
8 Die enigste wat deur die Heer van die ewigheid vasgelê is, is dat elke lewe sy bepaalde weë het waaraan hy hom vir ewig nie kan onttrek nie. Hierdie weë is egter so intiem met die natuur van die lewe vervleg, dat dit juis met die lewe self die lewe bepaal. Sou mens iemand se weg afsny, dan sou mens hom sy vryheid en dus ook sy lewe afsny. `n Soortgelyke afsnyding sou dan eintlik `n oordeel wees, dit wat vir elke gees die dood sou beteken.
9 Bowendien sou die Heer Self nie meer volkome vry wees as Hy ook maar één enkele gees die volle vryheid sou ontneem nie, soos ook `n aardse regter dan nie meer vry is en homself geoordeel het, sodra hy ook maar één mens tot gevangenisstraf veroordeel het. Al is hy verder ook in sy werksaamhede vry, tog word hy dan deur hierdie één veroordeelde beperk, want net so goed as wat hy in die gevangenis smag, smag die oordeel van die regter ook saam en dit mag nie vroeër uit die gevangenis as die gevangene self nie. Op die materiële aarde lyk so `n gevangenskap weliswaar nie baie duidelik nie, maar des te duideliker en doeltreffender word dit in die geestelike wêreld.
10 Die Heer het wel aan elke fundamentele oerlewe as gevolg van Sy oneindige liefde en ontferming, `n volkome ooreenstemmende doel gestel, en die doel is nou juis geen oordeel nie, maar slegs `n versamelplek, waar elke gees sy verstrooide lewe en die uitwerking daarvan volledig moet terugvind. Die doel kan die hel sowel as die hemel wees, en dit is dus die vernaamste taak van ons bekende engelgeeste in die middelryk, om die geeste in hulle volle vryheid na die een of ander doel te lei.
11 Hoe hierdie leiding voltrek word, het ons reeds gesien en wat daar daarna met hierdie geleide geeste gebeur, weet ons ook. So moet ons nog net ervaar watter taak ons leidinggewende geeste na hierdie arbeid te wagte staan.
|
|
|
|
|