Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Vierde verdieping. Die gewone mens en die goddelik-geestelike mens

37 Nou is ons al in die vyfde galery, oftewel op die vierde verdieping. Wat sien julle hier, wat hom sterk onderskei van die vorige galery? Julle sê: Die verskil wat ons hier besonder opval is `n wit, taamlik hoë piramide wat hom ook weer in die middel van die versierde pilare bevind. Die top van die piramide is vir eers vir ons merkwaardig genoeg, met `n klein, naakte mens voorstellende beeldjie versier. Die beeldjie het `n rooiagtige-wit kleur en is dan `n uitbeelding van `n jong kind so voortreflik van vorm, dat mens byna sou glo dat hy lewe. Solank as wat ons onsself nou op die hemelliggaam bevind het, het ons nog nie voorheen `n soortgelyke afbeelding ontdek nie.

2 Wat die res van hierdie vierde verdieping, oftewel hierdie vyfde galery betref, is daar in wese nie veel verskil met die laer geleë galery nie, behalwe dat die vloer van hierdie galery vlammend blou gekleur is, die pilare rooiagtig-wit, netsoos die beeldjie op die top van die piramide, terwyl die vaste wand van die hoofgebou byna in donkerrooi oorgaan. Dit is dan ook die enigste verskil met die vorige galery, maar ons moet eerlik beken dat ons deur haar groot glorie en kleureprag al dermate afgestomp is dat ons aan sodanige verskille bepaald nie al te veel aandag sal skenk nie. Wat egter die besondere sieraad van die versierde pilaar betref, sê ons nogmaals dat ons dit buitengewoon merkwaardig vind dat ons nog nie voorheen iets soortgelyks op die hemelliggaam gesien het nie. Dit sal sekerlik nie net daar as versiering staan nie, maar dit sal wel `n goeie betekenis hê en dit wil ons graag van naderby leer ken.

3 Goed, my beste vriende en broeders, julle waarneming en julle wens is tereg, en volkome billik. Luister dus na my en dan sal ek julle die betekenis van hierdie besondere versiering in julleself laat vind. Wat beteken die piramide eintlik? Ek het al by `n ander geleentheid die betekenis daarvan vir julle uitgelê. Wil julle egter die betekenis, wat hier baie goed weergegee is, weer verneem, kyk dan net hoe `n piramide se vorm gebou is en wat die doel daarvan in wese is, en dan sal julle daardeur reeds `n baie goeie wenk oor die betekenis van hierdie versiering in julleself kry.   

4 `n Piramide is onderaan breed en eindig bo in `n punt. So moet die passende deemoedige lewe van `n mens ook wees. Hoe die lewe van `n mens hom egter ontwikkel, het ons in die vorige galery by die boom gesien, wat hom uit `n hele klein saadkorrel ontwikkel en steeds breër met sy takke en stingels uitgroei. So groei die mens ook met sy verskillende begaafdhede en die daaruit voort­komende veelvuldige insigte uit, maar daarmee is allerlei soorte begeertes ook verbonde.

5 Wat gebeur daar egter na verloop van tyd met hierdie uitge­groeide mens? Hy word uit sy wankelende bodem gehaal en begrawe in die begraafplaas agter die lane van die beproewing. Of begrypliker gesê: Alles wat tot die materie behoort, word weer deur die materie verswelg en niemand bekommer hom oor die vrugte wat deur die opgeneemde materie nog `n tyd lank voortgebring word nie. Slegs die vrugte wat die boom in die bakke dra, word bewaar as synde hoogwaardig.

6 Kyk, so is dit ook met die mens. Die goeie wat hy tydens sy lewe gedoen het, wat met `n breë uitgegroeide boom te vergelyk is, word bewaar. Wanneer die mens egter sterf, word sy liggaam begrawe en met hom dus ook al sy uitgebreide kennis. Bly die liggaam sonder om vrug te dra in die graf? O nee, op sy baie takke en lote groei nog baie wurms, wat hulle geleidelik aan meester maak van die boom waarop hulle hulleself ontwikkel het, waarna hulle hom dan, ook geleidelik aan tot op die laatste atoom verteer. Die wurms self dra egter weer ander gaste in hulle, wat hulle langsamerhand in die slyk van die aarde en ten slotte in aarde self verander.

7 Dit is die beeld van die gewone, wêreldse mens. Deur hierdie piramide word die ongewone mens egter voorgestel. Maar hierdie ongewone mens stel nou juis die mens voor soos wat hy eintlik in sy diepste wese sou moet wees. Hoe dan wel? 

8 Die mens wat uitgegroei is, begin sy insigte en begeertes steeds meer op één punt te konsentreer en die punt is God, wat bokant ons is! Hoe meer hy sy blik omhoog rig tot Hom, wat hom vir `n vrye lewe geskape het, in des te kleiner wordende kringe word sy insigte en begeertes gedrywe en getrek, en wel net solank as wat die mens, deur `n totale verloëning van al sy wêreldse begeertes, die top of die kulminasiepunt van die deemoed bereik het.

9 Wat word die piramide dan vir die mensegees wat hom op die top van die deemoed bevind? Dit word, wat hulle by die ou Egiptenare was, naamlik `n grafmonument vir al sy totaal afgestorwe wêreldse insigte en begeerlikhede en die daaruit voortkomende hartstogte.

10 Maar wat sien ons hier bokant op die top van die piramide? `n Baie mooi gevormde klein mensegestalte, rooiagtig-wit van kleur. Kyk tog net, `n heerlike, buitengewone treffende beeld van die wedergeboorte van die mens! Uit die deemoed en die volkome selfverloëning, dus uit die top van die piramide, kom hy tevoorskyn. Waardeur het hy op die top gekom? Dit gee sy kleur aan; deur geloof en liefde tot God! En sy klein, maar volmaakte gestalte, beteken soveel as wat die Heer self eens vir ons, Sy leerlinge gesê het: "As julle nie word soos die kindertjies nie, sal julle die ryk van God nie binnegaan nie!"

11 Die buitengewone teer gehoue beeldhouwerk dui die sagmoedigheid aan; die vastigheid van die materiaal waaruit die beeldjie gevorm is, gee egter aan dat die mens hom eers in die onveranderlike vastigheid van die ewige lewe tot so 'n waaragtige wedergeboorte van die gees ontwikkel het.

12 Die vlammende, blou vloer staan dan ook vir die weliswaar eenvoudige, maar tog bestendige grond vir die ewige lewe. Die pilare, wat dieselfde kleur het as die beeldjie, verbeeld egter die draende steunpilare wat die waaragtige lewende geloof in God die Heer en die daaruit voortkomende liefde vir Hom is.

13 Kyk, dit is die besondere sinvolle betekenis van die sierstuk. Laat ons onsself nou egter, dit wetende, terstond na die sesde galery, oftewel die vyfde verdieping begewe. Daar sal ons weer `n hoëre graad van wysheid van die bewoners van die sentrale gebou teëkom.

14 Julle sou wel graag `n blik op die aanwesige bewoners in hierdie vierde verdieping wil werp, maar ek sê vir julle; laat die verlange maar vaar, want julle sou hier, nog minder as in die vorige galerye, so 'n al te verhewe, pragtige aanblik kan verdra. Te gelegener tyd sal ons egter tog wel nader in kontak kom met die bewoners van die hele gebou. Daarom sal ons nie talm nie, maar ons, soos gesê, dadelik na die vyfde verdieping, oftewel die sesde galery begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205