Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Verskil tussen die lig van die geloof en die lig van die liefde. Die gees van die mens

10 Julle bevind julle reeds in sy sfeer en daarom wil Ek julle ook dadelik vertel dat julle julle in die sfeer van My liewe Johannes bevind. Hou julleself aan hom, hy sal julle op sy manier baie meer wonderbaarlik en verhewe laat sien. Johannes wink julle om hom te volg. Volg hom dus ook!

2 Johannes sê: Geliefde broeders in ons Heer Jesus Christus, julle het my weliswaar al vanuit die sfeer van `n ander liewe salige broedergees gesien, maar toe het die tyd nog nie gekom om julle in my sfeer op te neem nie. Aangesien julle nou deur my liewe broeder Markus in soveel belangrike dinge onderrig is, is dit dan nou ook tyd dat julle volgens die wil van ons Heer Jesus Christus ook in my sfeer ervaringe kan opdoen wat volgens hulle aard julle veral steeds meer in die geheime liefde van die Heer sal inwy.  

3 In alle vorige sfere het julle verskyningsvorme gesien en uit hierdie verskyningsvorme moes julle dan die waarheid aflei. Kyk, dit is die eerste manier waarop die mens vanuit die lig van sy geloof eers vorme sien, maar dit nêrens deurgrond en hulle eers begryp wanneer dit vir hom in die hoogste lig van die hoogste liefde onthul word. 

4 Om hierdie rede het julle in die sfere van my nege voorgaande broeders alle verskyningsvorme in die begin dan ook bekyk soos `n blinde die kleure. Julle het talryke vorme en handelinge gesien, maar het by die eerste aanblik niks van dit alles begryp nie, omdat julle gekyk het vanuit die lig van julle geloof. Maar `n tweede, veel dieper aanskouing is wanneer dit vanuit die liefde gebeur. Daarby sien mens nie dadelik wat daar reeds is nie, maar mens sien slegs wat mens in sy liefde opneem, waarna mens die opgeneemde in sy diepste wese aanskou.

5 Vanuit die lig van die geloof is mens `n soekende waarnemer van die reeds bestaande; vanuit die innerlike lig van die liefde, wat die eintlike lewende lig van die Heer in die mens is, word mens egter self skepper en mens aanskou dan die selfgeskapene in sy diepste wese.

6 Julle dink weliswaar dat die eerste toestand dus gunstiger sou wees as hierdie tweede, innerlike diepste. Maar ek sê vir julle; dit is onwaar, want hoe vaster `n geskape wese die uiterlike vorme sien, des te onvolmaakter is sy wese.

7 In sy natuurlike lewe op aarde bevind die mens hom allereers in so 'n manier van aanskouing. Hy het wel genot met die bekyk van onveranderlike vorme, maar hoe verwerk hy hierdie vorme in sy gees? Ek sê vir julle, soos die armsaligste bedelaar voor die saal van die huis van `n hardvogtige rykaard. Hy sien wel die wonderbaarlike, ryk prag van die groot huis van die rykaard, maar as hy daar wil binnegaan, word hy keihard deur honderd gedienstige wesens van die huis afgewys. Wat het die arme nou by die aanblik van die praghuis gewen? Niks anders nie as `n beklemde, pynlike hart wat aan hom sê: Om sodanige paleise te betree, deug jou voete nie!

8 Kyk, presies so is dit gesteld met die beskouing van die onveranderlike uiterlike vorme. Is dit geen genoegdoening om voor `n boom te gaan staan en sy vorm te bekyk nie? Wanneer mens egter by die boom aanklop om binne gelaat te wil word om sy lewende, wonderbare bedrywigheid te sien, dan word mens steeds hard afgewys en geld; - tot by my oppervlakte, tot by my uiterlike vorm, maar van daar af geen haarbreedte verder nie! Jy kan wel `n klip in jou hand neem en hom gooi waarheen jy maar wil; jy kan hom ook stukkend slaan of maal, oplos of heeltemal vervlugtig, maar tog is die klip julle die baas en gee hy sy geheime nie aan julle prys nie.

9 So is dit met alle uiterlike vorme wat die oog te sien kry. Hulle is voortdurend heer en meester oor die toeskouer. Hy kan doen wat hy wil, maar hy kan nêrens tot die kern deurdring nie. Daarom moet daar oral uitgebreide verklaringe en ophelderinge toegevoeg word as die toeskouer ook maar `n sprankie lig oor die aanskoue (vaste) dinge wil kry.

10 So is dit ook gesteld met die vorme in die geesteswêreld wanneer dit hom as reeds bestaande in `n sekere vastheid vir die oog van die toeskouer voordoen. Die toeskouer sien dit goed, maar begryp dit nie. So het julle in die sfeer van my geliefde broeder baie vorme gesien; sê my egter of julle ook maar één daarvan begryp het, voordat die leidsman dit vir julle uitgelê het? Maar het julle dit gesien soos die Leidsman dit gesien het? Kyk, dit is `n ander vraag. Ek sê vir julle; as hy dit so gesien het, dan kon hy julle tog moeilik die korrekte lig oor een en ander verskaf. Hy het dit egter vanuit homself gesien, dit wil sê hy het dit vanuit die lig van die Heer in homself geskape en julle het dus sy skeppings gesien! Dit was die mees volkome waarheid tot in alle besonderhede, maar sonder sy uitleg sou julle dit nie begryp het nie.

12 Maar nou in my sfeer sal julle die totaal omgekeerde ervaar, dat julle dadelik uit ons volkome vormlose, newelagtige uitgangspunt kan aflei. Sien julle, behalwe die grys newel wat ons aan alle kante omgewe, een of ander vorm, `n wêreld, `n hemel of een of ander lig?

13 Julle sê: Liefste vriend en broeder in die liefde van die Heer! Kykend na alle rigtings sien ons niks anders as onsself, jou en die grys newel nie. Goed, geliefde broeders, julle hoef ook absoluut nie meer te sien nie, want juis dié uitgangspunt is nodig om in die eintlike, ware diepste aanskouing van die gees ingewy te kan word.

14 Julle weet dat die gees van die mens `n volmaakte lewende ewebeeld van die Heer is en in homself die vonk of die brandpunt van die goddelike wese besit. Wanneer hy dit egter onteenseglik in hom dra, dan dra hy tog ook die 'alles' van die Heer in hom. Hy dra derhalwe die oneindige van die kleinste tot die grootste op volkome goddelike wyse in homself, oftewel hy het die 'alles' van die Heer deur sy groot liefde vir Hom as`t ware op één punt in homself verenig.

15 Wel nou, as dit so is, waartoe dan nog vreemde, eksterne vorme beskou? Elkeen van julle dra vorme, net soos ek dit in my dra, en julle sal baie gou dinge soos deur onsself geskape, aanskou.

16 Julle vra; hoe is so iets nou moontlik? Maar ek sê vir julle; het julle nog nooit julle gedagtes van naderby ondersoek en julle wense naas hierdie gedagtes nie?

17 Vanwaar kom die gedagtes? Die antwoord lê sowel enkelvoudig as eindeloos meervoudig in die brandpunt van God in julle. Kyk, in die magtige brandpunt is die fabriek van julle gedagtes en wense gebou. Vanuit die brandpunt dink julle oorspronklik en julle veelheid van gedagtes is oneindig, omdat in die goddelike brandpunt in julle die Goddelike ook in heel Sy oneindigheid voorhande is. 

18 Julle sou wil sê: As dit so is, waar kom die slegte gedagtes dan vandaan? Dan sê ek vir julle, dat uit die brandpunt absoluut geen slegte gedagtes en ook geen slegte wense voortkom nie. Alle gedagtes is daar vry en onberispelik; slegs die wense is onder die heerskappy van die vrye wil van elke mens geplaas. Wanneer julle vanuit julleself dink, sal al julle gedagtes uit die liefde voortkom en julle sal baie gou die salige behoefte van voortdurende mededeel­saamheid ervaar, waardeur julle alles ryklik met julle broeders sou wil deel. Daardeur word julle dan ook skeppers van suiwer goeie werke, wat julle sal volg.

19 Omdat elke mens ook `n vrye wil het en bowendien die vermoë om vanuit homself ook na uiterlike, dus vreemde vorme te kyk, kan hy met sy wil en met sy aan sy wil onderdanige liefde hierdie vreemde vorme in hom opneem en dit vir hom toe-eien. Kyk, hierdie vreemde vorme word dan tot geroofde en ook te begeerlike gedagtes in die mens, en omdat dit nou voortkom uit eieliefde, wat `n roofsugtige en heerssugtige liefde is, omdat dit alle vreemde vorme vir homself wil bemagtig en beheers, is dit dan die eintlike slegte gedagtes. Julle sê tog self: Onregverdige goed gedy nie! Dit is by die hooflewensvraag tog sekerlik die allervernaamste voorwaarde, en elkeen wat nie op sy eie grond bou nie, bou op sand. Hoe mens egter op eie grond bou, die sal my sfeer julle leer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205