|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 106
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Wese en gevolge van die kwaad
106 Wanneer ons, in die geduld goed geoefende leerlinge terugkeer van hulle taak in hierdie uiterlike wêreld, gewoonlik na die oorlye van een van hulle toevertroue beskermlinge, dan moet hulle solank in hulle nabyheid bly soos die natuurlike geestelike toestand van die siel van een van hierdie oorlede mens duur. Op die oomblik van die ontmaskering of van die ontlediging, waarby elke gees sondermeer geheel aan homself oorgelaat word, keer die leerlinge dan weer in die geestelike son terug. Eers van daaruit gaan hulle weer na `n nuwe bestemming. Maar waarheen? Dit is baie maklik te raai as mens bedink, dat ons leerlinge tot nou toe voldoende geleentheid gehad het om die wetsoortredinge eers as leerlinge geestelik, wetenskaplik en daarna as beskermgeeste prakties te aanskou en te herken.
2 Dat daar agter die insig nog `n derde, en agter die derde nog `n vierde lê, moet duidelik wees vir iedereen wat weet dat die doel wat met elke kwaad bereik word, bepaalde gevolge met hom saambring en dit eers in die doel die grond- of hoofoorsaak van die kwaad herken word. As iemand die gevolge van die sonde nie herken het nie, dan is hy nog steeds nie so vry en standvastig om voldoende afkeer van die sonde te hê nie. Het hy egter ingesien dat die gevolg die resultaat van `n onveranderlike wetmatigheid is en het hy die reeds daarin verborge oorsaak herken, dan eers word hy vanuit sy vrye insig en sy vrye wil `n volkome standvastige teenstander van al die kwaad.
3 Maar waarheen moet ons leerlinge gaan om dit in te sien? Hulle moet aan die sy van magtige en baie ervare geeste die helle deurtrek en wel vanaf die eerste tot en met die laaste of onderste (al drie). In die eerste en tweede sien hulle die gevolge van die kwaad en veral in die tweede, hoe binne die nog goed sigbare gevolge die oorsaak van die kwaad al steeds meer begin deur te skemer. Eers in die derde, onderste hel leer hulle die grond- of hoofoorsaak van al die kwaad ken.
4 Menigeen sou miskien kan sê: Die gevolge en die oorsaak is twee punte van `n sirkel wat op een en dieselfde punt saamval, want niemand sal tog sekerlik `n handeling verrig sonder om die beoogde doel gerealiseer te wil hê nie.
5 Wanneer iemand byvoorbeeld heimlik besluit om iemand se geld te steel dan het die liefde vir die geld en sy selfsug hom tot hierdie handeling aangesit; dit was stellig die oorsaak van sy handeling. Het hy hom nou deur diefstal die geld toegeëien, dan is dit tog seker die gevolg van sy handeling. Dit was en is egter niks anders as die gerealiseerde oorspronklike oorsaak vir die handeling self nie.
6 Ek sê egter; as mens die saak vanuit dié standpunt aanskou, dan doen mens niks anders as die pleeg van hoogverraad ten opsigte van sy eie insigte en mens gee daardeur te kenne dat mens met die innerlike wysheid nog nooit iets te doen gehad het nie. Daarom sal ons dadelik `n teenvoorbeeld gee waaruit duidelik sal blyk dat die gevolg en die eintlike oorsaak van die handeling baie verskillend daaruit sien.
7 Voor ons die voorbeeld gee, moet ons nog wel enkele stellings bekendmaak wat uit die goddelike ordening voortvloei en waarin van elke handeling van die ewigheid af die vasgelegde gevolg aangegee word en daarin word die oorsaak dan in ooreenstemming met die handeling sigbaar.
8 Die stellinge lui soos volg: Elke handeling het `n daarmee ooreenstemmende gevolg, wat deur God self vasgestel en bekragtig is. Dit gevolg is die onveranderlike oordeel wat aan elke handeling gekoppel is. So is dus deur die Heer bepaal dat elke handeling hom uiteindelik self oordeel.
9 Soos vir elke goeie handeling slegs die Heer as oorsaak beskou kan word, so lê dit ook vir elke slegte handeling. Elke slegte handeling het bygevolg ook altyd een en dieselfde oorsaak. Dit is die leerstelling.
10 Nou sal ons dit met voorbeelde toelig. Laat ons `n hoereerder neem. Hy bedryf solank as wat hy leef meedoënloos en sonder vergifnis ontug. Uiterlik kon niemand die gevolge van die kwaad aan hom sien nie, want op die liggaam is daar nie altyd `n afspieëling daarvan te sien nie. Tog het hierdie man deur sy sondige handelswyse sy gees geheel en al tot `n growwe vleeslike materiële liefde omlaag gebring en daardeur sy lewenskragte, materieel en geestelik gesien, verspil. Wat bly daar ten slotte nog vir hom oor? Niks anders nie as die polieplewe van sy siel nie. Hy beland in die hiernamaals met niks anders nie as sy sinlike, vleeslike genotsug. Sy strewe is dan die van `n poliep, naamlik om op sy manier ononderbroke te bly geniet. Van `n geestelik geleide reaksie is geen sprake meer nie, omdat die gees tydens sy lewe in die liggaam reeds tot op die laatste druppel met die sinlike siel saamgesmelt het.
11 Vraag; kan `n sodanige siel in die hiernamaals nog tot `n hoëre vorm van lewe toeganklik of bekwaam wees? Wie dit eg wil weet, moet maar net `n poliep uit die see opvis en probeer of hy hom in die lug kan laat spring. Hierdie poging sal sekerlik by niemand slaag nie, want sodra hy die poliep uit sy modder-element opvis en op `n droë plek in die suiwer lug geplaas het, sal die poliep spoedig afsterwe, ineenskrompel, vergaan en ten slotte tot `n leemagtige kluit opdroog.
12 Kyk, presies dieselfde is ook die geval met so 'n wellustige, genotsugtige siel. Hy is `n modderpoliep, wat slegs één lewenswekkende begeerte het, naamlik die van genot. Sy hele intelligensie is hierop gerig om vir homself genot te verskaf. Wat is die gevolg hiervan? Niks anders as die ellendige en hoogs beklaenswaardige toestand van die siel self, naamlik die steeds dieper terugval in `n aller ordinêrste en laagste dierlike toestand. En dit is nou juis hierdie toestand, wat mens die "eerste hel" noem. Dit is dus die baie natuurlike, volgens die regverdige ordening bereikte gevolg, sodat die siel deur hierdie verbode handelswyse ten slotte terugkeer na die onderste, dierlike toestand van waaruit hy vroeër langs soveel trappe deur die Heer opwaarts tot `n vry mens verhef was.
13 Hierdie resulterende toestand word egter, met betrekking tot die genotsug, besonder bekommerwekkend deur die Heer beskou, sodat daardeur die gees, wat hom nog steeds in die siel bevind, hom steeds meer van die sinlikheid sou kon losmaak. Hierdie operasie is die enigste waardeur so `n siel, saam met haar gees, moonlikerwys nog te red is. Word die siel naamlik nog meer gevoed en haar begeerte steeds sterker, dan sal daar van `n redding van die gees verseker vir ewig geen sprake meer kan wees nie.
14 Wat is in die ergste geval, gewoonlik die tweede gevolg van hierdie noodsaaklike handelswyse?
15 Luister! Aangesien die gees van so `n siel volkome een met haar was, het sy hele liefde ook in die begeerlikheid van sy siel oorgegaan. Word hy nou deur die vasting van die siel vryer, dan tree hy boosaardig en baie diep beledig en gekrenk op, omdat mens hom, deur die onthouding van voeding aan sy hoogs eie siel, dit laat oorkom om hom sodoende te beteuel.
16 Omdat hy beledig en gekrenk is, word die gees woedend en verlang skadevergoeding. Maar waar vind hy dit? In die tweede hel!
17 Wat is nou die tweede hel? Niks anders as die gevolg van die eerste nie. En deur die gevolg word die eintlike oorsaak van die eerste handelswyse reeds sigbaar.
18 Want die toorn is niks anders as die vrug van die buitensporige eieliefde en het haar wortels in die heerssug, wat die dryfveer van al die kwaad is, en sy woonplek is die derde of onderste hel. Hoe daar ten slotte uit die tweede hel ook nog `n derde ontwikkel en hoe ons leerlinge dit alles prakties moet aansien en ervaar, sal ons in die vervolg sien.
|
|
|
|
|