Die wese van die liefde. Liefde vir die naaste uit liefde vir God en liefde vir God uit liefde vir die naaste
5 Kyk hoe hierdie keer nog `n groter skare ons met die grootste glorie tegemoet kom! Wanneer julle tewens julle ore wil open, dan sal julle ook groot sangkore hoor waarby die woord as sodanig as die hoogste en mees volmaakte musiek gehoor kan word.
2 Julle dink weliswaar daaroor na hoe so iets moontlik is, maar ek sê vir julle; niks is so goed moontlik en niks is geestelik meer volgens die orde as juis die musiek van die woord nie. Waarom dan? Wanneer julle julle geartikuleerde woord hier vooropstel, wat op sigself slegs die buitenste bas is van die eintlike ware woord wat hom heeltemal binne-in die uiterlike woord bevind, dan sal dit met die musikale voorstelling van die woord wel ietwat moeilik word. Maar wanneer julle teruggaan na die eintlike kern van die woord, dan sal julle die saak baie natuurlik en ooreenkomstig die ordening vind.
3 Wat is die kern van die woord egter? Die diepste kern van alles en dus ook van die woord is natuurlik die liefde; maar hoe druk die liefde haarself innerlik uit? Die liefde het as karaktertrek die begeerte, wat wil sê, sy wil alles na haar toe trek. Hierdie edele karaktertrek kyk na alle kante om haar heen en dit waarop haar oog val, neem sy op soos dit is en sy span haar in om die aanskoue voorwerp steeds meer na haar toe te trek om dit ten slotte selfs met haarself te verenig.
4 Hierdie karaktertrek word by julle begeerte genoem. Wat is hierdie begeerte dan eintlik? Niks anders as die behoefte om steeds meer vervul te raak van dit wat haar volkome harmonies bekoor. Hierdie begeerte is dus ook `n voortdurende lewendige gevoel, waardeur sy nou juis die behoefte voel om haar steeds meer te verwesenlik.
5 Let nou op! Deur die liefde tot die Heer en van daaruit tot die naaste ontstaan `n verlange na die Heer en na al wat van die Heer is.
6 "Verkeerde liefde" is egter, soos julle weet, in alles die teenoorgestelde. Wanneer die goeie edele liefde in haar nou die steeds groeiende vervulling gewaar word van wat haar enigste verlange is, dan kry sy `n gevoel van versadiging. Hierdie versadiging is die geluksalige, selfbewuste gevoel, wat juis deur sy versadiging en die daaruit voortkomende lewensaktiwiteit die lig van die liefde voortbring. In die lig word alles wat opgeneem is as te ware plasties en dit gaan oor in harmoniese vorme van die mees verhewe soort.
7 Uit die bewussyn van versadiging en uit die aanskouing van die lewende vorme op sigself ontstaan dan eers die geluksalige gevoel wat julle ken onder die begrip; die saligheid van die ewige lewe.
8 Let nou verder op! Wanneer die lewende liefde eenmaal op hierdie manier versadig is en in haar lig oorgegaan het, dan voel sy `n tweede behoefte, naamlik die deel-met. Die deel-met is dan gelyk aan die naaste- of broederliefde, wat egter eers volkome aanwesig kan wees wanneer die mens in sy liefde vir die Heer juis hierdie regverdige versadiging van die Heer ontvang het.
9 Daarom is daar ook slegs sprake van die ware ordening van die naasteliefde, wanneer iemand sy broeder vanuit die Heer liefhet. In die teenoorgestelde geval egter, wanneer iemand die Heer liefhet vanuit sy broeders, is dit `n omgekeerde ordening wat nie met die eerste ordening in harmonie is nie. Waarom is dit so? Omdat dit tog seker vanselfsprekender is om alles daar te soek waar alles is, as om die volmaakte alles daar te soek waarby alles nog lank nie is nie. Of nog duideliker gesê:
10 Dit is tog sekerlik `n beter aanslag om al sy broeders in God te soek as in sy broeders die oneindige God te soek! In God sal selfs elkeen alles vind, maar dit is baie sterk te betwyfel of hy die allerhoogste wese van God in sy broeders sal vind. Hy sal dit wel daar vind, maar daar is `n groot verskil tussen vind en vind!
11 Die verskil sou julle op `n aardse manier kan vasstel as julle `n goeie verkyker sou hê. As jy daar aan die goeie kant deurkyk, dit wil sê as jy die groot objektiefglas na buite keer en die klein okulêrglase teen jou oë hou, dan sal jy die voorwerpe wat jy bekyk ook in sy natuurlike vergroting sien, want dan kyk jy as`t ware vanuit die sentrum na die stralebereik van die objektiefglas. Maar wanneer jy die verkyker omdraai, dan sal jy die voorwerpe wat jy vooraf gesien het, ook wel sien, maar hulle sal in dieselfde mate waarin hulle eers vergroot was, nou verklein verskyn. En julle sal julle baie moeite moet troos as julle die ietwat verder verwyderde voorwerpe sal kan onderskei en dit volledig wil herken.
12 Julle vra of dit geestelik gesien sonde is. O nee! Absoluut nie, want wanneer julle die omgewing deur `n omgekeerde verkyker bekyk, dan sal dit vir julle ook baie mooi en lieflik voorkom, dit sal julle slegs, soos gesê, baie moeite kos om haar ook maar enigsins te sien soos wat sy is.
13 So is dit ook met die liefde vir die Heer vanuit die naaste. Die Heer is weliswaar in elke broeder, want Hy is tog die lewe self in elkeen van hulle, maar as kleinste ewebeeld, dus soos die mens self die kleinste ewebeeld van die hele oneindige hemel is oftewel; die mens is `n hemel in die kleinste vorm.
14 Wie egter vanuit die Heer sy broeder liefhet, kyk vanuit die sentrum van die stralebrandpunt, uitgaande van die objektief van sy verkyker, al sy broeders liefdevol aan en sien dan in sy broeders baie meer as voorheen.
15 Eers sien en bespeur hy eintlik veeleer dat daar in sy broeders `n goddelike vonk woon en hy sien bygevolg `n hele spul goddelike vonkies. Maar nou sien hy in sy broeders dat die Heer in hulle alles in alles is en in plaas van vonkies sien hy nou groot sonne in sy broeders vlam, en hy sien dat uit hulle lig daar voortdurend nuwe pragtige vorme as wonderbaarlike skeppinge van God ontwikkel.
16 Ek dink dat dit vir julle nou goed duidelik sal wees en daarom sal ons nou eers sien, hoe ons uit dit alles ons woordmusiek kan haal. Ek sê vir julle, niks is so maklik nie. Slegs één vraag moet ons nog vooropstel en dit is; Wat is die musiek nou eintlik op sigself? As aardse vorm beskou is musiek niks anders as `n innerlike harmoniese gevoel wat deur middel van musiekinstrumente hoorbaar gemaak word vir die uiterlike, growwer sintuie nie; wat dus in `n sekere sin aan die gevoel `n waarneembare vorm gee.
17 Wanneer die aldus voorgestelde innerlike, harmoniese gevoel egter uiterlike voorgestelde musiek is, dan sal die gevoel op sigself tog sekerlik des te meer ware musiek wees, omdat dit die basis van die uiterlike musiek is.
18 Ons geeste voel in ons salige liefdesversadiging en dink daardeur uit die liefdeslig in ons ontstane vorme vanuit die Heer. Die gevoel en denke is ons allerhoogste saligheid, omdat die lewe van die Heer in ons juis daarin tot uitdrukking kom.
19 Stel jou nou net die harmonie voor. Die Heer is in ons die basiswoord, dus die grondtoon. Ons versadiging vanuit die Heer is die tweede harmoniese interval. Die lig uit hierdie versadiging is die derde harmoniese interval. Die vorme uit die lig is, wat julle die melodie noem.
20 Julle het egter in julle musiek, sodat dit `n volmaakte en goed samehangende geheel word, `n kontrapunt om die melodie op `n lewendige manier te begelei en hierdie begeleiding op sigself kan ook as `n suiwer tema uitgewerk word.
21 Ons sal sien of dit ook as basis in ons musiek aanwesig is. Baiel seker, want wat is die wedersydse uitwisseling van idees en vorme, oftewel die uitwisseling van ons innerlike saligste gevoelens, anders as `n waaragtige hemelse musikale kontrapunt, waarby die een salige broeder die saligheid van sy ander broeder opneem en dit met die saligheid van ander harmonies verbind. Op hierdie wyse word die salige dan inmekaar oorvloei en met mekaar verbind en weer losgelaat as iets volgens julle styl en hoogs kunssinnig opgebou na `n groot hemelse oratorium! Begryp julle dit nou?
22 Julle vra of mens altyd sodanige musiek hoor; maar dan vra ek julle: Wanneer hoor julle dan musiek op aarde? Julle sê: Wanneer musici vir die doel bymekaar kom en dan op `n aangegewe teken op hulle instrumente begin te speel. Goed, sê ek vir julle; so is dit ook in beginsel met die musiek in die hemel.
23 By geleenthede soos hierdie, waarby die Heer weer Sy intog hou, word die salige gevoel van alle hemelse geeste tot die toppunt gedrywe en hierdie hoogste trap van die allersaligste kom soos die allermooiste musiek tot uitdrukking.
24 In gewone situasies word die woord egter op dieselfde manier uitgespreek as by julle. Desondanks het elke hemelse gees hier tog volkome die vermoë in hom om, as hy dit wil, alles in volmaakte harmonie in homself te hoor en ook ander te laat hoor wat hy in harmoniese gelyk dink en voel.
25 So sou jy, `n musiekstuk wat jy op aarde slegs ééntonig sou dig en komponeer, dadelik in jouself hoor asof dit deur so `n groot moontlike orkes uitgevoer word.
26 Ek dink dat dit alles vir julle nou wel duidelik sal wees. Daarom kan julle nou ook met my in die gees ietwat geniet van die heerlike harmonieë wat ons vanuit die steeds nader komende salige skare bereik.
27 Maar let nou ook net op na ons prior, wat hom van suiwer salige verrukking geen raad meer weet en die Heer nou net vra wat dit tog alles kan beteken. Maar die Heer sê vir hom: My geliefde seun, wees nog `n klein bietjie geduldig en ervaar die saligheid van die eerste graad; ter plaatse sal alles vir jou duidelik word. Ons wil eers die stad bereik en eers in die stad self die ander sake reël.
28 Maar kyk net na die eerste klein skare wat My tegemoet kom en raai net wie dit is, wat hierdie skare vorm.
29 Die prior sê: O Heer, hoe kan ek dit uit myself weet? Dat dit oorgelukkige broeders en engele is, dit is seker; maar wat hulle name is, dit sou ek nooit kan raai nie.
30 Die Heer sê: Wel nou, dan sal Ek dit vir jou sê: Dit is My broeders. Beide die eerste twee is sekerlik aan jou bekend, wel die bekende Petrus en Paulus; agter Petrus lopend sien jy My liewe Johannes; agter Johannes sien jy Matthéüs en Lukas. Markus volg ons egter en hy was die een wat julle, deur My gestuur, die eerste opgesoek het. En agteraan volg die ander apostels. - nou verder niks meer nie, maar soos gesê, My liewe seun, eers in die stad sal die onthulling volg!