|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 91
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Wie sondig dan teen die goddelike oer-ordening van die negende gebod?
91 Ten tweede kom die wyse beperking van die versamelreg en die reg tot vervaardiging self duidelik en baie begryplik in die gebod tot uiting. As ons dit naas die eerste punt vermelde verhoudinge van die kenmerke van die oorspronklike grondeiendomsreg lê, dan dui die negende gebod tog presies daarop, want dit sê uitdruklik dat mens nie moet verlang na dit wat `n ander s`n is nie.
2 Wat is nou van die ander? Die Heer het vir die algemene onderhoud van die mense van die geskape aardoppervlak, presies soveel vasgestel wat hom volgens sy natuurregtelike behoefte afgeleide maatstaf, laat toekom. Wie derhalwe meer as hierdie hoeveelheid versamel en vervaardig, sondig feitlik al in die eerste graad teen die gebod, omdat selfs die verlange daarna reeds as strafbaar in die gebod aangemerk word.
3 `n Sonde van die tweede graad teen die gebod begaan die trae, wat te lui is om sy regmatige versamelreg uit te oefen, wat van die oertyd sy oorsprong gehad het, maar wat wel steeds met die verlange rondloop om te bemagtig wat `n ander volkome regmatig versamel en vervaardig het.
4 Daaruit sien ons dat `n mens homself dus by die gebod, op twee maniere in `n netelige posisie kan bring, naamlik ten eerste deur `n oordrewe sug tot versameling en vervaardiging, en ten tweede deur dit volledig agterweë te laat. In beide gevalle is die toepassing van die wyse beperking van die gebod egter gelykluidend. In die eerste geval beperk dit die oordrewe begeerte tot versamel en vervaardiging, in die tweede geval die luiheid, met as doel die vind van die korrekte middeweg; want dit druk niks anders uit as agting, gepaardgaande met liefde vir die natuurgerigte behoefte van die medemens.
5 `n Mens sal egter hierteen kan ingaan en sê: Daar is in die teenwoordige tyd buitengewone ryk en welgestelde mense wat met al hulle rykdom en welgesteldheid nog geen vierkante span eie grond besit nie. Hulle het, deur gunstige spekulasies in die handel of deur erflating, `n groot rykdom aan geld vir hulleself verwerwe en lewe nou van hulle wetlike rente. Hoe is dit met hulle gesteld? Is hulle vermoë volgens die goddelike oerreg natuurwettig of nie? Want hulle deur hulle besit aan geld beperk hulle niemand se grondeiendom, omdat hulle nêrens grond aankoop nie. Daarenteen leen hulle hulle geld op `n goeie plek vir die wetlike rente uit, of doen ander geoorloofde sake, soos wisselhandel, waardeur hulle hulle grondkapitaal jaarliks met baie duisende gulde vermeerder, terwyl hulle volgens hulle natuurlike, regmatige behoeftes nie `n honderdste deel van hulle jaarlikse inkomste vir hulle lewensonderhoud nodig het nie. Origens is hulle daarnaas dikwels baie oregte en soms ook liefdadige mense. Sondig hulle ook teen ons negende gebod?
6 Ek sê hierop; dit is om`t ewe of iemand, op watter manier dan ook, buite sy behoeftes te veel geld, of te veel grond besit. Dit kom alles op dieselfde neer; want as ek soveel geld het dat ek, staatsregtelik verantwoord, verskeie hektare grond daarmee as eiendom kan aankoop, dan is dit presies dieselfde as wanneer ek werklik soveel grond vir die geld vir myself sou toegeëien het. Sterker nog, dit is selfs slegter en dit druis nog baie meer teen die goddelike ordening in. Wie naamlik soveel grond sou besit, sou immers ook noodsaaklikerwys aan `n paar duisend mense die moontlikheid moet bied om hulle lewensonderhoud op die grond te kan verdien, want hy sou self tog onmoontlik in staat wees om so 'n groot grondbesit te bewerk.
7 Laat ons egter net kyk na iemand wat weliswaar geen grond besit nie, maar soveel geld het dat hy byna `n koninkryk daarmee sou kon koop. Hy kan die geld streng geneem slegs winsgewend beheer, of het daarby hoogstens enkele rekenkundige hulp nodig, wat van hom, in verhouding tot sy eie inkomste, `n baie matige salaris ontvang, wat dikwels nouliks voldoende is om in hulle behoeftes, veral wanneer hulle familie het, te voorsien.
8 Maar geeneen van sulke geldbesitters kan homself teen die manier waarop hy aan die geld gekom het, verontskuldig nie, of dit nou deur `n spekulasie, `n gewende lotery of deur `n erfenis was. In elkeen van die gevalle staan hy voor God presies so daarby as `n deler langs die dief. Hoe so, sou iemand kan vra?
9 Wat beteken ryk word deur geluk met spekulasie? Dit is en beteken niks anders nie as die regmatige verdienste van baie geld of goedere en wat hy op `n woekeragtige manier na homself toe trek, en daardeur baie ander hulle regmatige verdienste ontneem om dit vir homself toe te eien. In hierdie geval is `n mens wat deur `n gunstige spekulasie ryk geword het, `n egte dief. Met die wen van `n lotery is hy dit net so goed, omdat die inset van baie slegs vir hom ten goede kom. Maar by `n erfenis is hy `n deler, wat die wederregtelike verworwe goedere van sy voorouers, wat hulle op beide die voorgenoemde maniere verkry het, kan toe-eien, en net so vir homself in besit neem.
|
|
|
|
|