Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 71

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Oor die heilige skool van die lewe

71 Dit is natuurlik nie die plek hier, om die hele skeppingsgeskiedenis van die mens, net soos sy geskiedenis tot aan die teenwoordige tyd, in `n sekere sin van punt tot punt uit te beeld nie: Ons beskou hier slegs die manier, waarop ons die klein geestelike pupille almal bygebring word.

2 Julle kan om te begin as voldoende bekend aanneem dat hier in die ryk van die volmaakte geeste, om een of ander goeie einddoel te bereik, alles op ooreenstemmende wyse, onnoemlik wyser en verstandiger aangepak word as op aarde. Dit gebeur om die baie eenvoudige rede dat mens hier nie by een tot in die oneindige begin te tel nie, maar die mens hier in `n sekere sin by die oneindige begin en van daaruit na `n terugtel of, wat dieselfde is, mens gaan hier nie van binne na buite nie, maar van buite na binne, dit wat trouens op aarde ook die beste weg sou wees, as die mense maar nie so ydel, dwaas en dom sou gewees het nie!

3 Maar omdat die mense op aarde maar net na die mees nietige en ydele dinge strewe, glo en vertrou hulle die Heer slegs solank (wel te verstaan volgens die beste menslike maatstawwe) dit hulle liggaamlik aan niks ontbreek nie. Kom daar egter `n klein beproewing op hulle af, dan val hulle dadelik in hulle ou vertwyfeling terug en werp homself, in plaas van in die arms van die Heer, in die van `n weinig batende en baie sleg helpende wêreld. So is dit gesteld met die beste mense, waaruit egter blyk dat hulle denke gladnie na binne nie, maar slegs na buite gekeer is.

4 Maar waar dit met die geloof, die vertroue en die liefde vir die Heer so besonder armsalig gesteld is, dan is daar ook geen geestelike ontwikkeling te verwag waarby die mens in een minuut meer vooruitgang sou boek as op die gewone, hoogs miserabele wêreldse manier in twintig, ja soms selfs nouliks in honderd jaar, as die lewe van `n mens so lank sou duur.

5 Alle mense is trouens deur die Heer daarop gewys, om uitsluitlik hierdie ontwikkeling en geen ander te volg nie. Maar hulle laat die heilige skool van die lewe rus, weet absoluut nie wat hulle daaraan het nie en tob hulle liewer hulle hele lewe af met onbeduidende kennis oor die dooie natuur en haar verhoudinge. En as hulle hulleself dan aan die einde van hulle lewe afvra: Wat het ons nou eintlik met ons moeisame studie as belangrik of groots bereik, dan sal hulle eie gevoel hulle as antwoord gee: Ons het dit sover gebring dat ons nou op die allerbelangrikste oomblik van ons lewe nie eens in alle erns weet waaraan ons toe is nie: Ons weet nie of ons nou nog `n lewe te wagte staan of nie. 

6 Sy hemel, hel en sprokies oor die geesteswêreld word bedink deur arbeidsku kloosterblindes, asof daar tog iets van waar sou wees? So nie, wat dan, en wat sal daar dan met ons gebeur? Is iets daarvan wel waar, waar beland ons dan, bo of benede?

7 Kyk, dit is duidelik die vrugte van wêreldse, uiterlike geleerdheid. Mens sal natuurlik sê: As dit al vrugte van die geleerdheid is, watter vrugte sal die mense dan voortbring wat, sowel op die platteland as in die stede, met nie veel meer geleerdheid opgroei as die vee in die weiveld en die diere in die bos nie? Hierop sê ek vir julle niks anders nie as wat die Heer Self gesê het:

8 "Wie nie wedergebore word in sy gees nie, sal die ryk van die hemele of van die ewige lewe nie binnegaan nie!"

9 Ter verkryging van die wedergeboorte van die gees is dit egter noodsaaklik dat mens die heilige skool van die lewe, wat die groot, heilige Heer van al die lewe met Sy eie heilige mond vir die mense op aarde gepredik het en met Sy eie bloed verseël het, volledig in ag te neem!

10 Wie hierdie skool nie daadwerklik op die daarin aangegewe manier wil volg nie, het dit aan homself te wyte as hy die lewe van sy gees daardeur verspeel.

11 Dit is tog seker wel duidelik dat elke eienaar van een of ander goedere, al is hy hoe eenvoudig, moet weet en ook wel sal weet dat hy in die eerste plek eienaar van die goedere is, maar in die tweede plek moet weet wat se goedere hy besit en wat dit werd is.

12 As iemand hom sy eiendom sou wil betwis, dan sal hy vir so iemand sekerlik `n vinnige proses voorberei; en waarom? Omdat hy baie verseker weet dat hy die eienaar is en weet wat hy besit.

13 Wanneer iemand egter besitter van die ewige lewe in die gees is, sê net, kan hy dan wel vra of sy siel en sy gees met die lewe van sy liggaam sal vergaan of nie? Wie vra na die hoe, wanneer en wat, waarvandaan en waarheen, is sekerlik geen besitter van die ewige lewe nie, maar slegs `n armsalige kneg in die loondiens van die wêreld, wat bo alles vrees om die lewe van sy liggaam te verloor; waarom wel? Omdat hy geen ander lewe ken nie.

14 Maar hulle wat waaragtige leerlinge van die skool van die Heer vir die ewige lewe is en voorheen was, verag die dood van die liggaam en verlang met groot vreugde en saligheid na die volledige ontbinding van die swaar, uiterlike lewensbande met die wêreld. Hulle getuig van die waarheid van die lewenskool van die Heer - as martelare met hulle bloed.

15 Soek in die teenwoordige tyd maar net die martelare! Hier en daar is daar nog wel eg dapper verdedigers van die heilige lewenskool van Christus, die Heer, maar hierdie verdedigers is soos hoenders in `n boom, wat hulle vrolik maak oor die benede hulle ronddansende jakkals, omdat hulle instink hulle sê dat die vyand hulle tog nie so kan aanvat nie. Maar as die hoenders op die grond loop en die jakkals kom daar aan, dan is dit gedaan met die vrolikheid oor die vyand en doodsangs dwing ons dapper geveerde helde om haastig op die vlug te slaan. 

16 So is dit ook vandag gesteld met die standvastigheid in die geloof. Solank iemand hom in een of ander hoek van die aarde veilig weer teen die kloue van die heers- en hebsugtige grotes van die aarde, solank spreek hy ook soos `n Moses op die Sinai. Het hierdie groot en magtige vriende van die wêreld en vyande van die waarheid egter ons Moses ontdek en maak hulle aanstaltes om hom op `n wêreldse, hoogs onaangename manier tegemoet te tree, dan kyk ons waarheidsprediker om hom heen of daar nie êrens `n poortjie oopstaan om te ontsnap nie. Sou dit geblokkeer wees, dan word na `n streng wêreldlike ondersoek deur die sterk bedreigde profeet dieselfde sogenaamde moedige beslissing geneem wat die sterrekundige Copernicus, met betrekking tot julle wetenskap geneem het toe hy, tot sy groot skrik, die brandstapel voor hom gesien het. Ook sommige werklik vroom mense in Spanje het so gehandel. Hulle wou ten tye van die inkwisisie (staatsondersoek) ook menige, deur die Heer Self meegedeelde leerstellings, eerder verbrand as om `n groot narigheid oor hulle te laat heenkom.

17 Tog was dit op sigself nog altyd lofwaardige en agtenswaardige mense, want hulle diep in hulself tog oortuig het van die waarheid, hulle het net nie die moed gehad om dit na buite toe te beken nie.

18 Die Heer het egter wel gesê: "Wie My bely voor die wêreld, hom sal ook Ek bely voor My Vader"! Of anders gesê: Wie my waaragtig in sy gees sal opneem, die sal My ook in die volle krag van die waarheid in homself voor die gehele wêreld bely; Ek sal hom daarom ook in die volheid van My liefde as Vader erken.

19 As dit egter so gesê is, dan kom daarin seker niks anders tot uiting as enersyds dit wat deur die woord van die Heer weergegee was nie wat lui: "Baie is geroep, maar weinig is uitverkies"! Of duideliker gesê: Baie sal in die hiernamaals weliswaar die ewige lewe verkry, maar slegs baie min sal die groot geluk ten deel val om as kinders in die eintlike vaderhuis opgeneem te word. Want die verkryging van hierdie genade vra geweld en hy wat dit nie met geweld na hom toe trek nie, sal dit nie verkry nie.

20 Andersyds staan daar ook wel: "My juk is sag en My las is lig". Hierdie gedeelte kan vir diegene tot troos wees wat die waarheid wel vol oortuiging besit, maar daarnaas tog ook soveel van die wêreld het wat hulle die moed ontneem om die waarheid openlik voor die wêreld te bely. Hulle het dan werklik in hulle die synde waarheid van die ewige lewe `n sagte juk en `n ligte las voorhande. Die weiniges wat al egter die wêreldse uit hom verban het, verkry dan die Gees van krag en sterkte, vrees geen wêreld meer nie, bely die ewig lewende waarheid openlik in hulle en trek die huis van die Vader na hulle toe deur die geweld van hulle geloof en hulle liefde vir die Heer.

21 Dit kan julle ook uit die volgende aflei: Stel jou een of ander huisvader voor met besittings op die platteland, wat, behalwe sy kinders, ook verskeie getroue goeie bediendes het. Mag daar egter diewe of rowers die huis binnedring, dan sal die bediendes uit vrees en angs versteen; sy volwasse seuns daarenteen sal met alle krag en moed die misdadige rowers en diewe gryp en die lewe van hulle vader en moeder moedig en daadkragtig beskerm.

22 Is die bediendes dan sleg, omdat hulle versteen het? Nee, dit is hulle bepaald nie; maar hulle is swak mense, wat weinig geesdrif en moed besit. Maar die kinders het die lewe van hulle vader in hulle en daarom is dit vir hulle ook bo alles heilig. Maar sou die bediendes vir hulle verstening beloon moet word? Ek dink dat mens geen juris hoef te wees om in te sien dat mens in die geval, dus vir die angsvallige verstening, geen loon verdien het nie.

23 In die woord van die lewe staan tog immers ook: "Wie baie saai, sal ook baie oes, en wie weinig saai, sal ook weinig oes".

24 Ek is van mening dat uit dit wat tot nou toe gesê is, dit nie so moeilik is om af te lei dat die mense hulle op hulle weg deur die huidige wêreldskole nie bepaald baie van die ewige lewe hulle eie gemaak het nie en die buitengewone karige uitsaai sal dan ook net so `n karige oes tot gevolg hê.

25 Daarom laat ek julle dan ook, volgens die wil van die Heer, die lewendige kinderskole op die son sien, sodat julle daaruit mag aflei, hoe mens die skool van die lewe ook op aarde eintlik sou moet hanteer! Ons staan nou in die saal waar ons vervolgens die skeppingsgeskiedenis van die mens, sy verdere geskiedenis op aarde en die geestelike toestand daarvan sal leer ken.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205