|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 120
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Verdere ontwikkeling van die leerlinge in die hiernamaals. Die middelryk (Hades)
120 Kom hulle miskien so te sê vanuit die hel terug in die hemel in? Dit is baie aards uitgedruk, want hierdie leerlinge kom eintlik nooit in die hel nie, maar slegs in `n toestand, waarby hulle die hel in hulle eie sfeer kan beskou. Daarvoor is niks anders nodig nie as `n regverdige afsku van die negatiewe of helse toestand en ons leerlinge is weer in hulle eintlike, positiewe hemelse sfeer. Aangesien die hemel nie maar net deur kennis en insig verkry kan word nie, nóg deur `n kloosteragtige passiewe liefde deur middel van gebed en verering nie, maar slegs deur werke van liefde, wat `n vrugbare weldaad vir die naaste as grondslag het, moet ons leerlinge, om die ware hemel te bereik, nou dan ook sonder meer tot `n ernstige werksame toestand oorgaan.
2 Waaruit bestaan dit egter? Ons het nie veel woorde nodig om dit uit te lê nie. Kyk na die natuurlik geestelike sfeer van julle aarde of die sogenaamde "middelryk", wat ook die naam "Hades" dra en ongeveer dit is, wat julle Rooms-Katolieke, trouens heeltemal onwaar, die "vaevuur" noem. Ten beste kan dié ryk vergelyk word met `n groot tussensaal, waarin iedereen, sonder onderskeid van rang of stand, binnekom en waar mens hom in `n sekere sin voorberei om vervolgens die eintlike gasteverblyf binne te gaan.
3 Hierdie Hades is dus ook die eerste natuurlike geestelike toestand van die mens, waarin hy onmiddellik na sy dood beland.
4 Want niemand kom dadelik in die hemel of in die hel nie, tensy, in die eerste geval, iemand al op aarde vanuit die suiwer liefde tot die Heer, volkome wedergebore sou wees, of, in die tweede geval, `n verstokte booswig voor die Heilige Gees sou wees. In die eerste geval sou die hemel dus regstreeks in die middelryk te verwagte wees, in die tweede geval egter onmiddellik die onderste hel. In die eerste geval in die hemel, omdat so iemand reeds die hoogste volmaaktheid in homself dra en in die tweede geval in die hel, omdat so iemand al die hemelse kwytgeraak het. Maar dit is slegs `n sydelingse opmerking wat nie ter sake is nie. Daarom sal ons ook nie langer daarby stilstaan nie, maar dadelik ons blikke rig op dit wat ons leerlinge te doen kry en kyk waar dit gebeur.
5 Dit groot middelryk is die vernaamste werkplek vir alle hemelse geeste. Daar kry hulle almal volop te doen. Want stel julle net voor: Op hierdie plek kom op elke uur van die dag meer as vyf- tot seweduisend nuwelinge aan. Hulle moet dadelik deurvors word en na hulle passende plek gebring word, oftewel; hulle moet dadelik in `n toestand binnegelei word wat volkome met hulle eintlike liefde ooreenstem. Daarom moet al hulle neigings ondersoek en beproef word. Waarna hulle voorkeur die meeste uitgaan, daarheen moet die weg dan ook geestelik vir hulle oop wees.
6 Op aarde is dit weliswaar onmoontlik, want dit sou jou reinste ‘saint-simonisme*’ wees, waardeur die hele aarde binne die kortste tyd in `n rowersnes en `n moordhool omvorm sou word. Maar in die geestesryk word juis die ‘saint-simonisme’ goed in ag geneem en dientengevolge kan elkeen sy neiging ongehinderd volg.
7 Nou sal mens miskien sê: As dit daar so gaan, wie sal dan in die hemel kom? Daar geld egter ander reëls; dit wil sê: Elke dokter moet sy pasiënt deur en deur ken, voordat hy medisyne aan hom kan voorskrywe wat hom volkome kan genees, want in die hiernamaals het niemand by `n versagtende kuur gebaat nie. Daarom moet elke nuweling in die hiernamaals daadwerklik, in `n sekere sin, `n algemene bekentenis oor sy hele lewe aflê. As dit gebeur het, dan vind daar `n verandering van toestand plaas, wat die algehele onthulling genoem word. In hierdie toestand staan elke gees volkome naak en kom dan in `n derde toestand, wat die leegmaak, ook wel die dood van alles wat die mens aan sinlikheid van die wêreld saamgebring het, genoem word.
8 Eers van daaruit kom die geesmens dan in die gunstige geval in die hemel, of in die ongunstige geval in die eerste hel.
9 Hoe die oord van leegmaking in die verskyningsvorm lyk, het my voorganger julle in die omgewing van die aand voldoende laat sien toe julle julleself in die pikdonker oord by die "mos-eters" bevind het. Hoe hierdie geeste van daaruit dan langsamerhand in die eerste hemel kom, of ook geleidelik aan in die eerste hel, het julle almal baie helder uitgebeeld gesien.
10 Daarom kan ons nou dadelik die volgende vraag beantwoord: Wat kry ons leerlinge eintlik by al hierdie geleenthede te doen? Hulle taak is deurvorsing en om die weë te open tot by die plek van leegmaak. Daar het hulle dan voorlopig niks meer te doen nie, want vir die verdere moet bekwamer engelegeeste sorg.
11 Hoe verloop die deurvorsing en die open van die weg? Ons het voorheen die sogenaamde ‘saint-simonisme’ ter sprake gebring en sal die gang van sake nou met `n klein voorbeeld kortliks so duidelik as moontlik skets. Luister dus:
12 Elke mens wat hier volgens die verpligtinge van sy stand geleef het, en by sy uittrede uit hierdie wêreld, ook van alle sogenaamde geestelike goedere voorsien was, vra in die hiernamaals dadelik na die hemel. Hy word oënskynlik ook onmiddellik in `n toestand verhef wat vir hom die hemelse oord uitbeeld.
13 So 'n hemel word egter altyd volgens waarheid uitgebeeld en dit verskil waarlik hemelsbreed van die selfgevormde beeld wat die nuweling saamgebring het. Dat so `n hemel hom trouens ewemin geval as wat menige huidige biskoppe, prelate of ander geestelike hoogwaardigheidsbekleërs hulle hier sou geval, wanneer hulle dadelik ten bate van hulle broeders, self die hand aan die ploeg sou moet slaan, is maklik te begrype.
14 Daarom wil so 'n hemelgas, wat gladnie in so 'n "ware" hemel tuis voel nie, ook graag onmiddellik weer daaruit. En as hy dan weer in sy gewone toestand terugkom, gaan hy dadelik by homself na, wat hom die meeste genoegdoening op aarde verskaf het. Hy vind byvoorbeeld dat mooi vrouens en meisies sy grootste vreugde op aarde was. Die geeste wat hom deurvors merk dit weldra en hulle hou hom voor, dat dit nie vir die hemel deug nie, omdat sy begeerte onsuiwer is. Maar dan protesteer hy en sê: Stel my maar op die proef, laat my na die mooiste vrouens en meisies gaan, en dan sal ek op `n baie behoorlike manier met hulle omgaan. Aan die wens van die gas word dadelik voldoen. Hy word presies in die omstandighede gebring waarin hy hom agtereenvolgens eg lyflik in al die taferele bevind wat hom op aarde soveel genoegdoening besorg het. Nou trek die leidinggewende geeste hulle terug en laat hom slegs handel, maar tog bly hulle hom onopgemerk waarneem.
15 Dat die gas nou al sy taferele herhaal, hoef nouliks vermeld te word. Wat daar verder met hom gebeur en wat dan die rol van ons geeste is, hoor ons in die vervolg.
|
|
|
|
|