Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

In die geestelike toestand kom alle geheime aan die lig

116 Dit gebeur nogal net dat so 'n gekrenkte jongedame uit suiwer wraak, ten opsigte van haar vroeëre minnaar, trou met `n ander, vir wie sy in haar hart geen greintjie liefde voel nie. Met hierdie daad wil sy haar vroeëre minnaar wat haar misken het, op `n gevoelige manier straf, ja indien moontlik vir hierdie belediging selfs uit die wêreld help. Wat gebeur egter daar?

2 Die eerste minnaar voel hom gladnie beledig nie, maar soek welmoedig `n ander geliefde, en dikwels `n beter een as die eerste. Welke uitwerking het dit op sy eerste, inmiddels gehude geliefde? Sy word nors en geslote. Haar man vra haar na die oorsaak, maar tevergeefs! Wat haar bedruk is te groot in haar oë en te swaar en te verdag teenoor haar nuwe eggenoot, sodat sy dit nie durf toevertrou aan hom nie. Sy onderneem weliswaar geen verdere stappe meer om haar ou geliefde dwars te sit of hom in `n val te lok nie, maar des te dieper begrawe sy die oorsaak van haar gramskap in haar hart. Daar gaan jare verby en omdat soos gewoonlik die tyd die beste pleister vir die genesing van menige so `n wond is, genees dit ook dan. Sulke mense word dan dikwels nog baie goeie vriende.

3 Mens sal nou sê: Wel, as dit die geval is, dan sal ook die hel wel haar laaste oorblywende deel ontvang het, want waar vriendskap in die plek van vroeëre vyandskap tree, daar tree die hemel tog sekerlik op gepaste wyse ook in die plek van die hel. So lyk dit wel na buite toe, maar daar verskyn nou net voor ons `n soldaat, wie se liggaam op baie plekke gewond was. Sy wonde het deur genesende middele en deur die tyd geheel. As dit mooi weer is, loop ons soldaat opgewek rond en besef nouliks dat sy liggaam vol littekens sit. Maar nou kom daar slegte weer. Sy littekens begin op te swel en hoe slegter die weer word, des te pynliker word sy littekens. Vertwyfeld lê hy en woel op sy leërbed. Hy vervloek die oorlog, alle veldhere, die keiser, ja selfs God, sy ouers en die dag waarop hy gebore was.

4 Kyk, hier sien ons nou `n getroue beeld van sulke morele opgelapte vriendskappe, wat die gevolg is van die aardse tyd wat laat vergeet. Maar laat dit net weer sleg word, dit wil sê, laat die geeste van sulke vriende in die hiernamaals net saamkom op die oomblik waarop hulle op aarde ten opsigte van mekaar gesondig het, vervolgens op die oomblik waarop hulle deur middel van die helder aanskouing van hulle gees die nadele sien, wat die gevolg is van hulle wederkerige sonde, maar daarnaas ook die voordele, wat hulle kon verkry het as hulle nie sou gesondig het nie, dan sal ons sien dat hulle mekaar met die grootste veragting en verskriklike verwensinge bejeën. Dit is dan tog bepaald geen gepaste hemel, soos dit hom uiterlik laat aansien nie, maar jou reinste hel in haar laagste potensie.

5 Daarom staan daar ook in die Skrif dat ieder en `n elk sy innerlike baie goed moet ondersoek en; daar is niks so verborge en so geheim in die mens, of dit sal eens luid van die dakke van die huise verkondig word nie. Dit wil sê: `n Mens kan innerlik iets nog so volkome verberg, of dit openbaar hom wel uiterlik sigbaar in absolute geestelike toestand. Daarom word elke mens nadruklik aangeraai om alle vriendskaplike en vyandelike verhoudings waarin hy hom ooit bevind het, sorgvuldig te ondersoek en te bekyk watter uitwerking dit op sy gemoed sou hê wanneer hy daarin teruggeplaas sou word. Want elke, hier op aarde lewende mens moet daarop voorberei wees dat hy, in die hiernamaals in absoluut geestelike toestand, lewendig teruggeplaas word in alle noodlottige situasies wat vir hom hier as die grootste steen des aanstoots gegeld het; die Heer Self het ons daarin die voorbeeld gegee.

6 Eers was Hy op aarde deur Sy vyande veroordeel en te midde van misdadigers gekruisig. Daarna styg Sy wesenlike siel nie dadelik op na die hemel nie, maar daal af na die hel, waar Sy ergste vyande Hom ingewag het, al was daar ook baie ou vriende soos die ou vaders en baie profete en leraars.

7 Wanneer iemand op hierdie wêreld nie alles tot op die laaste sent terugbetaal het nie, sal hy nie by magte wees om die hemelryk binne te gaan nie. Daarom is dit hier `n saak om al hierdie ou skuldboeke ywerig deur te gaan, veral die, wat die woord liefde as opskrif het. Liefdeskulde is vir die hiernamaals die hardnekkigste. `n Roof van miljoene word makliker uit die geestelike geheue gewis as `n liefdeskuld. Waarom? Omdat so 'n miljoeneroof slegs `n uiterlike groot skuldelas is, wat die gees nie aantas nie, maar die liefdeskuld het meestal betrekking op die hele gees, omdat alles wat liefde is, die eintlike wese van die gees is. Daarom is niks vir die mens op hierdie wêreld so gevaarlik as die sogenaamde "verlief word" nie, want hierdie toestand neem die hele gees in beslag. Tree daar dan uiterlike hindernisse op, waardeur die liefdesdaad tussen beide geslagte nie kan verwesenlik nie, dan trek die beledigde geeste hulleself terug en laat die wonde wat hulle laat oploop het, deur allerlei wêreldse vermaak weliswaar oppervlakkig genees, maar volkome genesing vind hulle nie in die minste nie.

8 Kom die geestelike slegte homself naderhand weer opstel, dan gaan hierdie wonde opnuut oop. Hierdie tweede toestand sal veel erger wees as die eerste, soos uit die Skrif blyk, waar gespreek word oor die sewe uitgedryfde geeste. Daar word die huis ook wel met uiterlike middele gereinig, waarna die bose vyand deur dorre woestyne en steppe dwaal, maar aangesien hy daar geen onderdak vind nie, neem hy nog sewe ander geeste saam, wat erger is as hyself en betrek dan weer sy ou, gereinigde huis.

9 Die ou, gereinigde huis is die gees wat in hierdie wêreld deur uiterlike middele gereinig was; die bose gees is die slegte toestand waarin `n mens homself op hierdie aarde bevind het. Dit word heeltemal deur uiterlike middele verwyder. Hy dwaal nou deur dorre woestyne en steppe, dit wil sê, die gees van die mens genees sy wonde en vorm littekens, sodat sy wonde opdroog en nie meer bloei nie. Maar die bose gees keer terug met nog sewe ander, dit wil sê, in absoluut geestelike toestand word alle wonde weer sigbaar en gaan opnuut met nog veel groter heftigheid oop; en dit is dan die toestand wat erger is as die eerste.

10 En oral waar julle die een wese teenoor die ander in die heftigste, verderflikste toorn sien optree, daar is ook reeds die onderste hel volledig aanwesig!

11 Daarom raai ek, Johannes, as baie ervare, ewige dienaar en kneg van die Heer, alle mense, maar veral ouers aan, om hulle kinders teen niks so sorgvuldig te waarsku as teen die soge­naamde verlief word nie. Hoe erg die gees daaronder ly, kan julle al op natuurlike gebied by elke jong student, wat voortydig verlief geraak het, duidelik sien. Want die lewe van so 'n jongman is tog sekerlik bedorwe en hy is nie meer in staat om hom geestelik te ontwikkel nie. Watter hartstogte hy ookal verder mag hê, dit kan alles onder goeie begeleiding beteuel word en so kan mens tog `n behoorlike mens van hom maak. Maar `n bepaalde lewendige fantasiebeeld wat hom eenmaal in die gees vasgesuig het, is moeiliker uit `n jeugdige se gemoed te ban, ongeag van welke geslag, as die verplasing van `n berg.

12 En juis aan so `n vroeë verliefdheid lê die grootste geestelike ontug ten grondslag, want ontug of hoerery is iets wat hom op die bedrog van die gees voorsien het.

13 Omdat die liefde egter grotendeels `n aangeleentheid van die gees is, is die bedrieg van die liefde, óf `n duidelike vergryp teen haar, die ware geestelike ontug van die ergste en laagste graad, oftewel die eintlike onderste hel.

14 Iedereen moet dit wat tot nou toe gesê is, baie goed en baie bewustelik ter harte neem. Hierna volg daar nog meer soortgelyke aanskouings.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205