Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die verdere verloop van die wandeltog op die son. Die argitektuur van die paleis beantwoord aan die verhouding van die menslike wese

32 Dit sal nog wel `n afstand van so twee myl wees, oftewel agt duisend klafter volgens julle afstandsmaat. Die weg is vlak en mens kan, wanneer mens sy blik oor die vlakte laat gaan, niks ontdek wat op een of ander hindernis sou kon blyk nie. Vanaf die plek waar ons nou staan is daar, behalwe `n sirkel van klein piramides, niks te ontdek nie. Die piramides self staan egter ver van mekaar af en ook nie op ons lyn nie, daarom kan ons dit dan ook nie as `n hindernis beskou nie; tensy daar nog iets agter die piramides sou wees. Kort en goed, ons gaan daarop af, dan sal die weg wel duidelik maak waarteen ons nog sal moet stry.

2 As ek hier nie julle gas was nie, maar julle myne sou wees, dan sou ons reeds lankal op die plek van bestemming gewees het; maar hier ek moet julle onsekerheid en besluiteloosheid saam met julle deel, om julle in goeie bane te lei. Daarom gaan dit tog ook ietwat langsamer. Dit doen egter geen afbreuk aan die saak nie, want ons weet om met die genade van die Heer, ons ietwat aarselende voortgang baie goed te benut.

3 Bowendien is dit ook baie aangenaam om op hierdie groenblou fluweelagtige grond te loop en daarom kan ons onsself hierdie ietwat langer durende tog die beste laat welgeval. Ook kom tenminste ruim die helfte van die merkwaardige hoofgebou in die middel van hierdie ringmuur steeds nader en daarom het ons oë voortdurend baie te sien. Soos julle sien, het ons reeds die ry piramides bereik en daar is nog steeds geen ander hindernis te ontdek nie, behalwe dan die ringmuur wat, deurdat ons naby daaraan kom, steeds hoër word. Soos wat dit nou vir my lyk, loop dit heeltemal nie gelykmatig deur nie, maar bestaan dit uit suiwer pilaargange wat `n buitengewone pragvolle aanblik begin te bied.  

4 O, kyk net, daar is drie pilaargalerye bokant mekaar, maar die pilare staan, soos wat dit tenminste nou lyk, tog taamlik naby teen mekaar gerangskik. Dus maar vinnig daarop af en moet nie die moed laat sink nie! Ek dink dat ons weldra geen rede meer sal hê om die enorme groot lykende hindernis nog as `n hindernis te beskou nie, want soos wat ek dit sien, word die afstande tussen die pilare steeds beter waarneembaar, namate ons naderkom. En kyk, voor die pilare is `n breë trap aangebring waaroor mens vanuit alle rigtings veilig die onderste galery kan bereik.

5 Ja, kyk maar, die pilare staan taamlik ver uitmekaar, sodat ons daar sekerlik in gelid tussendeur kan loop. Ja, ja, my beste vriende en broeders, so is dit. Elke goeie arbeid is sy loon werd. Ons het moedig daarop afgegaan en waar ons gedink het om die grootste hindernis te vind, het ons juis glad niks daar gevind nie. Ons het hierdie eindelose mooi trap bereik; dit is na my mening uit suiwer rooi deursigtige goud vervaardig en bowendien baie pragvol en sierlik beklee vir die voetgangers tussen die pilare, met `n materiaal wat ek nog nie tot nou toe op hierdie hemelliggaam teëgekom het nie.  

6 Dit is maar twaalf trappies: Ons sal baie maklik daarteen kan oploop. Dus maar na bo! Ons is in die galery. Bekyk tog net die plaveisel van hierdie galery. Lyk dit nie soos `n ver uitstrekkende, rondlopende vlakte van die allerfynste geslypte diamant met die breedte van tien klafter nie, volgens julle aardse maateenheid? Bekyk dit net noukeurig. Daar is nêrens voeë te ontdek nie, dus is dit geen teëls nie, maar volkome één geheel. Bekyk ook net die pilare wat aan die binnekant staan, oftewel die binnenste ry vorm. Om elke pilaar loop `n wenteltrap van die allerpragtigste robyn. Die trap is voorsien van `n leuning met sierlike spilasse van wit goud en bo-op elkeen van die baie spilasse van die leuning is `n ligblou, stralende bal geplaas, waarvan `n wonderbaarlike, lieflike lig uitgaan. 

7 Julle sou graag wil weet, waartoe hierdie wenteltrappe dien en waarom hulle dieselfde vorm by elke pilaar het. Die eerste rede is kennelik om op die tweede galery te kom, maar daartoe hoef elke pilaar van so 'n wenteltrap tog nie voorsien te word nie. 

8 Dit lê in die wysheid van hierdie mense beslote, dat hulle oral na bo kan gaan sonder dat die een die ander ook maar in die minste van rigting sou kan bring, want hierdie pilare stel die leraars of leiers voor. Omdat `n leier of leraar egter nie so geaard mag wees dat mens nie deur sy leiding omhoog sou kan kom nie, mag daar ook by geen enkele ooreenstemmende pilaar die omhooggaande wenteltrap ontbreek nie. 

9 Julle vra nou ewenwel waarom die buitenste ry dan om dieselfde rede nie van trappe voorsien is nie? Kyk, dit lê weer in die wysheid van hierdie mense beslote; die buitenste pilarestand stel ook wel leraars voor, maar dan leraars vir natuurlike, en dus uiterlike dinge. Hierdie leraars kan egter niemand met hulle leervakke verhef nie, daarom het hierdie buitenste pilare dan ook geen trappe nie.

10 Ja, julle kan hier bekyk wat julle maar wil, tog sal julle oral die mees volmaakte en noue ooreenstemming met die uiterlike en innerlike toestande van die mens aantref. So het die weg vanaf ons laaste laan vir ons baie eentonig voorgekom. Daar was niks anders as die mooi bodem en `n ry, uit `n spaarsame aantal bestaande, nie bepaald aansienlike piramides, gevolg deur die verheugende verandering van die, vooraf deur ons as hinderlik ervaar, ringmuur in `n ruim pilaargalery, waarbo die halwe hoofgebou in die middel sigbaar was. Dit was dan ook al wat ons op ons reis deur die oop vlakte teëgekom het.  

11 Julle dink dat daar agter hierdie hoogs eenvoudige verskyning tog nie al te veel belangriks kan skuil, met betrekking tot die ooreenstemming nie. Maar ek sê vir julle; juis in hierdie ietwat saai reis lê iets baie buitengewoon diepsinnig verborge. Wat ons daar teëgekom het, was weliswaar weinig, maar net soos met julle gesegde, wat die wyse met weinig genoegdoening neem en in die weinige groot dinge ontdek, is dit ook met die weiniges so gesteld dat dit vir ons volkome voldoende is, as ons dit maar met `n ietwat wyse blik beskou. Sodat julle vir julleself effens `n idee daaroor kan vorm, sal ek, om te begin, nog enkele baie klein duwweltjies vir julle gee, waarna julle sonder baie moeite die meer diepsinnige, self sal kan vind.

12 Van die drie lane, dus van die drie grade van deemoed, die van die liggaam, siel en gees, het ons dadelik in die vrye ruimte beland, ooreenstemmend met die innerlike vryheid van die gees, en wel deur die middele wat die Heer Self vir ons voorgeskryf het. En hierdie middele is die uiterlike wysheid van die leer van die Heer, wat die mens eers letterlik in ag moet neem, totdat hy die innerlike, geestelik vrye bewussyn bereik het.

13 Heerlik is die grond waarop mens wandel, oral vry en sonder hindernis, en blou is sy kleur, vol sagte glans; so is ook die vrye bewussyn van die gees wat hom in `n onveranderlike standvas­tigheid openbaar. Maar in die middel van die vrye ruimte is pira­mides geplaas. Dit is grafmonumente; maar wat beteken dit? Julle sou wil sê: Miskien die hele afsterwe van die wêreld. Dit, my liewe broeders en vriende, het reeds tydens die reis deur die drie lane gebeur. 

14 Hierdie piramides gee maar net hier aan hoe die uiterlike wysheid hom hier ter ruste lê en die mens in hierdie sfeer geen hindernis meer te verwagte het nie, oftewel in ooreenstemmende sin, dat mens homself van die moontlikheid om nog ooit voor God te kan sondig, bevry het. Want elke gees aan wie niks uiterliks meer kleef nie, kan nie meer sondig nie en is om die rede ook rein. 

15 Waarom dan? Omdat hy volkome één met die Heer geword het! Meer hoef ek julle nie hieroor te sê nie, want iemand wat doen wat die Heer wil en doen, sal tog sekerlik nie daardeur sondig nie. 

16 Toe ons nog maar net die laaste laan verlaat het, het die heerlike pilaargalery nog soos `n vlak ondeurdringbare ringmuur gelyk, dus na `n huiweringwekkende hindernis en daar was nouliks sig om daaroorheen te kom. Maar toe ons die piramides agter ons gelaat het, het die muur begin om homself op te los in afsonderlike pilare en na `n baie kort reisduur word hulle vir ons `n grootse prag en van `n hindernis, waarvoor ons eers vir `n geruime tyd bevrees was, was daar geen sprake meer nie.

17 Wat kan dit wel beteken? Beskou net die dood van julle liggaam. Dit is tog sekerlik vir elke nog uiterlik lewende mens die mees gevreesde oomblik, dus `n buitengewone sterk hindernis op sy lewensweg. Dit is dan ook seker vir elkeen, solank hy as wat nog nie die ry piramides agter hom gelaat het nie.

18 Het iemand egter na die aflegging van alle uiterlike skynwysheid in sy gees, die Heer volkome aangetrek, dan kry die gevreesde hindernis `n buitengewone pragtige aansien en elkeen sal tog sekerlik die vurigste wens koester om so vinnig moontlik oor die twaalf trappies in die onderste galery te kom.

19 Waar kom die twaalf trappies dan vandaan? Hulle stel simbolies die tien gebooie van Moses en bowendien nog die twee liefdes­gebooie uit die mond van die Heer voor. So stel die drie bokant mekaar geleë galerye voor; die natuurlike in die geestelike, die geestelike in die geestelike en die hemelse in die geestelike. Ek dink dat julle na die duwweltjie, die verskynsels tydens ons tog oor die oop ruimte, nou baie goed begryp, behalwe die aanblik van die halwe middel gebou, wat die genade van die Heer aandui en voorlopig net sigbaar is, totdat die hoofoorsaak, aan die ander kant van die galerye, ook sigbaar sal word, wat die liefde van die Heer is, oftewel die Heer Self in Sy persoonlikheid. Aangesien ons dit nou weet, trek ons weer verder. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205