Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Tweede verdieping. Geestelike vooruitgang, uitgebeeld deur die paleisinrigting

35 Kyk, dit kom slegs op die vooroefening neer; daarna klim mens met dieselfde gemak van `n hoër sfeer na nog `n hoër een, presies soos mens voorheen van `n laer sfeer na die daaropvolgende hoër een geklim het.

2 Julle sê nou egter dat dit op aarde nie heeltemal dieselfde is nie, want hoe hoër mens daar klim, des te swaarder word die voete ook, waardeur elke volgende stap ietwat meer inspanning kos as die voorafgaande. Dit is korrek, maar julle moet daarby bedink dat wanneer julle êrens op `n natuurlike manier na bo wil klim, julle dan op één slag deurgaan en nie na bepaalde afstande die vereiste ruspouses inlas nie. Daarom is dit dan ook vanselfsprekend dat julle moeg word. Wanneer julle `n te beklimde hoogte in sodanige stukke verdeel dat julle van die een stopplek na die ander nie moeg kan word nie, dan sal julle na `n doelmatige rus elke volgende gedeelte met dieselfde krag en onvermoeibaarheid kan beklim.

3 Dat dit korrek is, kan julle baie maklik in julle daaglikse lewe sien. Julle loop tog dikwels heen en weer en word daarby nie moeg nie. Waarom nie? Omdat julle tussendeur weer goed uitrus. Tel julle egter die treë wat julle op een dag loop bymekaar op, dan sal dit soveel wees dat julle maklik daarmee in `n reguit lyn `n afstand van tien uur deurgaans sou kan aflê. Maak julle egter `n wandeling van tien uur, dan val julle byna om van vermoeidheid.

4 Daarom is my stelling en my uitleg dan ook korrek. Wanneer iemand onderweg en tydens `n beklimming nie moeg wil word nie, moet hy behoorlike ruspouses inlas, en dan sal hy ten slotte na `n afstand van tien uur wat hy afgelê het, hetsy op `n vlak terrein of klimmend, nog eweveel krag in sy voete hê as by sy eerste tree, en by `n voortsetting van die tog sal hy, in plaas van meer vermoeid raak, maar net sterker word.

5 So is dit ook gesteld met die geestelike vooruitgang, asook met die vooruitgang wat vir die helfte geestelik en vir die helfte materieel is. Neem byvoorbeeld iemand wat `n virtuoos (kenner) wil word in die bespeling van een of ander musiekinstrument. Wat sal daar met hom gebeur as hy sy instrument die hele dag en miskien nog die halwe nag nie neersit en tussendeur nie enkele ure uitrus nie? Ek sê vir julle: Op hierdie manier sal hy dit geen agt dae volhou nie. Waarom nie? Omdat elke beweging, van die liggaam sowel as van die gees, `n veel groter inspanning van die lewenskragte verg as die toestand van rus.

6 Deur die inspanning van die lewenskragte word dit verteer, waardeur hulle nie versterk, maar natuurlikerwys slegs verswak word. Met die mens is dit egter so gesteld dat tydens `n toestand van rus sy verbruikte kragte deur die voortdurende binnestroming van die Heer uit die hemele weer vervang word. Wanneer die lewenskragte dikwels op hierdie manier deur `n veelvuldige, doelmatige gebruik aangespreek word, dan word die houers juis deur die gebruik vir die verdere opname van die lewenskragte langsamerhand steeds wyer en sterker. Daardeur moet die mens dan by `n stapsgewyse geordende lewenswyse vanselfsprekend in krag en sterkte toeneem, omdat hy op hierdie manier as `n houer steeds meer lewenskrag in hom kan opneem.

7 Bygevolg word `n wandelaar, deur `n doelmatige gebruik van die krag in sy voete, van dag tot dag sterker. Hy wat doelgerig op een musiekinstrument oefen, word steeds bekwamer en hy wat hom geestelik ontwikkel sal ook langs die weg van die geleidelikheid steeds beter in staat wees om hom sonder waansinnige vermoeidheid van die gees in die grootste hoogtes en dieptes van die wysheid te verhef.

8 Sou iemand dit egter van vandag tot môre wil bereik, wat iemand wat hom gestadig ontwikkel, in die loop van meer jare bereik het, dan is hy `n dwaas, want hy sal bomatig baie van die geordende toevloeiende geestelike lewenskrag verteer, waardeur hy geestelik totaal uitgeput sal raak.

9 Die hongerige houers vir die lewenskrag sal dan net soos poliepe, alles wat maar binne hulle bereik kom, begin opsuig; vuilis en goud, lig en duisternis, dus alles deurmekaar. Hierdie ongelyksoortige substansies sal in die houers begin te gis; die gees van so 'n gistingsproses sal spoedig die swak houers verskeur en dan is die toestand waarvan julle sê: "By hom is daar `n eentjie op die loop" kompleet!

10 Hieruit kan julle na my mening al baie duidelik aflei dat elke doelgerigte voortgaan of opklim afgewissel moet word met doelmatige ruspouses; dan sal mens, met die grootste gemak in die wêreld, elke goeie bestemming kan bereik.

11 Wie `n groot houer nuwe (druiwe)mos het en dit voortdurend van die een houer in die ander oorgooi om dit daardeur ietwat op te klaar en te versterk, die sal, nadat dit honderd maal gedoen is, buitengewoon teleurgesteld wees. Die mos sal daardeur nie net nie helder bly en kragtig word nie, maar dit sal, omdat daar in elke houer agterbly deur die voortdurend oorgooiery, ten slotte vir die grootste deel verlore gaan. Gun hy die mos in die houer egter die nodige rus, dan sal dit aktief word, alle onsuiwerheid daar vanself uitwerk, daardeur steeds helderder word en hom juis daardeur ook steeds meer versadig met geestelike krag.

12 Het hy eenmaal die eerste graad van klaarheid bereik, dan is dit goed om hom in `n ander, skoon houer oor te gooi, waar daar op die bodem geen onsuiwer droesem meer lê wat die geestelike krag van die wyn kan verswak nie. Dit sal dan op `n suiwer bodem op sigself, dus op eie krag aangewese wees en homself steeds meer deur hierdie kragoefening versterk.

13 Presies so is dit met die mens; van trap tot trap moet hy opklim van verdieping na verdieping. So kom hy steeds hoër in die sfeer van sy lewe en alle insigte daarvan. En so het ons nou ook, sonder om ook maar in die minste vermoeid te geraak het, op ons tweede verdieping aangekom en ons kan hier in hierdie pragtige galerye so gesê alle tyd neem om al hierdie groot heerlikhede in oënskou te neem.

14 Wat die boustyl betref, dit lyk volkome soos die van die eerste twee galerye wat ons al gesien en betree het. Die imposante versierde pilare wat die volgende verdieping dra, is slegs ietwat meer na binne geplaas as die van die vorige galerye.

15 Die verskil met die vorige galery sit allereers in die ander kleur van die boumateriaal, maar in die besonder is die feit, dat hier in die middel van die versierde pilare, in plaas van `n altaar, `n soort groot blombak staan, wat pragtig en sierlik bewerk is en waarin `n klein, natuurlike boompie groei.

16 Julle dink miskien dat die wortels van die boompie die blombak mettertyd sal laat bars. Wees nie daaroor besorg nie. Die wysheid van hierdie mense het daarteen al die nodige voorsorgmaatreëls getref, want as die boompie mettertyd maar sterker word, dan word dit sorgvuldig uitgegrawe en oorgeplant in `n baie groot pot, wat ons eers op die volgende verdieping sal aantref. Daarna word daar in die vaas van hierdie verdieping weer `n nuwe saadjie geplaas, waaruit dieselfde nuwe, edel boompie groei.

17 Het hierdie tuiniershandeling dan ook een of ander geestelike agtergrond? O gewis, my liewe vriende en broeders! Op die eerste verdieping het ons slegs `n altaar in die middel gesien. Dit stel die eerste en in `n sekere sin slegs letterlike kennis van God voor, dus `n saadkorrel wat eers in die aarde moet val om daarin tot `n boom uit te groei waarin die voëls van die hemel dan kan woon.

18 En kyk, hier is die saadkorrel van die eerste verdieping al in die aarde geplaas en daar het al `n klein boompie uitgegroei. Dit gee die toestand weer van die mens, hoe hy `n morele wese word, sodra hy ietwat kennis omtrent God in hom opgeneem het, waar­deur hy dan ook al vir `n toekomstige vrugtedrag geskik word, soos die bied van woonruimte aan die voëls van die hemel. So sal julle op hierdie tweede verdieping verhoudingsgewys ook al die ander aantref.

19 Die vloer van die galery lyk soos witgloeiende erts, die pilare is rooiagtig-groen en die vloer van die versierde pilare waarop die vaas staan, is wit soos `n son. Die vaas self is uit `n stuk robyn gevorm en rus op `n drievoet wat uit vlammende goud vervaardig is en die aarde in die vaas lyk soos smarag fluweel. Die trap rondom die pilare is hier vervaardig uit ligblou materiaal en versier met baie sterk glinsterende groen loofwerk. Die wand van die hoofgebou is roosrooi, die poorte binne-in is van smarag, die middelpilaar, waaraan beide die poortvlerke hang, is van deursigtige goud en die plafon van hierdie galery met sy pragtige versieringe is liggroen en glans sterker as die son, gesien deur liggroen glas.

20 Nou begewe ons onsself egter ook hier na `n deur en sal deur haar goed deursigtige materiaal `n blik na binne werp. Ons is daar: Kyk maar na binne. Wat sien ek? Julle sink volkome onmagtig neer. Wat het julle dan soseer aangegryp? Ek weet dit goed; die nog veel mooier mensegestaltes van hierdie verdieping.

21 Ja, ek sê vir julle, hierdie mense is so beeldskoon dat julle op aarde nie in staat sou wees om sulke skoonheid te aanskou, sonder om onmiddellik die lewe te verloor nie. Ek sê bowendien vir julle; die glans van hierdie skoonheid sou letterlik selfs julle hele aarde in enkele oomblikke volledig oplos. Daarom verlaat ons ook weer hierdie galery en gaan na die derde verdieping, oftewel die vierde galery.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205