Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Goddelik-geestelike wysheid is dwaasheid vir die wêreld

45 Nou het julle ietwat daaroor nagedink en ek sê vir julle: Hier is die situasie as volg: Julle het daaroor kon dink wat julle maar gewil het, en tog het julle `n volkome korrekte en waarheidsgetroue beeld wat ooreenstem met die innerlike betekenis van die ornament gevind. Julle sê nou weliswaar met enige verbasing:

2 As dit so is, dan het mens dit in die ryk van die geeste besonder maklik. Mens kan op die manier volkome gedagteloos en sinloos allerhande onsamehangende frases agtermekaar babbel, en dit nog wel om `n verhelderende antwoord op `n allerbelangrikste lewensvraag te gee; tog het mens uiteindelik onwillekeurig die hoogste wysheid met losse gebrabbel geproduseer.

3 Ons is egter daarenteen van mening dat mens in die gees, om werklik wys te spreek, nog baie oortuigender moet spreek as op aarde, en wel om die tog beslis oortuigde rede dat `n gees, wanneer hy hom in die volkome suiwer toestand bevind, ook meer afdoende en oortuigde hulpmiddele ten dienste staan as op die verbrokkelde, uiterlike wêreld, waar hy bowendien nog deur sy swaar vleesmassa gevange gehou en terneergedruk word.

4 Ja, my liewe vriende en broeders, julle het enersyds wel gelyk wanneer julle die geestelike met aardse maatstawwe meet, maar meet julle die geestelike geestelik, dan sal julle maklik gewaarword dat julle vroeëre gevolgtrekking op `n baie wankelbare basis berus. Julle het seker in die briewe van my liewe broeder Paulus gelees dat hy dikwels gesê het, dat die wysheid van die wyse in Christus, vir die wêreld die grootste dwaasheid sou wees. Dit is dan ook werklik so; maar hoe dan?

5 Kyk, as julle tel, dan dink julle dat die ordening van julle getalle-sisteem volmaak is en geen leemtes ken nie, maar ek sê vir julle, dat daar tussen al die getalle, `n nie te digte kloof is wat slegs vir die hoogste gees sigbaar opgevul is. Welke oordeel sou julle dan vel wanneer een van die hoogste genadelig vervulde geeste voor julle sou gaan staan en tussen die een en die twee, tallose miljarde sou tel en ten slotte sou sê: En tog is die kloof tussen julle twee sistematiese geordende getalle nog lank nie opgevul nie. En wanneer hy julle dan in nog diepere, nie so digte klowe tussen die deur hom getelde miljarde, wat hulle almal tussen julle een en twee bevind, sou lei, dan sal julle sê:

6 Dit wese het `n hoogs oorspanne begrip en klets oor oneindige groothede waar ons niks anders sien as twee vlak by mekaar lêende eenhede nie.

7 `n Ander gees kan na julle toe kom en julle verhale vertel oor julle aarde, oor die gryse prehistoriese, netsoos oor die jongste verlede tyd en die teenwoordige tyd, wat eintlik nooit op aarde plaasgevind het nie. Ja, hy kan nog `n ander streek uithaal; hy kan egte dade uit die teenwoordige tyd na die gryse verlede verplaas en omgekeerd dade uit die gryse verlede oorplaas na die teenwoordige tyd. So kan hy ook die plek verwissel waar die een of ander daad verrig was. So kan hy ook die aarde met die son verwissel en nog meer van sulke dinge wat totaal in teenspraak is met julle beoordelings­vermoë. Hy kan duisend plaas op die plek waar julle één het en ook omgekeerd. Wat sal julle met julle aardse, wys geordende beoordeling daarop sê? Julle sal sekerlik niks anders kan uitbring nie as: Hoor tog net wat die gees basel!

8 Julle sê volgens julle wêreldwysheid; soos wat ek is en dink, so is ek die een wat is en dink. Die gees sal egter vir julle sê: Ek is en ek is nie; ek dink en dink nie; ek is, wat ek nie is nie; en ek dink, soos ek nie dink nie. Wat sal julle daarop sê? Niks anders nie as; kyk tog net, die gees basel alweer! Want volgens die orde wat by ons geld, kan een wat bepaald is, tog nie tegelykertyd `n nie-is wees nie.

9 Kyk, hieruit kan julle maklik aflei dat die geestelike wysheid homself nooit met aardse maatstawwe laat meet nie. Sodat julle `n bietjie begrip daarvan kan kry, sal ek julle slegs die is en nie-is en die dink en nie-dink ietwat volgens die geestelike wysheid toelig. Luister dus!

10 Wanneer `n gees sê: Ek is en dink, dan gee hy daarmee aan dat die Heer in hom alles in alles is; en sê hy van homself; ek is nie en dink nie, dan sê hy, dat sonder die Heer geen enkele wese vanuit homself iets is of iets vermag nie. Maar wat beteken dit dan as die Heer, wat tog ewig alles in alles is, in diepe wysheid iets soortgelyks oor Homself sê? Kyk, dit beteken dan, dat die Heer self in Homself ewig volmaak is en volmaak dink. Wanneer Hy egter sê: Ek is nie en dink nie, dan wil dit sê: Alle wesens is weliswaar skep­sele van My en is My, deur My wil vasgehoue, lewende gedagtes en in die gehele oneindigheid bestaan daar geen ding wat Ek nie gedink het en met My wil geskape het nie; sodat My skepsele egter volkome vry sal wees, laat Ek My gedagtes so volkome vry, asof Ek hulle nie gedink en nie geskape het nie. So kan hulle dan heeltemal vanuit hulself vry dink en handel, asof hulle glad nie van My afhanklik is en asof Ek gladnie meer aanwesig sou wees nie.

11 Kyk, dit is dan die wysheidsin in die geestelike begrippe, wat volgens aardse maatstawwe in hulle geestelike eenvoud inderdaad wel as gebasel aangemerk moet word. Soos die verhoudinge egter in die vir julle ietwat verhelderende wysheidsvoorbeeld lê, so lê hulle ook in alle vooraf aangehaalde rekenkundige en historiese voorbeelde. Daarom kan julle `n gees ook vra: Hoeveel is twee keer vier? En as die gees julle sou antwoord; twee keer vier is Judea of China of Asië of Europa of Jerusalem of Bethlehem of koning Salomo en nog tallose ander dinge meer, dan sou hy julle telkens `n onfeilbare en waar antwoord gegee het.

12 Daarop sal julle sê: Dat twee keer vier agt is, dit sien ons in, maar dat twee keer vier - lande, stede en volkere kan beteken, lyk wel ietwat sterk op gebasel. Vanuit die logiese verstand geredeneer, verseker; maar vanuit die geestelike gesien, waar elke getal `n onuitputlike ooreenstemmende geestelike oerbetekenis het, sal die antwoord volkome korrek wees. Maar ek sien dat die gegewe julle weetgierigheid erg prikkel en julle sou graag `n klein sprankie lig wil hê; daarom sal ek vir julle tog nog `n paar sprankies tevoorskyn laat kom.

13 Kyk, twee keer vier is agt; maar waarom is dit Jerusalem? Kyk, in die getal 8 lê die getal 7 onmiskenbaar ingesluit. Die getal 7 beteken die volmag van die sewe geeste van God wat ooreenstemming het met die sewe kleure en dus ook met die lewe van elke mens. Maar nou het ons by die getal 7 nog die getal 1; wat beteken dit dan? Dit beteken dat hierdie sewe geeste nie sewe, maar in diepste wese slegs volkome één gees is; en dit is as`t ware in die getal 8 uitgedruk, waarin tegelykertyd die geeste van God afgesonder en dan daarnaas tot `n verenigde, op ooreen­stemmende wyse uitgebeeld word, en hierdie verenigde één met die vroeëre, gedeelde 7 die volledige getal 8 gee.

14 Nou stel Jerusalem, onder die werkende beginsel van liefde en wysheid, ook die Heer voor, dit wat julle duidelik uit die beweeg­redes vir die ontstaan van hierdie stad en uit haar doelmatige inrigting kan aflei. Sodoende is die Heer, of Sy Liefde en Wysheid, of die nou net aangeduide stad Jerusalem, volkome identiek; en die getal 8, wat die Heer as een verenigde, volmaakte wese voorstel, moet dan ook dit voorstel, vanuit welke standpunt dan ook bekyk, die Heer in Sy verenigde volmaaktheid. Jerusalem doen dit egter, en daarom kan dit ook met dieselfde reg deur die getal 8 aangedui word.

15 En soos dit met Jerusalem gesteld is, so is dit in diepste wese ook met al die ander gesteld, omdat die Heer tog sekerlik oral alles in alles is. Daarom kan die getal 8 in die bepaalde sfeer, baie goed sowel die een as die ander, beteken.

16 Julle sê nou weliswaar; as dit met 8 so is, dan moet dit ook vir alle ander getalle so wees. Dit is korrek en seker, maar solank julle nog met aardse getalle en maatstawwe omgaan en van oordeel is dat God en die suiwer geeste net so moet tel soos julle, sal julle nie die diepste betekenis van so iets volledig kan begryp nie.

17 Wanneer `n profeet nou sê: Vir God is duisend jaar soos één enkele dag en die getal van alle mense is gelyk aan `n nul voor die Heer, wat sê julle dan van hierdie matematiese verhouding? Want eintlik moet julle tog sê: God het jare en dae ingestel en het die jaar saamgestel uit driehonderd en ruim sestig dae. Hy moet dan tog self eers `n goeie onderskeid tussen die dae en die jare gemaak het, anders sou dit vir Hom sekerlik onmoontlik gewees het om dae en jare so goed georden en goed te onderskei na mekaar te laat volg.

18 Wanneer die Heer dit blykbaar kristalhelder bereken het en self sekerlik die beste weet uit hoeveel dae `n jaar bestaan, hoe kan Hy dan sy eie ingestelde ordening as`t ware vergeet, en so baie argeloos daaroorheen tree en duisend jaar gelykstel met één enkele dag van die jaar?

19 Kyk, so `n tree kom vir julle baie natuurliker voor, omdat julle meer daaraan gewoond is, dit al dikwels gehoor het en ook min of meer passende vergelykinge daaroor gemaak het. Sou julle nooit daarvan gehoor het nie, dan sou die uitspraak vir julle ewe wonderlik in die ore geklink het as wanneer ek vir julle sou sê: sewehonderd-vier-en-dertig jaar is gelyk aan 27 dae en enkele ure en één uur één minuut op sigself.

20 Ek wil julle hiermee maar net aantoon dat die getalle, jare, dae, ure en minute in die gees absoluut nie die betekenis het waarvoor hulle staan nie, maar dat die wysheid van die gees anders is as die van die aardse verstand. Julle sal nou dan hopelik ook `n bietjie begin te begryp dat ek netnou volkome waar tot julle gespreek het toe ek vir julle gesê het: Julle kan vir julle, oor die betekenis van hierdie versiering, dan ook `n willekeurige ooreenstemmende beeld vorm en dan het julle tog die ware betekenis van die ornament van die versierde pilaar volkome beskrywe.

21 Sodat julle julleself egter des te lewendiger daarvan kan oortuig, mag julle `n willekeurige beeld beskrywe wat ooreenstem met die betekenis van die ornament, dan sal ek julle met die genade van die Heer by die volgende geleentheid aantoon, dat ek volkome gelyk het met my stelling.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205