Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Oor die seën van die wyse beperking

90 Dit word in alles, net soos in die gebod, geestelik sowel as natuurlik, absoluut nie as sondig of verkeerd aangemerk dat iemand hom dit toe-eien wat hy met eie hande vir sy behoeftes versamel en vervaardig het nie, en dit gaan selfs sover dat sy buurman volstrek nie die reg het om hom die eiendomsreg, op watter manier dan ook, te betwis nie. Inteendeel, elkeen vind daarin maar net `n volledige beskerming vir die regmatige verworwe eiendom.

2 Daar word weliswaar by alles wat gesê is, net soos deur die gebod self, aan iedereen `n wyse beperking op die versamelreg opgelê, en dat die gebod in natuurlike opsig selfs vanuit die goddelike ordening so bedoel is, blyk sonhelder uit die eerste aangebore oer-eiedomsregte van elke mens, maar hoe? Dit sal ons dadelik sien.

3 Hoeveel het die eerste reghebbende in die mens, naamlik die maag, volgens korrekte maatstawwe nodig? Dit kan elke matige eter tog sekerlik baie noukeurig vasstel. As ons aanneem dat `n matige eter per dag drie pond voedsel nodig het, dan is die hoeveelheid oor driehonderd vyf-en-sestig dae maklik te bereken. Dit is dus die natuurlike behoefte van die mens. Dié kwota mag hy jaarliks vir homself versamel. Het hy `n vrou en kinders, dan kan hy dieselfde kwota vir elke persoon versamel en dan het hy volkome volgens sy natuurlike reg gehandel. `n Groot eter, wat besonder swaar werk moet verrig, mag sonder meer die dubbele hoeveelheid versamel.  

4 As elkeen hom daaraan hou, sal daar nooit oor gebrek op aarde gekla hoef te word nie, want haar vrugbare oppervlak is so deur die Heer ingerig, dat sy by `n goeie bewerking en verdeling van die grond, twaalf miljard mense ryklik in hulle lewensonderhoud daarop kan voorsien. Maar teenswoordig lewe daar iets meer as een miljard mense op aarde, waarvan daar so 'n sewehonderd miljoen gebrek ly.

5 Wat is die oorsaak daarvan? Omdat juis die voorwaardes van hierdie goddelike wet, wat in die natuur van elke mens gegrondves is, nie in die praktyk ten uitvoer gebring word nie. 

6 Laat ons net verder gaan. Hoe groot `n mens is en hoeveel hy nodig het om sy huid te bedek, is ook maklik te bereken. Dit is elkeen toegestaan om hom ooreenkomstig die gesteldheid van die jaargetye, `n viervoud aan kleding te verskaf. Dit is die passende natuurlike maatstaf vir die aanskaf van kledingstowwe en die verwerking daarvan. Daarby wil ek, wat die bokleding betref, nog net soveel daarby toevoeg en, vanweë die verskoning, viermaal soveel vir die ondergoed.

7 Wanneer mens hom by hierdie maatstaf hou, sal daar op die gehele aardoppervlak geen naakte mens meer rondloop nie. As daar egter op aarde enorme fabrieke vir die vervaardiging van kledingstowwe gevestig word, wat die grondstowwe vir afgedwingde spotpryse inkoop en `n groot hoeveelheid daarvan eerder luuksueuse as nuttige kledingstukke fabriseer, dit dan meestal vir ten hemel skreiende pryse aan die behoeftige mens­dom verkoop, en dan ook nog baie welgestelde mense, veral vroue, hulle met verloop van `n jaar of tien, met meer as `n honderdtal kledingstukke voorsien, dan word die natuurlike ewewig uitermate versteur. Maar laat ons verder gaan.

8 Hoe groot moet `n huis wees eintlik om `n paar mense met familie en die nodige personeel behoorlik en gerieflik te huisves? Gaan julle maar net na die platteland en oortuig julle daarvan, en dan sal julle sekerlik daaroor eens word dat daar vir `n behoorlike en gerieflike huisvesting, geen honderd kamers tellende kastele en paleise nodig is nie.

9 Wat bo die normale proporsies uitgaan, druis in teen God se ordening en dus ook teen Sy gebod.

10 Hoe groot moet `n stuk grond dan wel wees? Laat ons `n land met `n gemiddelde opbrengs neem. Daarop kan, by `n middelmatige bewerking, en wel op `n oppervlak van duisend van julle vierkante klafters, één persoon, selfs met `n gemiddelde jaaroes, gedurende een jaar ruimskoots in sy lewensonderhoud voorsien. By goeie grond is die helfte voldoende, by minder goeie grond reken ons per persoon die dubbele van die middelmatige grond. Die aantal persone wat `n familie tel bepaal dientengevolge die grootte van die grondoppervlak, wat hulle natuurregtelik in besit mag neem. Ons sal egter by die uitmeet baie vrygewig wees en gee dubbel per persoon; daarby stel ons vas dat dit ook volkome natuurregtelik deur God gebillik is. As die grondstukke so verdeel sou word, dan sou daar op die aardoppervlak ook meer as sewe miljard families `n volledige versekerde grondbesit kan vind.

11 Soos dit egter nou met die grondverdeling op aarde daaruit sien, behoort die grond geheel en al aan enkele grootgrondbesitters. Die res van die volk is ten dele, oftewel slegs mede-eienaar, ondereienaar of pagter, maar verreweg die grootste deel van die volk op aarde het nog geen klip om onder sy hoof te lê nie.

12 Wie dus, in welke opsig dan ook, meer as hierdie aangegewe afmeting besit, die besit dit in stryd met die goddelike en die natuurlike wet en hy sondig dan sodanig voortdurend teen die gebod. Hierdie sonde kan hy slegs goedmaak, wanneer hy die grootste moontlike graad van vrygewigheid besit en homself in `n sekere sin slegs as saakwaarnemer beskou, wat sy te groot besitting vir die korrekte aantal besitloses bewerk. Hoe dit in die gebod beslote lê, sal ons by die tweede punt van hierdie nabeskouing sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205