|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Hemelse en helse beginsels
118 Ek het alweer iemand so te sê in die visier, wat sê: Alles goed en wel; die aanskouing van die verskyningsvorm van die hel kan baie nuttig wees, maar nie vóór mens weet, wanneer by `n mens, of by `n hele geselskap, die sigbare hel hom so uitgesproke manifesteer dat dit tot hoofpolariteit word, en of diegene by wie dit hom so manifesteer, werklik tot die hel behoort. Kortom, mens moet eers presies weet wie daar in die hel kom en hoe en wanneer mens daarin kom, anders het alle uitgebreide kennis van die sigbare van die hel net geen nut nie. Wie nie weet waar, hoe en wanneer hy in hande van die vyand kan val nie, is reeds verlore, want waar hy hom die veiligste waan, juis daar sal hy deur sy vyande oorval word en verseker reddeloos verlore gaan. Daarom is die vraag: Wanneer kom `n sondaar, hoe hy ookal geaard mag wees, in die hel, al dan nie?
2 Hierdie vraag kan mens met reg stel, omdat mens in die heilige Skrif soveel voorbeelde het waarby bepaalde sondaars in die hel kom en sondaars van dieselfde soort gered word. Maar ek, Johannes, sê: Hierdie vraag klink weliswaar as sou daar `n wyse rede voor wees, maar tog is dit hier gladnie die geval nie. As ek `n beskrywing van die hel gee, dan gee ek ook indirek aan, wie ook eintlik die hel verdien. Mens sal hom tog hopelik by die beeld van die begrip hel geen konkrete oord van opsluiting voorstel nie, maar slegs `n toestand waarin `n vrye wese homself deur die geaardheid van sy liefde, deur sy handelswyse, kan bring. Elke mens wat maar ietwat in staat is om volwasse te dink, sal nou tog maklik begryp dat `n mens aan die hel gebonde is, solank hy volgens haar beginsels handel. Haar beginsels is heerssug, eieliefde en selfsug. Hierdie drie staan lynreg teenoor die hemelse beginsels, naamlik deemoed, liefde tot God en liefde tot die naaste.
3 Hoe maklik is hulle van mekaar te onderskei, ja makliker as die nag van die dag. Wie by homself duidelik wil ervaar of hy tot die hel of tot die hemel behoort, moet sy gemoed sorgvuldig ondervra. Sê dit vanuit sy wesenlike neiging en liefde voortdurend: Dit is myne en dit is ook myne, en dit wil ek hê en dit wil ek ook nog hê, hierdie vis is myne en die ander wil ek ook nog vang, gee my alles, want ek sou graag alles wil hê, ja ek moet alles hê, - dan is, waar die gemoed hom so laat hoor, die hel nog die oorheersende pool.
4 Maar wanneer die gemoed sê: Daar is niks, nóg die een, nóg die ander, wat ek as my eiendom mag beskou nie; alles is van Hom en ek is as die geringste, niks werd nie, en as ek iets het of sou gehad het, sal dit nie van my nie, maar van my broeders wees. As dit die innerlike antwoord van die gemoed is, dan is die hemel die oorheersende pool.
5 As iemand byvoorbeeld `n meisie uitgekies het, waarop `n ander ook sy oog laat val het, en die eerste word, as die tweede ook aanvaar word, dadelik vreeslik jaloers, dan is die hel reeds die oorheersende pool by hom. Maar sê die eerste: Liefste meisie, slegs jy is die baas oor jou eie hart. Ek het jou waaragtig lief en daarom verlang ek geen offer van jou nie; ek is wel bereid om vir jou beswil `n offer te bring; daarom is jy, wat my betref, volkome vry. Doen derhalwe wat jy wil en soos jy dit goeddink; my opregte geneigdheid en vriendskap sal jy daardeur nooit verloor nie. Want sou ek jou dwing om my jou hand te gee, dan sou ek slegs myself in jou liefhê en jou tot slavin maak. Ek het egter nie myself lief in jou nie, maar slegs jou in myself. Daarom het jy, wat my betref, ook die volle vryheid om hom te kies, wat jou vir jou geluk die meeste geskik lyk.
6 Kyk, in hierdie taal straal reeds die lig van die hemelburger deur, want so spreek mens in die hemel. En wie so vanuit die grond van sy hart kan spreek, het al geen druppel meer van `n potensiële hel in hom nie.
7 Wie homself by hierdie hoogs gevoelige kwessie so kan verloën, sal homself by ander, minder gevoelige kwessies des te gemakliker verloën. Wie daarby egter jaloers word en dadelik die bande met sy geliefde verbreek, haar in sy hart met veragting, wrok en woede verwens en sy mededinger net so bejeën, die handel reeds vanuit die hel, wat by hom duidelik die oorheersende pool is.
8 Vir die hemelse mens geld die volgende reël: Wie by `n bepaalde strewe merk dat iemand anders dieselfde ambisies het, moet self onmiddellik `n treetjie terug tree en sy naaste, by die verwesenliking van sy liefde, geen strooibreedte in die weg lê nie. Want dit is beter om in die wêreld by elke geleentheid met leë hande te bly staan, as om iets met een of ander nog so onbeduidende stryd te wen.
9 Hoe meer iemand hier opoffer, des te meer sal hy in die hiernamaals vind. Wie hier `n woljas offer, sal daar `n goue vind; wie twee offer, sal tien daar vind en wie hier `n uitverkore vrou offer, vir hom sal daar `n honderd onsterflikes tegemoet kom. Wie hier aan iemand ook maar `n skraal stukkie grond afstaan, aan hom word daar `n hele wêreld gegee. Wie hier één gehelp het, na hom sal in die hiernamaals honderd hulle arms uitstrek en hom help in die ewige lewe! En so sal niemand iets verloor van dit wat hy hier opgeoffer het nie. Wie oorvloedig saai, sal ook oorvloedig maai, maar wie karig saai, sal ook karig maai.
10 Ek dink, dat dit nou wel voldoende sal wees om aan elkeen goed duidelik te gemaak het, wanneer die hel en wanneer die hemel die oorheersende pool by hom word. Daarom sal niemand dit nog nodig vind om vorendag te kom met die belaglike vraag: Wie kom daar in die hel, wie in die hemel en hoe en wanneer kom mens daarin? Niemand kom in die hel nóg in die hemel nie, want iedereen dra beide in hom.
11 Oorheers die hel, dan is die hele mens self al heeltemal hel; maar oorheers die hemel, dan is die hele mens self ook al heeltemal hemel. Daarom hoef niemand ook te vra nie: Hoe lyk dit daar in die hemel en hoe in die hel? Laat elkeen na sy eie polariteit kyk, dan sal hy presies sien hoe dit daar in die hel of in die hemel lyk.
12 Want daar is nêrens `n oord wat hemel of hel heet nie, maar dit alles is elke mens self. Niemand sal ooit in `n ander hemel of in `n ander hel kom as in die, wat hy in hom dra nie.
13 Julle het julle voldoende daarvan oortuig toe ons onsself in die sentrale son bevind en daar wonderlike dinge gesien het. Waar is hierdie son? In julleself. Waar is ons nou? Oënskynlik weliswaar op die geestelike son, maar in werklikheid in onsself.
14 Hoe so iets moontlik is, laat elke droom julle sien en daaroor het julle reeds die mees afdoende verhandelinge ontvang. En presies so is dit dus gesteld (met uitsondering van die droom, waarin dit wat hom voordoen, onwerklik is) met die grootste en helderste bestaansvorm in die absoluut geestelike toestand. Om dit nog grondiger te begryp, sal ons in die vervolg enkele voorbeelde bekyk.
|
|
|
|
|