Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Ineenvloeiing van tyd en ewigheid

46 Ek het die ooreenstemmende beeld wat julle vir julleself gevorm het, verneem en goed begryp, en ek moet bowendien nog aan julle beken dat julle op julle aarde binne `n kort tydjie miljoene sou besit het as julle van die hoofprys in die lotery ewe seker sou gewees het as nou oor die korrektheid van julle vergelyking oor die innerlike betekenis van die aanwesige ornament. Julle het die spyker op die kop geslaan, maar dit sê hier nie al te veel nie, want waar mens die spyker nêrens anders as op die kop kan tref nie, is dit ook geen kuns nie, ja selfs geen sukses meer om die spyker op die kop te slaan nie. Want julle sou ewegoed kan sê: Die onderste spits piramide stel `n "muis" voor en die hangende bal `n "kat", en julle sou die saak ewe korrek omskrywe het as met "tyd" en "ewigheid". Dat dit alles egter korrek is, sal ons volgende beskouing nou dadelik duidelik maak.

2 Dat `n bal, wat nêrens `n begin en `n einde het nie, en in alle redelikheid die ewigheid beteken, net soos dit met die ewigheid ten nouste verwante oneindigheid, - dit is al `n oeroue simboliese waarheid.

3 `n Sirkel beteken ook wel die ewigheid, maar slegs so, dat hy in `n sekere sin soos `n oneindige opeenvolging van tye beskou kan word. Maar die ewigheid op sigself, wat in `n sekere sin nóg verlede, nóg toekoms, maar `n voortdurende hede is van alles wat al vir ondenkbare tye gebeur het en na ondenkbare tye nog sal gebeur, word geheel uitgebeeld in `n oneindige, volkome in die hede aanwesige tydsfaktor, - dit word dan simbolies voorgestel deur `n bal.

4 Maar `n spits piramide met `n ronde vorm (kegel) dui ongetwyfeld `n opeenvolging van tye aan. Waarom? Omdat, om te begin, die sirkel van die puntpiramide uitgaan vanuit die ewigheid en word so aangegee, deurdat hy eintlik `n uitgerekte bal beskryf waarvan die sirkels na die spits toe steeds kleiner word. Sny julle so `n, na twee kante uitgerekte bal in die middel deur, dit wil sê deur die gordel, dan sal julle twee piramides (kegels) kry, wat dan wil sê dat deur hierdie manipulasie die eintlike ewigheid op sigself uitgerek is tot `n opeenvolging van tye. Omdat julle die uitgerekte bal by die gordel in twee gedeel het, lê alle gebeurtenisse daar tussen in, want daar is hulle begin en hulle einde.

5 So kan julle ook geen begrensde tyd vir julleself voorstel nie, maar wel `n ingedeelde tyd. Indien julle egter `n uitgerekte bal as `n tot tydperke uitgedyde ewigheid indeel, dan lê daar soos gesê, een of ander gebeurtenis van begin tot einde tussenin, waarsonder daar nie aan `n tydsindeling gedink kan word nie. Dink maar net na; hoe lank meet julle al die tyd? Vanaf julle geboorte tot by die huidige lewensperiode. Kyk, dit is julle tydsdeursnee; dit omsluit die begin en die einde van julle aardse lewe en na beide kante is daar `n eindelose uitgestrekte lyn, waarvan die einde nêrens anders vir julle te vinde is nie, as slegs by julle lewensdeursnee, dit wil sê dat daar voor julle geboorte `n ewige lang tyd verstreke was en na julle oorgang ook weer `n oneindige tydsduur sal volg.

6 Kyk nou net na ons ornament; `n bal, volkome deursigtig, hangend aan `n ook volkome deursigtige gladde snoer. Met sy onderkant raak hierdie bal die top van ons ronde piramide. Wat wil dit sê?

7 Die op sigself volledige ewigheid of oneindigheid, wat deur die bal voorgestel word, brei hom in die piramide uit tot `n ewige opeenvolging van tye en vloei vanuit die bal, soos vanuit `n ewige oerbron, as`t ware deur die spits piramide in die aan dade en werke ryke tydsperiode uit.

8 Uit hierdie nou soveel moontlik verklarende volsinne, kan julle sekerlik taamlik goed begryp dat julle beeld as voorlopige verklaring oor die betekenis van die ornament verseker besonder goed geslaagd is, want julle mag dit wend of omkeer soos julle wil, tog sal julle altyd dieselfde eindresultaat verkry.

9 Maar hoe is dit dan met die kat en die muis? - Kyk, julle hoef die saak maar net om te draai en die beeld is weer dieselfde. `n Kat is `n dier wat voortdurend vervul is met moordlus vir muise en ook ander muisagtige diertjies; die piramide stel dus `n muis voor, soos wat al in die begin gesê was, en die bal die kat.

10 Soos wat die kat as roofdier, egter voortdurend die muise wil verslind, so verslind ook die ewigheid voortdurend alle uit haar na buite getrede tydsperiodes en al die daarin verrigte werke.

11 In die ewigheid kan julle alles, verlede, hede en toekoms, dan op één punt saam aantref. Wanneer dit egter so aangetref word, dan moet dit aangetref word as iets wat verslind is.

12 Kyk net na ons kat: As julle haar geestelik sou kan beskou, dan sou julle niks anders in die dier sien as `n samevoeging van `n byna ontelbare aantal muise en muisagtige diertjies. Dat dit korrek is, daarvan getuig die taamlike sterk gelykenis tussen beide hierdie diersoorte. By `n kat is alles slegs meer afgerond, dit wat aangee dat die hele inhoudelike ruimte groter is, net soos by die bal. By die veel kleiner muis is alles spitser; dit wat op `n veel geringer inhoudelike ruimte wys.

13 Julle sê nou weliswaar: As `n verhelderende beeld volkome waar wil wees, dan moet dit ook die ondergang en nie slegs die opgang of terugkeer aangee nie, dus die nuttiging, net so goed as weer die vertering daarvan. Dit is waar, die kat verslind die muise soos die ewigheid die tydsperiodes en haar werke, maar die tydsperiodes en haar werke kom ook weer uit die ewigheid voort. Maar of die muise ook uit die kat voortkom? Daaroor skyn die baie wyses uit die môreland te swyg en ons is van mening dat ons so iets, selfs met `n klip van wysheid so groot soos `n sentrale son in ons hand, nouliks sou kan verklaar!

14 Ja, my liewe vriende en broeders, met julle aardse wysheid sou dit wel ietwat moeilik gaan, maar tog was daar by die ou wyses `n skat aan spreekwoorde, waarmee `n egte wyse taamlik goed kon uitlê, dat uit die katte, via `n sekere natuurlike kringloop, die muise uiteindelik weer uit die kat voortkom. Julle sê: Iedereen berei graag sy eie stokperdjie; die oues sê: ‘similis simili gaudet’, soort soek soort, en nog veel meer soortgelyke spreekwoorde.

15 Julle weet egter dat by die afsterwe van `n dier, slegs sy dierlike senuweegees na `n hoëre orde opstyg; die agtergeblewe liggaam, as `n samevoeging van laer natuurpotensies, val dan weer uiteen en keer, via die kringloop, weer presies terug tot die stadium wat, volgens die vasgestelde ordening, sy voorganger was.

16 Die kat neem die lewe van die dierewêreld wat hom verteer in homself op en bevorder dit in homself na `n hoër trap. Maar die liggaam van die kat maak `n stap terug en die nog in hom aanwesige kragte ontwikkel hulleself, via die kringloop, weer tot muise; en daarom (elkeen is sy eie naaste) behou ook die kat van haar eie wese, wat deur die geordende kringloop teruggekeer het in die muis en in alle diertjies wat op `n daarmee verwante trap staan.

17 So sien julle nou dat die beeld ook korrek is en ons het by hierdie geleentheid ons ornament so uitvoerig moontlik belig. Omdat daar uit die baie deursigtige materie hier nie veel meer af te lei is nie, sal ons onsself dadelik na `n hoër verdieping begewe, en wel na die negende verdieping, oftewel die tiende galery.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205