|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 80
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Oor tweërlei liefdes
80 Sommiges sou dan wel kan sê: Moses het later nader daarop ingegaan en het verklaar dat: Volgens die orde slegs die geslagsdaad tussen geseënde eggenotes geoorloof is, maar in alle ander gevalle verbied word. Hy het bowendien verordineer dat elke ander geslagsdaad, veral wanneer `n getroude man dit sou begaan met die vrou van `n ander man, as egbreuk beskou moet word en dat die egbrekers hulle beide aan `n doodsonde skuldig gemaak het. Dit is korrek, maar latere verordeninge het ewenwel aangegee dat die wet, wat in die begin gegee was, tog geen ander inhoud gehad het nie. Wie hom daaraan wou bind, moes hom by die oorspronklike voorskrifte gehou het, want nóg onkuisheid, nóg egbreuk was op `n bepaalde manier daarin verbode.
2 Ons het tot nou toe duidelik uitgelê wat mens uiteindelik onder onkuisheid sou kan verstaan. Aangesien alles egter op die geslagsdaad wys, kan mens dan ook die tot nou toe aan ons bekende vorm van onkuisheid, onmoontlik dan deur hierdie wet as verbode beskou.
3 Maar nou meld iemand hom aan met ervaring op die gebied, wat sê: Onder die onkuisheid wat verbode is, word slegs die bevrediging van die sinlike lus sonder meer bedoel. Goed, sê ek, maar wanneer `n man, wat by `n vrou wat nie deur haar eie man bevrug kan word nie, daadwerklik `n kind verwek, dan is dit die vraag of dit hom as sondige egbreuk aangereken kan word. Ek vra verder: Wanneer `n jongman, gedrywe deur sy natuur, by `n meisie `n kind verwek het, kan dit hom dan as `n sonde van die onkuisheid aangereken word?
4 Ek vra verder: As `n man, wat uit ervaring weet dat sy vrou onvrugbaar is, tog gemeenskap met haar het, omdat sy aantreklik is en hom bekoor en hy op die manier slegs maar sy sinlike behoefte bevredig, kan hierdie daad hom dan as sonde van die onkuisheid aangereken word?
5 Ek vra verder: Daar is veral in hierdie tyd altyd `n groot aantal mense van beide geslagte wat sekerlik wel tot voortplanting in staat is en `n sterk natuurlike drang besit, maar vanweë politieke en behoeftige omstandighede nie in staat is om te trou nie. Wanneer sulke dubbel geplaagde mense nou die geslagsdaad begaan, sondig hulle dan teen die sesde gebod?
6 Mense sal sê: Hulle moet hulle drifte aan God opoffer en geen geslagsgemeenskap hê nie, dan sal hulle nie sondig nie. Maar ek sê: Watter regter kan so `n daad tot egte sonde verklaar? Wat het `n ryke dan, wat hom `n keurige vrou kan veroorloof teen die van `n arme, wat hierdie geluksaligheid moet ontbeer? Sou die welgestelde dan meer reg hê op die verwekking van synsgelyke, as `n arme? Heilig die geld dan die verwekking, omdat die ryke hom die regmatige besit van `n vrou kan veroorloof, dit wat vir `n duisend minderbedeeldes onmoontlik is?
7 Bowendien kan mens hom nog afvra wie dan eintlik die skuld dra vir die veelvoudige verarming van die mense? Sekerlik niemand anders as die gelukkige ryke wat deur sy baatsugtige spekulasie, baie rykdom na hom toe trek, waarby dikwels so `n duisend mense sekerlik voldoende sou hê om `n fatsoenlike huwelik te kan sluit. Tog sou slegs die ryk eggenoot vry wees van die sonde van die onkuisheid as hy by sy regmatige vrou kinders verwek, terwyl slegs die arme die sondebok sou wees, juis omdat hy hom geen vrou kan veroorloof nie? Sou dit nie dieselfde wees as wanneer mens op aarde een of ander bedevaartplek sou aanwys met oplegging van die gebod dat niemand hierdie plek te voet mag besoek om daar een of ander genade te ontvang nie, maar dat elkeen wat hierdie plek besoek en `n genade wil ontvang, in `n hoogs elegante koets aangery moet kom?
8 Wie so `n gebod regverdig sou vind, sou tog sekerlik werklik van `n wêreld af moet kom waarvan selfs die Skepper van hemel en aarde niks weet nie, dit wil sê, van `n wêreld wat nêrens bestaan nie: Of hy sou `n afgevaardigde van die satan moet wees!
9 Ons sien nou egter uit hierdie beskouing dat ons met die uitleg van ons sesde gebod geen tree verder gekom het nie. Wat sal ons nou doen om die diepste betekenis uit hierdie gebod te kan aflei? Ek sê vir julle vooraf dat dit nie so eenvoudig is as wat mens sou dink nie. Ja, ek sê:
10 Om die korrekte betekenis van hierdie gebod te vind, moet mens baie diep gaan en die saak by die wortel aanpak; anders sal mens hom daarby steeds in `n twyfelagtige situasie bevind, waarin mens maklik dit, wat in die verste verte geen sonde is nie, as sonde sal beskou en wat werklik `n sonde is, nouliks die moeite werd vind om dit as sonde te beskou.
11 Waar lê hierdie wortel nou? Ons sal hom dadelik vind. Julle weet, dat die liefde die oergrond en die basisvoorwaarde van alle dinge is. Sonder liefde sou daar nooit enige ding geskape gewees het nie en sonder liefde sou daar, hoe dan ook, geen bestaan denkbaar gewees het nie, net so min as wat daar, sonder wedersydse aantrekkingskrag, ooit `n wêreld, volgens die wil van die Skepper sou gevorm het nie. Wie dit nie kan verstaan nie, moet hom maar net `n wêreld voorstel sonder hierdie wedersydse aantrekkingskrag, en dan sal hy spoedig sien hoe alle atome van `n wêreld hulle skielik van mekaar sal skei en dan as`t ware in die niet vervlugtig.
12 Bygevolg is die liefde die grond van alles en tewens die sleutel tot alle geheime.
13 Maar hoe kan mens nou juis die liefde op `n verhelderende manier met ons sesde gebod in verband bring? Ek sê vir julle, niks is makliker as dit nie, omdat geen enkele daad in die wêreld so innig met die liefde verwewe is nie, as juis dit wat ons as sonde en onkuisheid beskou.
14 Ons weet egter dat die mens tot twee soorte liefdes in staat is, naamlik tot goddelike liefde, wat teen elke eieliefde ingaan, en tot eieliefde, wat teen elke goddelike liefde ingaan.
15 Nou is dit die vraag: Wanneer iemand die voortplantingsdaad begaan, watter liefde was dan die beweegrede daarvan; die eieliefde, waaronder ook elke genotsug val, of die goddelike liefde, wat, homself geheel en al vergeet, en slegs wil gee wat sy het? Kyk, nou het ons die eintlike kern van die saak, en ons is al taamlik op die spoor.
16 Gestel, daar is twee mense: Die een begaan die daad uit selfsugtige genotsug, maar die ander is vol dankbaarheid om tot voortplanting in staat te wees en sy saad aan `n vrou deur te kan gee om `n vrug in haar te verwek. Wie van die twee het nou daar gesondig? Ek dink dat dit nie moeilik is om hier regter te speel en `n korrekte oordeel te vel nie.
17 Sodat die saak vir ons egter volkome duidelik mag word, moet ons onsself ook ietwat meer met die begrip "onkuisheid" vertroud maak. Wat is kuisheid en wat is onkuisheid? Kuisheid is die gemoedstoestand van die mens waarin hy vry is van alle selfsug, of waarin hy gesuiwer is van alle smet van die eieliefde. Onkuisheid is die gemoedstoestand, waarin die mens slegs aan homself dink, vir homself handel, en sy naaste, veral waar dit sy vrou betref, heeltemal vergeet.
18 Die selfsug is egter nêrens smadeliker nie, as juis by die daad waar dit oor die voortplanting van `n mens gaan. Waarom dan wel? Die oorsaak is voor die hand liggend. Soos die grond en soos die saad is, so word ook die vrug. Is goddelike liefde, dus kuisheid, die saad, dan sal daar ook `n goddelike vrug tevoorskyn kom; maar is eieliefde, selfsug en genotsug, dus die onkuise toestand van die gemoed, die saad; watter vrug sal dan daaruit voortkom?
19 Kyk, daarin lê beslote wat deur die sesde gebod verbied word. Sou die gebod in ag geneem gewees het, dan sou die aarde nog `n hemel gewees het, en daar sou geen selfsugtige en heerssugtige mense op haar gewees het nie! Maar die gebod was al by die begin van die mensdom oortree en die vrug van hierdie oortreding was die egoïstiese en selfsugtige Kain.
20 Daaruit volg egter dat, nie slegs die sogenaamde foutiewe omskrewe "ontug", wat mens eerder "genotsug" sou kan noem, in die ry van die sondes wat deur ons behandel is, tuishoort nie, maar elke vorm van genotsug, hoe ookal. Maar dit moet veral as sonde van onkuisheid beskou word, as `n man die swak vrou egoïsties tot sy lusobjek maak. `n Kort vervolg sal ons hierdie saak nog helderder voor oë stel.
|
|
|
|
|