Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die vyfde gebod in die vyfde saal, geestelik belig

78 Julle sien in hierdie vyfde saal weer `n bord, waarop in goeie leesbare skrif geskrywe staan: "Jy mag nie doodmaak nie". Wanneer julle hierdie gebod slegs enigermate teen die lig hou en daarby ook die geskiedenis van die Israelitiese volk beskou, dan moet julle wel meer as `n drievoudige staar op julle oë hê, as julle op die eerste oogopslag nie sou sien dat daar iets besonders met die gebod aan die gang is nie. "Jy mag nie doodmaak nie"! Wie, waar, wanneer en wat dan?

2 Wat beteken trouens "dood"? Beteken dood slegs die liggaam leweloos maak, of beteken dit die gees van sy hemelse lewenskrag beroof? As slegs die dood van die liggaam van die mens wetlik beperk word, dan kan daarmee tog onmoontlik die dood van die gees bedoel word, want daar staan immers geskrywe dat elke mens in `n sekere sin sy vlees moet dood om so sy gees te verlewendig, soos ook die Heer Self gesê het: "Wie sy lewe, dit wil sê die lewe van sy vlees, liefhet, sal dit verloor; wie dit egter om My onthalwe ontvlug, hy sal dit behou".

3 Presies so sien ons dit ook in die natuur. Sterf die buitekant of die huls by `n vrug nie af nie, dan kan die vrug geen lewende kiem voortbring nie. Uit dit alles blyk dus, dat die dood van die vlees nie tegelykertyd die dood van die gees kan beteken nie. Word egter onder hierdie wet slegs die dood van die gees verstaan, wie is dan nog seker van sy liggaamlike lewe?

4 Daarenteen is dit ook aan elkeen bekend dat die teenwoordige veelvuldig voorkomende verheerliking van die vlees, niks anders is nie as "die dood van die gees nie". Beskou julle daarnaas die geskiedenis van die Israelitiese volk, waaraan in `n sekere sin, soos julle gewoond is om te sê, hierdie wette vars gebak gegee was, dan ontdek julle die merkwaardige teenstrydigheid, dat Moses, die bringer van die wette, self eers `n groot aantal Israeliete laat dood het, terwyl sy opvolgers dieselfde moes doen met hulle wat hierdie wette oortree het.

5 "Jy mag nie doodmaak nie" - hierdie wet het, net soos al die ander, in die ‘Ark van die Verbond’ gelê. Wat het die hele Israelitiese leër met die vroeëre bewoners van die Beloofde Land gedoen toe hulle binnetrek? Wat het selfs Dawid, die man na God se hart, gedoen? Wat het die groot profeet Elia gedoen? Kyk, hulle almal het doodgemaak en wel baie dikwels en dikwels selfs op `n taamlike wrede manier.

6 Moet diegene onder julle wat nugter en onbevange van gees is, nie by hulleself dink en vra nie: Wat vir `n gebod is dit, waarteen niemand anders nie as, die deur God gestuurde profete, genood­aak was om daarteen te handel nie.

7 So`n gebod is tog so goed as geen gebod nie. Ook in ons tyd is die dood van broeders tydens die oorlog selfs `n eresaak! Ja, die Heer Self dood dag in en dag uit, wat hulle liggaam betref, legioene mense, en tog staan daar: "Jy mag nie doodmaak nie"! En Dawid moes selfs `n leëraanvoerder laat ombring het omdat hy, ondanks die eedaflegging, `n plek wat vernietig moes word, gespaar het. 

8 Goed, sê ek, so is dit met hierdie gebod op aarde gesteld. Maar hier sien ons dit in die ryk van die hemele, waar geen wese die ander nog kan dood nie en waar sekerlik niemand ook maar die minste daaraan sal dink om iemand te dood nie. Waarom staan dit dan hier op die bord geskrywe? Miskien uit suiwer historiese oorweginge, sodat die leerlinge hier sal leer watter gebooie daar op aarde is en was? Of moet hierdie allersagmoedigste kindergeeste vanweë die gebod miskien vir `n bepaalde tyd in `n moordlustige stemming gebring word, om dit dan met die wet voor oë, in homself te bestry? Dit sou mens weliswaar kan aanneem, maar tot watter gevolgtrekking of welke eindresultaat sal mens dan kom? Ek sê vir julle niks anders nie as: Wanneer hierdie moordlus ten slotte tog weer van die kinders afgeneem moet word, omdat hulle hulleself as moordlustiges, ten opsigte van die wet, voldoende betroubaar getoon het, dan moet mens tog ook aanneem dat hulle daarby nóg iets sou gewen het, nóg iets sou verloor het; asof hulle nooit van hierdie moordlus vervul sou gewees het nie.

9 Ek sien egter dat julle nou na hierdie grondige behandeling van die tema self, nie meer weet wat julle eintlik van hierdie gebod moet dink nie. Maak julle geen sorge daaroor nie; enkele woorde sal voldoende wees om alles wat tot nou toe vir julle twyfelagtig was, in die helderste lig te plaas, en dan sal hierdie wet ewe waardig as op aarde, ook in die hemel soos `n son aan die hemel straal!

10 Sodat julle egter nou die volgende verklaring maklik en terdeë sal begryp, maak ek julle slegs nog daarop attent dat in God die ewige behoud van die geskape geeste die onwrikbare grondvoor­waarde van die gehele goddelike ordening is. Noudat julle dit weet, kyk dan net na die teenoorgestelde, naamlik na die vernietiging, en julle het die gebod, sowel in geestelike as in liggaamlike sin, betekenisvol voor julle.

11 Sê daarom in plaas van; “jy mag nie doodmaak nie” – sê dan, “jy mag niks vernietig nie”, nóg jouself, nóg alles wat van jou broeder is, want die behoud is die ewige grondwet in God Self; daarom is Hy ewig en oneindig in Sy mag. Maar omdat op aarde, ook die liggaam van die mens tot aan die deur God bepaalde tyd vir die ewigdurende ontwikkeling van die gees noodsaaklik is, het, sonder `n uitdruklike gebod van God, niemand die reg om eiemagtig sy eie liggaam, nóg die van sy broeder te vernietig nie.

12 As hier dus van `n gebod tot behoud sprake is, dan is dit ook vanselfsprekend dat mens nog minder die reg het om die gees van sy broeder, ewemin as sy eie gees, deur welke middel dan ook te vernietig en vir die verkryging van die ewige lewe ongeskik te maak. God dood weliswaar daagliks liggame van mense, maar op die korrekte oomblik, as die gees op een of ander wyse `n bepaalde rypheid bereik het. Ook die engele uit die hemel, as bestendige dienare van God, dood voortdurend liggame van mense op aarde, maar nie voordat hulle van die Heer opdrag gekry het nie, en dan slegs op die manier, soos die Heer dit wil hê.

13 So leer ook die kinders hier langs die geestelik praktiese weg waaruit die behoud van die geskape dinge bestaan en hoe hiermee, verenig met die wil van die Heer, steeds op die mees sorgvuldige wyse omgegaan moet word. En as julle dit nou ook maar ietwat begryp het, dan sal julle ook goed insien hoe waardevol hierdie wet is, en bowendien waarom dit ook hier in die ryk van die hemelse kindergeeste voorkom. Omdat ons dit nou weet, sal ons onsself ook dadelik na die sesde saal begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205