Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

In die tweede hel

107 Weet julle waarom die mense op aarde gehoorsaam is? Die antwoord is baie maklik te gee. Miskien uit groot agting vir die persoon wat heers? O nee, want op hulle wat mens hoog ag, skel mens gewoonlik nie in die geheim nie; nog minder vervloek en verwens mens hulle. Tog word dit dikwels by onderdane teenoor hulle konings gedoen. Wie mens egter nie uit hoogagting gehoorsaam nie, gehoorsaam mens nog minder uit liefde. Daarom kan ons hier geen ander rede vir die gehoorsaamheid vind as vrees nie.

2 Waarop is die vrees gebaseer? Dit is ten eerste gebaseer op eie onmag, ten tweede op die oormag van die heerser en derdens op die feit dat die mens weet dat `n koning by bepaalde omstandighede nie omsigtig met die lewe van sy onderdane omgaan nie. `n Heerser, wat dikwels oor meer as een miljoen moordwerktuie kan beskik en aan niemand verantwoording hoef af te lê vir die dood van één of baie mense nie, is in ieder geval nie erg te vertrou nie, want die toorn van `n maghebber kan vir baie duisende die dood beteken.

3 Wanneer ons die saak bekyk soos dit is, dan blyk daaruit steeds meer dat die angs vir die dood die hoofmotief vir gehoorsaamheid is.

4 Gestel dat daar in `n staat suiwer volkome wedergebore, geestelik gewekte mense sou wees. Dan sou dit met die angs vir die doodstraf baie anders daaruit gesien het. Die maghebber sou dan baie ander maatreëls moes tref as hy die leier van sy volk wou bly.

5 Maar waarop is die doodsangs van die mense dan gebaseer? Ek sê vir julle: Op niks anders nie as uitsluitlik op die onsekerheid of daar na die verlies van die lewe, nog `n ander lewe is (dus op ongeloof). Wie van julle is bang om aan die slaap te raak, hoewel die slaap niks anders is as `n periodieke dood van die liggaam nie? Waarom is `n mens nie vir die slaap bang nie? Omdat mens uit ervaring weet dat mens na die slaap weer in dieselfde, in `n sekere sin nuwe lewe ontwaak. Sou mens hierdie ervaring kan wegneem, dan sou elke mens net soveel angs vir die slaap gehad het as vir die liggaamlike dood. So is daar ook werklik mense op aarde wat glo dat hulle `n meertallige lewe het wat elke dag vergaan, en dat iemand anders die volgende dag in hulle huid sou wees.

6 Die geloof stam af van `n volk in `n deel van Asië wat aan sielsverhuising glo en wat van mening is dat hulle siele van dag tot dag van die een dier in die ander oorgaan en hoogstens één dag in die liggaam van `n mens woon. Wanneer `n ander siel in dieselfde mens, haarself die volgende dag aan die verlede herinner, dan sou dit te make het met die inrigting van die liggaam. Elke volgende siel sou noodsaaklik in die bewussyn geplaas moet word, wat deur die inrigting van die liggaam opgewek sou moes word. Dit is dus hulle filosofie, wat tot gevolg het dat mens ontsettend bang word vir slaap, want mens sien daarin slegs die middel waarmee die ou siel uit die liggaam gewerk word om vir `n ander een plek te maak. Om hierdie rede probeer hierdie mense dan ook om die slaap met allerlei middele so goed as moontlik te verdrywe. Dit het alles `n groot ooreenkoms met die angs van die gewone aardse mense vir die liggaamlike dood.

7 Sou die mens `n gewekte gees hê, dan sou hy hom ewemin oor die wegval van sy liggaam bekommer of daarvoor bevrees wees, as wat `n gewone mens hom oor die slaap bekommer en dit vrees. Want die ervaring van die gees is die ewige lewe, wat onverwoesbaar is, en die ervaring van die siel is dat die slapende liggaam die volgende dag weer ontwaak, waardeur sy dan ook geen angs vir die slaap het nie.

8 Die vrees vir die dood as `n moontlike vernietiging van die bestaan, lê dus in die siel solank die gees nie in haar ontwaak is nie en as in haar derhalwe ook `n ander bewussyn opgewek is.

9 Laat ons nou met hierdie voorkennis weer na ons eerste hel teruggaan. Hierin is die siel niks anders nie as `n genot- of vreetpoliep en wel uit suiwer stom selfsug en eieliefde, omdat sy naamlik, as sy haar genotsug nie kan verwesenlik nie, voortdurend die moontlikheid tot vernietiging voor oë het.

10 In die tweede hel is, soos ons weet, die begerige siel deur die stewige vastingkuur, steeds meer ineengestrengel en het met haar versmelte gees deur hierdie afsonderingsmetode meer vryheid gekry. In `n selfde voorkomende, beste geval keer `n gees hier om, versterk hom en verhef sy siel dan hoe langer hoe meer. In die gangbare, ergste geval ontwaak die gees weliswaar, maar omdat hy by die ontwaking in so `n verontagsaming van sy siel, besonder gekrenk en beledig voel, begin hy ook self verontagsaam te voel. Daardeur word hy vertoornd en laat in sy toorn die idee steeds meer in hom ontkiem dat die Godheid `n nouliks te meet genoegdoening aan hom verskuldig sou wees vir die onreg.

11 Hoe meer die gees egter deur die idee in beslag geneem word, des te hoër stel hy sy eise en ook hoe meer ontevrede word hy oor elke voorstel tot ewige genoegdoening wat hom gebied word.

12 Uit hierdie steeds groter vordering, wat haar oorsaak vind in die steeds groter ontevredenheid, gaan die steeds meer wakker geworde gees dan oor in `n op wraak gesinde gevoel van self genoegdoening. In die geval word hy steeds meer `n "veragter van God" (duiwel). Hy sien ook steeds meer in, dat hy nie vernietig kan word nie en versterk hom met die idee dat die gees hom, deur die intensivering van sy denkbeelde en die verhoging van sy eise, tot in die oneindige kan versterk. Vanuit die gevoel ontstaan dan selfs die sataniese idee dat die godheid vir die steeds groeiende mag van sulke geeste bang sou wees, hulle daarom sou verberg en hulle magtige vyande deur bepaalde vreesagtige en swak spioenasiegeeste heimlik in hulle doen en late sou laat bespied. As die situasie bedenklik word, dan sou die godheid hom weer verder terugtrek en probeer om hom op alle moontlike maniere teen `n oormagtige aanval van sulke kragtige geeste te beskerm.

13 Deur die idee word die alles oorheersende gevoel van eiewaarde van die gees steeds sterker en die wraakgevoel ten opsigte van `n veronderstelde geslepenheid van die godheid steeds groter. Die godheid word dan natuurlik steeds magteloser, ja, die gees begin die godheid as`t ware verafsku, begin haar te minag en bitter te haat, en begin homself egter as `n hoër wese te beskou!

14 As dit sover gekom het, dan is die derde hel ook al `n feit. Hoe dit hom langs hierdie weg ontwikkel, moet ons leerlinge op die weg van die goddelike, beskermende voorsienigheid in die geheim saam waarneem en dan in die onderste hel alles, tot op die eintlike bodem van die kwaad, langs die weg van die ervaring leer deursien. Hoe die eintlike oorsaak van die kwaad hom egter ten slotte in hierdie onderste en mees kwaadaardige van alle helle openbaar, sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205