Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Agste saal - agtste gebod. Die materiële omhulsel - die middel om te lieg

85 Ons is in die agtste saal en daar sien ons, soos in alle vorige sale, die welbekende ronde bord waarop in duidelike skrif opgeteken staan: "Jy mag geen valse getuienis gee nie" of, wat dieselfde beteken; jy mag nie lieg nie!

2 In die ryk van die suiwer geeste klink die gebod wel ietwat vreemd, omdat `n gees in sy suiwer toestand nie in staat is tot lieg nie. `n Gees kan onmoontlik anders spreek as wat hy dink, omdat die gedagte reeds sy woord is. Daarom kan `n gees in `n suiwer toestand, ook geen onwaarheid oor sy lippe kry nie, omdat hy `n eenvoudige wese is wat niks heimlik in homself kan agterhou nie.

3 `n Suiwer gees is dus slegs in staat om te lieg as hy hom met materie omhul. Het `n gees, ook die van onsuiwer aard, egter van sy growwe omhulsel ontslae geraak, kan hy geen onwaarheid spreek nie.

4 Om die rede omhul bose geeste hulle ook met allerlei growwe drogbeelde, om in hierdie omhulling te kan lieg.

5 So moes ook die bekende "satan" hom in die paradys vir die eerste mensepaar met die materiële gedaante van `n slang omhul, waarmee hy homself kon afskerm, om vervolgens anders te kon dink en spreek.

6 Dit is ook die enigste rede waarom die mense op aarde in staat is om te lieg so dikwels as wat hulle maar wil, omdat hulle liggaam `n skuilplek aan die leuen bied en van daaruit kan hulle die masjien van die liggaam in presies die teenoorgestelde rigting beweeg van dit wat hulle dink.

7 Soos gesê, is dit vir die suiwer geeste nie moontlik nie. Hulle kan hulle weliswaar, wanneer hulle hulleself aan aardse mense openbaar, in ooreenstemming uitdruk en sê dan ook nie dikwels iets baie anders as dit wat die innerlike betekenis van hulle spraak voorstel nie, maar dit is geen leuen nie, maar die geestelike waarheid in aardse beelde, is presies met hierdie waarheid in ooreenstemming.

8 Hieruit sien ons egter dat die gebod vir die geeste gladnie deug nie, omdat hulle die vaardigheid om te lieg, geheel en al verloor het.

9 Vir wie geld die gebod dan? Ek weet dat mens met die antwoord gou gereed sal wees en sal sê: Dit geld vir die met materie omhulde geeste en dit gebied hulle om hulle omhulling maar net sodanig te gebruik, dat hulle denke en hulle daaruit voortvloeiende wil met hulle suiwer geestelike geaardheid in ooreenstemming is.

10 Ons weet egter dat die gebod, net soos alle voriges, uitgegaan het van God, as die oerbron van al die geestelikheid. As sodanig kan dit onmoontlik slegs `n materiële nie, maar moet dit tegelyk ook `n geestelike betekenis hê.

11 Om tot die kern van die saak te kom, moet ons uitvoerig bespreek wat daar eintlik onder "lieg" of "`n valse getuienis gee" verstaan moet word. Wat is dan `n leuen, of `n valse getuienis op sigself? Julle sal sê: Elke onwaarheid. Maar dan vra ek: Wat is dan `n onwaarheid? Mens sou ook hier met die antwoord gou gereed kan wees en sê: Elke sin wat `n mens uitspreek om iemand te mislei, is `n onwaarheid, `n leuen, "`n valse getuienis". Van buite lyk alles goed, maar so is dit nie van binne nie. Ons sal `n klein proef daarvoor neem.

12 Vraag: Kan die wil dink? Elke mens moet dit ontken en tog sekerlik sê: Die wil staan in verhouding tot die mens soos die trekvee tot die wa. Hulle trek die wa wel kragtig, maar waarheen sal hulle die wa bring sonder die denkende touleier?

13 Verder vra ek: Kan die gedagte wil? Laat ons na die voertuig teruggaan. Kan die touleier met sy goeie verstand, sonder die trekkrag van die lasdier, die swaar wa van sy plek af kry? Elkeen sal nou sê: Daar kan wel duisend slim touleiers naas die swaar belaaide wa, alle moontlike filosofiese grondreëls opstel, tog sal hulle, met al hierdie pragtige gedagtes, nie die wa van die plek kry, alvorens hulle dit nie saam daaroor eens geword het,, dat die benodigde trekkrag vóór die wa aangebring moet word nie.

14 Uit die voorbeeld het ons nou gesien dat die wil nie dink nie en die gedagte nie kan wil nie. Maar is die gedagte en wil verenig, dan kan die wil tog slegs dit doen waartoe die gedagte hom lei.

15 Maar nou vra ek verder: As die sake so staan, wat is dit dan wat kan lieg binne-in die mens? Die wil sekerlik nie, want dit is iets wat hom altyd volgens die lig van die gedagte rig. Kan die gedagte lieg? Sekerlik nie, hy is eenvoudig en kan hom nie deel nie. Is dit miskien die liggaam wat sou kan lieg in die mens? Dit sou buitengewoon verrassend wees om te wete te kom hoe die liggaam sou kan lieg, - die liggaam, wat op homself `n dooie masjien is, wat slegs deur middel van die gedagte en die wil van die gees deur die siel tot aktiwiteit aangespoor word.

16 Maar ek ontdek nou net `n sielkundige, en wel uit die skool van die geestelike dualiste en hy sê: Die siel van die mens is ook `n selfbewuste, denkende wese, wat deels vanuit natuurlike en deels vanuit geestelike beelde dink. So kan daar in haar baie goed tweërlei soorte gedagtes vorm, naamlik die natuurlike en geestelike. Daarom kan sy ook baie goed die geestelike in haarself dink, maar aangesien sy ook die wil van die gees ter beskikking het, kan sy, in plaas van om dit uit te spreek wat die waarheid is, oftewel die geestelike gedagte, die natuurlike gedagte, wat geheel met die geestelike waarheid in teenspraak is, uitspreek. En wanneer sy dit doen, dan lieg sy, of gee sy `n valse getuienis. Wat dink julle, is hierdie gevolgtrekking waar?

17 Vanuit die uiterlike mens bekyk, het hierdie gevolgtrekking wel `n skynsel van waarheid, maar in die diepste wese is dit tog verkeerd; want wat se uitwerking sou dit hê as mens byvoorbeeld vir die wegry van `n wa, voor sowel as agter ewe veel en ewe sterk trekdiere sou inspan en daarby ook touleiers vir die lei van die diere sou aanstel?

18 Soos wat die wa nooit van sy plek gebring sou kan word nie, so sou dit tog sekerlik ook met die lewe van `n mens daaruit sien as dit op twee teenoorgestelde lewende beginsels sou berus. Dit sou net so goed wees soos; plus één en min één, wat `n opgetelde nul gee.

19 Daar moet dus maar één lewende beginsel wees, maar hoe kan dit ‘lieg’ en `n ‘valse getuienis’ gee?

20 Oftewel die een beginsel kan, soos bewys, gladnie lieg en vals getuig nie, óf daar moet onder die begrip "lieg" en "valse getuienis gee" iets fundamenteel anders verstaan word as dit wat tot nou toe daaronder verstaan was.

21 Nou sê iemand weliswaar: As mens die saak so moet opneem, dan is elkeen van ons bekende leuens, elke valse eed, net soos elke woordbedrog, dan nie sondig nie en dan as baie gewoon te beskou. Goed, sê ek, hierdie opmerking is nie so sleg nie, maar volgens julle spreekwoord: "Wie die laaste lag, lag die lekkerste

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205