|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 22
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Onthulling van die voorwaardes vir die bereik van die kindskap van God
22 Kyk, hy hef sy staf, wat soveel wil sê as; luister na my met gespanne en allergrootste aandag. Nadat, soos wat julle kan sien en binne in julleself baie maklik kan gewaar word, die hele volk toon dat hulle gewillig is om opmerksaam te hoor, laat die oudste sy staf sak en begin te spreek: Kinders en kindskinders, julle is ingewy en die leiding van ons allerhoogste God en die almagtige Skepper en Bestuurder van alle dinge is nie vir julle onbekend nie. Bygevolg is julle ingewy in die woorde van ons profeet wat eens as groot gees in die Naam van God rondgegaan het oor die eindelose uitgestrekte gebiede van ons wêreld, waarvan nog niemand die einde gemeet het en niemand van ons weet in watter onbegryplike dieptes van die skepping haar oppervlak deurdring nie.
2 Slegs hierdie groot gees het oor ons wêreld getrek, van die een einde tot die ander, en sy beweging was soos die van `n soeklig, sy stem het gerol soos magtige donderslae en as hy spreek, het ons wêreld tot in haar grondveste gebewe.
3 Sy woorde het ons bygebly en ons het hulle in ons sterreskrif bewaar. Julle kan in my huis gaan en staan waar julle maar wil, en die sterreskrif sal julle deur sy helder glans tegemoet straal en die innerlike wysheid van julle gees altyd opnuut laat oplewe.
4 Hoe lui die, deur middel van die baie woorde van hierdie profetegees gegewe magtige wenk, wat hier met die sterre om die altaar opgeteken is, egter? Wie van julle kan sê: Ek kan dit nie lees nie? Ekself het julle immers geleer om alle tekens van die sterre te lees.
5 Kyk ons egter omhoog na die eindelose blou lugsee, dan kan julle daar altyd dieselfde deur die groot Skepper opgeteken vind wat ons hand hier nagemaak het. Hoe lui hierdie wenk dus? Luister, ek sal dit vir julle herhaal; in die middel van die groot binneplaas van die sterrepaleis moet jy, oudste, vir die enige God `n altaar oprig en hout dwars daarop oor mekaar lê; die hout moet egter droog wees en `n uitstekende geur hê. Tog mag jy die hout nooit met `n wêreldse vuur aansteek nie, maar `n vuur uit jou hart moet die hout laat ontvlam. Wanneer die hout deur die vuur van jou hart ontvlam het, gaan dan jouself en wat joune is in die lig van hierdie vlam en deurvors dit om te sien of daar iemand in jou huis in staat is om die woonplek van God te betree. Wie hom daartoe in staat ag, mag voor die altaar tree en in die vlam die voorwaardes lees wat hy moet vervul op die wêreld, wat die groot God slegs vir homself en vir sy kinders geskape het. So lui die wenk.
6 Julle weet almal hoe lank volgens ons noukeurige tydmeter die hout al op die altaar lê en niemand van ons het dit vermag om dit aan te steek nie, want dit ontbreek ons almal aan gemoedskrag. Wel weet ek, dat niemand van ons, nadat die hout neergelê is, die altaar van die Heer ook maar met `n vinger aangeraak het nie, en tog het die geheiligde hout nou opeens op `n wonderbare manier aan die brand geraak. Wat moet ons nou doen?
7 Ek sê vir julle; laat elkeen, man of vrou, ondersoek hoe dit met sy gemoed ten opsigte van God, die Almagtige gesteld is. Wie van julle het die moed om die allerhoogste Godswese met sy liefde te omvat? Wie in staat is om alles voor die altaar neer te lê en niks te behou nie, as net die liefde van sy hart vir die almagtige, ewig groot God, mag na vore kom en probeer te lees wat die vlam aangee. Waarlik, wie daartoe in staat is, het `n groot weg voor hom, `n weg van die grootste vryheid tot die nederigste knegskap; `n weg van die volmaakte lewe deur die dood, `n weg van hierdie hoogste graad van lig na die grootste nag en daardeur heen, `n weg van die hoogste saligheid en geluk, soos ons dit almal hier voel, na die grootste droefnis, na die grootste ellende en die grootste nood, `n weg van ons ononderbroke welsyn na en deur ondraaglike pyn om langs die weg vol onsekerheid in `n nêrens bepaalde tyd by die woning van God te kom. Salig diegene wat hierdie woning ooit kan bereik en daar `n kind van God kan word!
8 Maar wat `n weg daarheen! Dit sou makliker wees om ons wêreld, hoe eindeloos groot hy ook mag wees, heeltemal te deurvors, om dan die allerhoogste doel te bereik.
9 Soveel kan ek julle vooraf wel sê: Vir wie die moed het, is die weg nie afgesny nie, want waar die Heer, die Almagtige, die een doen, daar sal Hy ook die ander doen.
10 Kyk, so het ons oudste gespreek. Met groot kennis van sake en diepe wysheid het hy sy woorde gekies. Daarom sal ons nou net oplet, wat se uitwerking dit by sy kinders en kindskinders teweeggebring het. Dink julle dat daar na sy afskrikwekkende reisbesbeskrywing ooit iemand sal besluit om die weg na die woonplek van God op te gaan?
11 Kyk, geen manlike wese bied hom hierdie keer aan nie. Maar daar kom `n wondermooi vroulike wese na vore wat vir die oudste sê: Verwekker van my lewe deur God se krag in jou, my bors swel op van magtige liefde vir die enige God, sonder wie se sigbare aanwesigheid, dit eens moontlik moet wees, dat die mens hom geen volkome saligheid kan indink nie. Ek sou graag na Hom toe wil gaan en `n allergeringste diensmaag word in een van Sy kleinste huisies, waarvan Hy sekerlik oneindig baie daarvan sal hê. Die weg skrik vir my nie af nie; waar en hoe dit te vinde is, sal die vlam my aantoon. Het ek daaroor sekerheid gekry, laat my dan ook gaan volgens die aanwysing van die groot profeet wat in die Naam en met die krag van die almagtige God tot die hele volk van hierdie onafsienbare groot wêreld gespreek het!
12 Die oudste sê: Kom staan dan hier voor my, wend jou gesig na die vlam en lees, wat hy vir jou te sê het. Die vroulike wese gaan voor die oudste staan en lees in die vlam: Jou God en Heer is `n God vol liefde en erbarming en Hy sal jou `n sagte juk en `n ligte las te dra gee! Wees deemoedig van hart, vergeet die groot prag van hierdie wêreld en vertrou jou toe aan die almagtige beskerming van die groot God! Hyself sal jou onsigbaar op Sy eie hande dra deur `n kort materiële lewe tot by Sy woning, alwaar jy die groot kindskap sal ontvang en ewig sal lewe in die huis van die almagtige Goddelike Vader. Het jy, in jou liefde tot hierdie groot God, die moed, plaas dan jou hand op die altaar!
13 Die oudste sê: Wel my dogter, jy het die voorwaardes van God se groot genade gelees; wat wil jy nou doen? Die dogter sê: Ek wil my steeds sterker wordende liefde volg en na my en jou God toe gaan en as ek daar sal wees, dan sal ek, as die Heer dit wil, jou gedenk, sodat ook jy en nog baie ander my mag volg. Ek weet goed dat ook hierdie wêreld pragtig is en dat ons altyd kan omgaan met die suiwer geeste wat `n fyner liggaam aangeneem het as wat ons het. Ons kan hulle hoë saligheid sonder veel moeite aanskou en dit is van die aard dat hulle nie die saligheid van die natuurlike lewe vir ons vertroebel nie. Die salige geeste van hierdie wêreld is immers werklik nie veel op ons voor nie, behalwe dan, as hulle wil, dat hy omhoog kan gaan en hom vinniger kan beweeg as ons in ons natuurlike toestand, want ons kan ons nie soos hulle omhoog beweeg na die ruimtes van die sterk lig nie.
14 Bedink daarenteen wat dit wil sê om `n kind van God te heet en te wees, `n kind wat met één oogopslag meer sien as ons in tallose groot tydperke. Daarom sal ek my hand dan ook op die altaar plaas en die wonderbare weg opgaan!
15 Kyk, hierdie dogter plaas haar hand op die altaar en sy is nie meer in die geselskap te sien nie! Maar wat gaan die geselskap nou doen? Dit sal ons by die volgende geleentheid sien.
|
|
|
|
|