Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Wyse toespraak van die oudste tot sy volk

23 Kyk, nou net tree ons oudste weer na vore en spreek alle aanwesiges as volg toe: Geliefde kinders en kindskinders, julle weet waar ons die klippe vandaan kry, wat as liggewende sterre so pragtig in die ander kosbare boustene ingelê is. Dit is die bodem van die groot, baie diep waters, waaruit ons goed geoefende duikers hulle omhoog bring. So lê alles wat pragtig, groot en kosbaar is in moeilik toeganklike dieptes verborge; so is ook ons, oppervlakkig beskou, so deur God, die Almagtige geskape, dat ons goed geskik is om diep wysheid te bevat.

2 Omdat ons nou eenmaal daar is, ervaar ons eintlik glad geen probleme in ons bestaan nie; die lewe verloop baie maklik ononder­broke deur. Wil ons egter die in ons aanwesige bekwaamhede tot lewe bring, wil ons in die diepte van die wysheid deurdring, dan is die lewe geen spel meer nie, maar dan verg dit `n diepe erns en `n ingespanne soeke na dit wat met die goddelike wysheid ooreen­stem.

3 Mense wat die groot skat in die diepte van hulle lewensee gevind het, word dan ook soos die see self. Uiterlik gesien dein hulle saam, net soos ander mense, en die deining is die gevolg van hulle verskillende en wyse aktiwiteite.

4 Die verskil tussen die deinende aktiwiteit van gewekte en van gewone mense bestaan hierin dat die innerlik gewekte handel volgens die aanwesige ewige wette van die goddelike orde wat in hom teenwoordig is. Die gewone mens handel egter volgens van buite af gegewe wette, wat afkomstig is van die lewende wette van dit wat in homself die innerlike wysheid gevind het, wat die aller­hoogste wysheid van die Skepper reeds vanaf die oerbegin in hulle geplaas het.

5 Wanneer daar egter tussen die in homself gewekte en die slegs uiterlike navolgende mense byna geen wesenlike verskil te sien is nie, hoe kan mens dit dan ontdek en uit ervaring aflei, sodat mens kan sê: Kyk, hierdie is `n selfgewekte en hierdie is net `n navolger?

6 My geliefde kinders en kindskinders, kyk almal na die altaar, waar die geheiligde vlam nog brand. Wie van julle het die moed om, na die verneming van die voorwaardes ter verkryging van die kindskap van God, sy hand op die altaar te lê? 

7 Toe ek julle die eise vanuit my wysheid getoon het, staan julle almal en bewe en iedereen trek hom huiwerend van die altaar vir transformasie tot die kindskap van God terug. Maar `n jong meisie, wat wel die eenvoudigste in my paleis was, sodat niemand van ons sou vermoed dat daar juis in die baie eenvoudige, maagdelike wese so 'n diepe, volkome gewekte wysheid aanwesig was nie (haar daad waarborg ons dit), laat ons almal sien, hoe die mense geaard is en moet wees, in wie die innerlike wysheid deur stille selfwerksaamheid en deur selfondersoek van die eie gees, gewek is.

8 Ons is bewoners van die hoofpaleis. Diep, innerlike wysheid moes ons van al die ander, gewone mense onderskei. Hoe staan dit egter met ons manlike wysheid as julle tot skande gemaak word deur `n swak meisietjie? Ja, hoe is dit dan met ons wysheid gesteld as daar in die huise van die ondergeskikte mense ook dapper wyses blyk te wees wat moed genoeg het om - in alle deemoed en liefde vir God - hulle hande op God se altaar te lê?

9 Julle trek julle skouers op en maak met hoof en oë `n beweging wat vir `n tweërlei uitleg vatbaar is, maar ek sê vir julle: Waarlik, ons wysheid is soos die skuim van die see, waarvan die belle aan die oppervlak weliswaar ook `n mooi glinsterend kleurespel bied, maar mens hoef slegs oor so 'n glinsterende bel te blaas en sy het met haar kleurespel heeltemal uit die bestaan verdwyn.

10 Die wysheid, wat lyk soos die van die jong meisietjie wat moed genoeg besit het om haar hand op die altaar te lê, is te vergelyk met die pragtige gesteentes op die diep seebodem, waarmee ons die mure van ons huise in die vorm van uit sterre opgeboude figure versier en die woorde van die profete beeldend daarin vasgelê het. Maar onsself is nouliks te vergelyk met die vlak boustene, waarvan wel die oppervlak, maar nie die innerlike, met die stralende stene beskrywe is nie.

11 Wie van julle kan hierdie uitspraak van my daadwerklik weerlê? Wie van julle het nog die moed om sy hand op die altaar te plaas, waarop die vlam nog brand? Ek sien niemand van julle opstaan en na vore gaan nie, maar julle trek julle almal terug en niemand van julle gee my `n antwoord nie.

12 Wat moet ons dan doen, noudat die vlam nog brand? Ek sal goeie raad vir julle gee en dit lui as volg: Val almal voor die altaar van God ter aarde, loof en prys die almagtige God, sodat Hy ons almal ten minste in sover dieper mag wek, sodat ons daardeur in die diepste van ons hart mag insien hoeveel ons nog ontbreek om te word wat ons suster, ons wyse maagd, geword het.

13 Al sou ons ook nimmer die besondere moed hê om ons hande op die altaar te lê nie, dan vra ons vir God, die Almagtige tog dat Hy ons, tenminste op hierdie wêreld, sodanig deur Sy oneindige wysheid mag opwek, dat ons vir altyd as waaragtige wyses, as voorbeelde vir die groot menigte onderdane van die hoofpaleis kan dien, want hulle beskouing het dan die hoogste geluk om van die hoofpaleis een of ander guns, of selfs `n bruid, te ontvang. Maar soos dit nou blyk, is ons met al ons wysheid dom genoeg om, as dit oor `n bruid gaan, sekerlik altyd die mees wyse weg te gee, terwyl ons dink om juis die weg te skenk, wat vir ons paleis die minste deug. Maar is dit ook korrek, dat ons so handel?

14 Ek sê vir julle: Soos wat ons dit doen is dit eintlik verkeerd, maar gelet op die feit dat die almagtige God van hemel en aarde ook van ons domheid weet om Hom te bedien, is dit volkome korrek wat daar gebeur, en in die besonder by die wegskenk van `n bruid, wanneer ons domheid ons parte speel en die alwyse God `n blom uit ons hoofpaleis wegneem, vir wie ons paleis nou juis onwaardig is, net soos ons dit self nie waardig is om hierdie heilige vlam nog ewe sterk op die altaar van God te laat bly brand nie. 

15 In hoeverre ek egter met my tot julle gerigte woorde gelyk of ongelyk het, daarvan getuig hier die buitengewone wonderprag van ons groot patriargale woning.

16 Sê my net, wie van ons het ooit `n klip daarvoor aangedra en wie het ooit `n bouplan daarvoor ontwerp? Kyk, dit alles is die werk van die mense daar benede in die laagland, wat aan ons, dit wil sê aan ons sogenaamde diep wysheid, liefdevol onderdanig is. Wanneer dit egter onloënbaar die geval is, dan volg daaruit ook vanselfsprekend dat daar in die diep laagvlaktes van ons groot landstreke mense woon, wie ons nie waardig is om te aanskou nie.

17 Wanneer sulke mense, wat hulle met hulle wysheid verdienstelik gemaak het, derhalwe na ons paleis kom om vir hom `n beter bruid te verwerf, is dit dan nie volkome tereg en billik dat hulle die mees waardevolle ten deel val nie? Ja, my liewe kinders en kindskinders, slegs wat God die Almagtige doen, is welgedaan. Bygevolg is dit tog onteenseglik beter dat ons, tot vreugde van God se vriende, ons dogters aan hulle gee, as wat ons hulle hierdie dogters weerhou en hulle behou vir ons eie groot domheid. 

18 Kniel dus saam met my voor die altaar neer en bid dan vir soveel wysheid dat julle julle nie heimlik hoef te skaam vir hulle wat teenoor ons gering wil wees nie. Dan sal ons baie duidelik in die vlam lees wat ons verder te doen staan om dit van God te verkry, wat ons meer van nut sal wees as ons domheid. - So geskied dit! Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205