Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Vyfde verdieping. Hoëre trap van ontwikkeling van die mensegees

38 Ons is bo; hoe geval dit julle hier? Julle sê: Uitstekend, maar dit is hier, as mens vanaf hierdie vyfde verdieping, of sesde galery na benede kyk, al ontsettend baie hoog! Dit is maar goed dat elke laer geleë galery, ten opsigte van die hoëre, ietsie meer uitsteek, anders sou ons die hoogte nouliks kon verdra het. Dat alles verder op dieselfde manier ingerig is, is wel in `n oogopslag te sien, maar die versiering van die versierde pilaar is werklik weer heeltemal nuut. `n Majestueuse groot wit, glansende bal rus op `n verhoogde, ronde groen plaat in die middel. Op die bal staan egter `n buitengewone meesterlik uitgevoerde, volmaakte beeld van `n man in `n fier houding. Die figuur kyk na bo; die linkerhand hou hy op die bors en met die regterhand wys hy in die verte, op `n manier soos wat `n heerser dit doen. Die kleur van die beeld gaan ook in rooiagtige-wit oor, maar die hare is heeltemal wit, net soos die baard. Dit is egter ook al wat ons oor die vorm van die merkwaardige sierstuk kan sê. 

2 Dit is opvallend dat die pilare hier blou is, maar die vloer rooi en hier nie so sterk golwend en vlammend soos in die laer geleë galerye nie; daarenteen lyk die deinende beweging wat ons by hierdie vloer bemerk, meer na die deining van `n elastiese voorwerp, omdat die bewegings gelyksoortig is. Die wand van die binneruimte is hier donkergroen en vanuit die groen vibreer `n helderrooi lig voortdurend. 

3 As mens dit alles net baie goed in oënskou neem, dan lyk dit wel asof die gebou hom hier voortdurend in `n vibreërende toestand bevind. Slegs die pilare laat hulle wondermooi blou kleur baie rustig uitstraal; en wat ons ook nog by hierdie pilare opval en by die vorige nie gesien het nie, is die kapitele (pilaarkoppe) wat, asof van deursigtige goud gemaak, op `n onbeskryflike mooi, kunssinnige manier bo-op elke pilaar aangebring is. Beste vriend en broeder, dit is al wat ons hier as besonderheid kon opval. Wat dit alles egter mag beteken, kan ons nog nie bevat nie en wel die allerminste wat die betekenis van hierdie steeds merkwaardiger wordende versierde pilare binne die geheel is.

4 Beste vriende en broeders, julle het die noodsaaklike en die doelmatige voldoende bekyk. Dit wat julle hier in die besonder opgeval het, is ook presies wat ons vir ons doel kan gebruik. Hier het weliswaar elke nog so klein versiering haar hoogste wyse rede, maar dit het betrekking op bepaalde omstandighede wat uitsluitlik vir die hemelliggaam en veral vir die distrik baie gebruiklik is.

5 Die deur julle opgemerkte besondere versierings het egter `n algemene betekenis, wat as `n lig, wat van hierdie sentrale son uitgaan, vir die hele skepping geld. Sodat julle hierdie versiering so vinnig en so goed as moontlik mag begryp, moet ons net `n blik op die vorige galery werp. Daar het ons op die top van die piramide `n klein beeldjie gesien. Die betekenis daarvan is die "wedergeboorte van die mens" in sy gees. Daar onder was die afgeskudde wêreldse nog in `n volledige piramide te sien.

6 Kyk nou egter net na hierdie, na die middel toe ietwat oplopende, groen ronde plaat. Dit is niks anders as die vorige piramide, wat deur die groot gewig van die groot geworde, wedergebore mense­gees geheel saamgedruk is, oftewel hier is dit, waar die berge en dale gelykgemaak is. Dit is waar.

7 Maar waar kom die groot wit bal vandaan en wat beteken dit? Die bal, net soos die sirkel, is die simbool van voltooiing. Tewens gee hy aan dat die gees van die mens deur sy totale oorwinning van die wêreldse, vir homself `n nuwe wêreld skep wat voortkom uit sy voltooide wysheid. So sal ook elke voltooide gees eens die skepper van sy eie wêreld word, oftewel hy sal die wêreld bewoon wat ontstaan het uit die werke van sy liefde en uit die lewende lig van sy geloof. En bowendien beteken die bal die hoogste moontlike volmaaktheid van so 'n wêreld, volmaak in die liefde, volmaak in die wysheid en volmaak in elke bekwaamheid.

8 Dat die bal so `n volmaaktheid aangee, kan julle, wanneer julle die verskillende hemelliggame beskou, kristalhelder aflei uit die feit dat die Heer hierdie hemelliggame volmaak geskape het soos hulle is. Maar hoe lyk hierdie hemelliggame? Kyk, dit is volkome ronde balle. Maar waarom word die volmaakte deur die bal uitgebeeld? Trek maar net sirkels op `n bal; dan sal julle merk dat julle daar talloos baie, van groot tot klein, oor die bal kan trek. Die oppervlak of die uitwendige omtrek van die bal sal na alle rigtings dieselfde sirkel gee. Verder kan julle, waar julle maar wil, op die bal `n klein sirkeltjie trek, tog sal hy hom oral presies in die middel van die hele oppervlak van die bal bevind. Dit is nie op elke anders gevormde liggaam moontlik nie, ook nie op `n sirkel nie. Want as julle by `n sirkel, of beter gesê op die oppervlakte van die sirkel, êrens `n kleiner sirkel trek, dan sal hy beslis nie meer in die middel van die sirkelvlak lê nie; maar op die oppervlak van `n bal lê hy oral presies in die middel. Kyk, so druk `n bal soos geen ander liggaam die hoogste moontlike volmaaktheid uit, net soos die hoogste moontlike vryheid van die geestelike lewe.

9 Maar hoe? Op die oppervlak van `n bal kan julle, waar julle maar wil, `n kleiner sirkel of `n punt plaas en hy sal hom presies in die middel bevind, dit wil sê in die middel van die totale oppervlakte van die bal. Julle kan doen wat julle maar wil, met hierdie meetkundige korrekte wet kan julle onmoontlik ooit ook maar die allerkleinste fout begaan.

10 Kyk, so is dit ook met die volkome vryheid van handelinge van `n volmaakte gees gesteld. Hy kan doen wat hy maar wil, tog is dit vir hom totaal onmoontlik om ooit in stryd met die mees volkome goddelike orde te handel. En kyk, juis om die rede het die beeld so `n buitengewone veelseggende simboliese betekenis.

11 Noudat ons dit weet, laat die volmaakte manlike beeld ons tog niks anders sien nie as `n geestelike volmaakte mens. Die blik omhoog is die onafgewende blik na God en regverdig die sin: "Hou My onafgewend voor oë". Die linkerhand op die hart beteken die volkome op God gerigte liefde. Die ander hand, gebiedend na die verte uitgestrek, wil sê dat alles onderworpe is aan die wet van die liefde.

12 Dat die mens hier as beeld bo-op die bal staan, gee aan dat die mens bo al die geskapene verhewe is; want die gehele ander skepping in haar volmaaktheid bepaal die totale inhoud van die bal. Geen ander verhewenheid is daar op sy oppervlak te ontdek nie, slegs die mens staan daar soos `n magtige heerser, bokant alle skeppinge verhewe, as `n tweede god oor die hele oneindigheid.

13 Die halfgeopende mond beteken dat naas God, geen ander wese as slegs die mens, tot spraak in staat is nie. Die soos sterre stralende naels aan die vingers, gee egter die skeppende mag, krag en wysheid aan wat in elke volmaakte gees woon.

14 Dat die blou pilare verder nog die onwankelbare duursaamheid, die deursigtige kapitele (pilaarkoppe) die goddelike wysheid, en die klein swewinge van die vloer die rustige, gereëlde, eenvoudige lewe weergee, hoef nouliks nog vermeld te word.

15 Omdat ons nou die nut en die doelmatigheid van die belangrike sierstuk van hierdie vyfde verdieping leer ken het, kan ons onsself alweer een verdieping hoër begewe. Julle sê weliswaar: Hoe sal ons daarbo kom, want in hierdie versierde pilaar sien ons geen wenteltrap nie? Maar ek sê vir julle: Kyk maar net ietwat noukeuri­ger, dan kan julle hom wel sien. Hy is hier slegs uit `n buiten­gewone deursigtige, maar verder stewige materiaal vervaardig om op die manier die suiwer geestelike opgang, oftewel die volkome smetlose weg na bo aan te gee, waarop elke voetstap volledig gade geslaan kan word. - noudat ons dit ook nog weet, begewe ons onsself dus maar welmoedig na die sesde verdieping of die sewende galery.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205