Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Eerste verdieping. Besonderhede van die paleis en hulle ooreenstemmende betekenis

34 Kyk, ons is reeds in die galery van die eerste verdieping. Julle sien weer versierde pilare in plaas van afsonderlike groot pilare en in die middel van elke versierde pilaar staan `n soort altaar wat enigsins lyk soos die altaar wat ons op ons tog hierheen eerste in die laan aangetref het. Die binneste ronding van die pilaarkring is, soos julle sien, oral weer van `n onbeskryflike pragtige trap voorsien.

2 Waartoe dien hierdie altare in die middel van hierdie versierde pilare? Enersyds ter versiering van sulke versierde pilare, andersyds om die eerste graad van die Godsbesef aan te gee, terwyl die gewone pilare op die begane grond volkome leeg is en die menslike in heel natuurlike toestand voorstel.

3 Maar kyk net na die prag van hierdie pilare; hulle is nie meer glad nie, maar gedraai. Die uitholling van die winding is versier met die pragtigste loofwerk en die buik van die winding is geset met die wondermooiste liggewende edelstene wat daar soos halwe balle ingeplaas is. Die kleur van die pilare is blouagtig groen, die loofwerk lyk wel soos vlammende goud, die vloer van die versierde pilaar lyk soos `n buitengewone sterk vonkelende robyn en die trap is hier uit wit vonkelende silwer vervaardig.

4 Kyk ook net na die vloer van die galery. Dit bestaan uit suiwer allerfynste hiasint, die pragtige leuning aan die buitekant uit porfier (purper) en die binnewand van die hoofgebou bestaan uit oniks, (oniks marmer in wit en swart lae) wat werklik `n pragtige edelsteen is. Die boogvormige gewelf tussen die pilare en die vlak wand bestaan egter uit die allermooiste opaal, waarin allerlei kleurige, liggewende stene in `n wonderbaarlike rangskikking ingeplaas is. 

5 Kyk net daar, tussen die versierde pilare is `n hoë en breë poort in die vaste wand van die hoofgebou aangebring. Hierdie poort bestaan, soos julle kan sien, uit twee dele wat opgehang is aan `n vierhoekige pilaar wat in die middel van die poort staan, en gaan dus nie in die middel nie, maar aan beide kante oop. Die vierhoekige pilaar is één stuk vlammende diamant en die poortvlerke bestaan uit vlammende goud, wat nog pragtiger is as die deursigtige, dit wat verseker nie op aarde voorkom nie.

6 Deursigtige goud sou wel op aarde geproduseer kan word, maar hoe? Deur verglasing; want julle weet dat alle metale, wanneer dit aan die hoogste hittegraad blootgestel word, in `n sekere sin in hierdie hittegraad verbrand. Na die verbranding bly daar egter niks anders as `n soort slik oor nie. Wanneer hierdie slik nou weer vermaal en met `n soutoplossing vermeng word, dan word dit vloeibaar; koel dit dan af, dan het dit deur die sout en natuurlik deur die hoë temperature `n vloeibare massa deursigtige glas geword. Wanneer mens dus op aarde uit die weliswaar baie duur goudslik op die bo aangegewe wyse glas sou vervaardig, dan sou daar `n soort glas van die allerfynste deursigtige goud met `n geel-rooiagtige kleur ontstaan.

7 Maar die vervaardiging van vlámmende goud is absoluut on­moontlik op aarde. Dit slaag selfs nie op planetêre sonne nie, maar slegs op sentrale sonne, waar die lig in `n onmeetbare intensiteit tuis is. Daar is dan ook elke deursigtige liggaam in staat om voortdurend te vlam, omdat dit die lig wat hy in hom het, opgeneem het uit die lig wat hom omgewe, en nooit kan verteer nie. So ontstaan daar deur so 'n voortdurende konflik tussen lig en lig `n soortgelyke vlammende effek, waardeur dit lyk asof die materie voortdurend aan die brand is. Raak mens hierdie materie egter aan, dan is dit volkome vas en nie in die minste warm nie; inteen­deel, hoe vlammender iets is, des te koeler is dit.

8 Juis daardeur stem die vrye goed ooreen met die mense op julle aarde, wat uiterlik baie vurig is en hom orals voor insit. Raak mens egter hulle hart, dan verbaas mens hom daaroor hoe koud sy is! So kan julle mense aantref wat uit suiwer groot ywer ter ondersteuning van die armes, nie uitgepraat kan raak nie; tree hulle egter `n arme heimlik tegemoet, dan is hulle kouer as die duisend jaar oue gletserys wat `n gewone sonstraal nie kan laat smelt nie. 

9 So is dit in die algemeen ook by beroemde predikante op die kansel. Met hulle oordrewe vuur steek hulle `n hel aan, waarin selfs `n wese wat aan die magtigste vuur verwant is, dit geen sekonde lank sou kon uithou nie. En as julle hulle vervolgens vra wat hulle hart van so 'n buitengewone hoë, helse hittegraad sê, dan sal julle as antwoord kry: Ek voel uitstekend daarby. `n Goed gebraaide stuk vleis en `n nie te klein glas wyn bring na so 'n vurige preek alles weer in ewewig by hom.

10 Dit sou dus in ooreenstemming van ons vlammende goud wees, maar dit is nie bepaald aan te beveel nie. Daar is egter ook `n aanbevelenswaardige, naamlik `n geestelik goeie beginsel, en dit lui as volg:

11 Vir mense wat in hulle hart vol liefde is, werk die liefde van die Heer ook kragtig. Deur die samesmelting van die liefde van die mens en die liefde van die Heer ontstaan dan `n liefde wat weldadig na buite toe uitwerk. Dit verlig en verwarm wat haar omgewe, maar in homself bly dit koel. Waarom? Omdat dit geen eieliefde is nie. Dit gee die vlammende goud ook aan. Nou ken ons hierdie ooreenstemming, en daarom kan ons die poortvlerke al `n bietjie in oënskou neem. 

12 Kyk tog net wat `n grootse, lewendige reliëf versier hierdie poortvlerke! Lyk dit nie byna soos beeldskrif, wat vanuit die middel van die materie, waaruit die vlerke vervaardig is, in die wonder­baarlikste kleure deurstraal nie? En kyk net deur `n gladde vlak in die poortvlerk na binne in die gebou in! Julle deins terug; wat het julle dan gesien? Ek lees dit al op julle gesigte; julle het mense ontdek en wel van `n nooit vermoede skoonheid! Ja, ja, so is dit!

13 Voorlopig mag ons hierdie mense nog nie nader nie. Eers moet ons voldoende gewoond raak aan die steeds groeiende prag van die gebou, anders kan ons almal, sonder uitsondering, ietwat skade aan ons geestelike gesondheid ly. Want `n gees, selfs een van die hoogste hemele, is nooit só volmaak dat hy onvoorbereid alle skoonheid van die skepping van die Heer sal kan aanskou, sonder om tydelik ietwat skade daarby op te loop nie. 

14 Sodat ons egter nie te veel bekoor sal word hier nie, begewe ons onsself maar baie vinnig in so 'n versierde pilaar en via die trap na die tweede verdieping, of volgens die aantal galerye, as`t ware na die derde, waar baie ander dinge weer vir ons wag.  

15 Ek bemerk trouens nog ietwat twyfel by julle oor `n onbegryplike getalsverhouding, want van veraf het ons almal gesien dat die hele hoofgebou uit twaalf verdiepings bestaan, maar van naby gesien slegs uit tien. Ons laat hierdie saak maar ewe rustig; wanneer ons op die tiende verdieping sal wees, sal een en ander wel duidelik word. - Vereers gaan ons maar na ons tweede verdieping, oftewel na die derde galery.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205