Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Persoonlike besonderhede van die apostels deur onderskeidingstekens voorgestel

6 Kyk, ons is by die bekende stadspoort wat reeds aan julle bekend is, net soos die muur rondom die stad en die huise van die stad, is alles uit edelstene gemaak.  

2 Kyk net hoe in die straat, wat die hoofstraat is, die straat van die Heer of wat die straat van die sentrum van alle lig genoem word, baie allersaligste engelgeeste, wat soos kinders hier bly, ons van alle kante tegemoet stroom.

3 Kyk, alles straal van die allerhoogste liefde en wysheid. Maar kyk net daarenteen na die Heer; Hy loop nog steeds ewe eenvoudig saam soos wat ons Hom vanaf die begin gesien het. `n Blou mantel is al wat Hom uiterlik versier. Ook Sy broeders lyk net so eenvoudig soos Hy en soos julle kan sien, dra elkeen van hulle `n klein onderskeidingsteken op sy mantel, wat aangee wat hom op aarde wesenlik van sy broeders onderskei het en waaruit mens bowendien kan aflei welke beroep hy op aarde uitgeoefen het om in sy onderhoud te voorsien. 

4 So sien julle by hierdie geleentheid hoe Petrus versier is met twee sleutels wat kruisgewys oormekaar lê. Onder die twee sleutels sien julle `n visnet van klein formaat wat lyk asof dit gemaak is van klein diamantjies. Die betekenis van beide hierdie onderskeidingstekens hoef ek seker nie meer vir julle uit te lê nie. Soms, by besondere geleenthede, kry hierdie apostel nog meer onderskeidingstekens. So sien mens soms as boetesieraad ook wel `n haan of `n swaard.

5 Kyk net na Paulus, hy het `n tweesnydende swaard; maar onder die swaard `n klein tapytjie, waarin kleurige diamante verwerk is. By besondere geleenthede het hy ook nog `n rosige perd met daarbo iets wat soos `n vuurstraal lyk, maar onder die perd `n rol en `n griffel. En net soos hierdie eerste twee apostels, het ook al die ander by sulke geleenthede onderskeidingstekens op hulle klere wat betrekking het op hulle lewe en werke op aarde.

6 Hierdie onderskeidingstekens is van baie groot betekenis en dien die besitters daarvan in allerhoogste en diepste geestelike sin daartoe, waartoe eens, maar slegs as uiterlike voorbeeld, die Thumim- en Urimplaatjies die hoëpriester van die Israelkerk gedien het. Want ook hier is die allersaligste geeste in `n steeds ewe hoë graad van innerlike wysheid uit die Heer, maar hier vind daar ook `n wisseling van toestand plaas, wat te vergelyk is met `n werk­situasie en `n daarop volgende russituasie. Tydens die werksituasie is iedereen volgens behoefte uitgerus met die diepste wysheid van die Heer; tydens die russituasie het niemand egter so 'n diepte nodig nie, maar wel `n sekere Sabbatsrus in stille hemelse liefde tot die Heer.

7 Om die rede is die apostels, net soos die ander salige geeste, tydens hulle werksituasie dan ook van sodanige onderskeidings­tekens voorsien; nie dat hulle daarsonder nie in die volle wysheid uit die Heer sou geplaas kan word nie, maar omdat hierdie onderskeidingstekens in `n sekere sin die wortel aangee en ook die oorspronklike saadkorrel waaruit baie hulle wysheid uit die Heer geput het. Daarom word hulle dan ook diep wyse en waaragtige "hemelvorste" genoem, wat hulle ook werklik is.

8 Maar kyk nou, ons bevind ons reeds voor `n baie magtige groot en buitengewone glansende paleis. Voor die majestueuse poort waaruit alweer nuwe heerlike lofsange ons tegemoet kom, bly die Heer staan en sê vir die prior: Wel, My seer geliefde seun, hier is ons tuis in ons onveranderlike, ewige woning. Hoe geval dit jou hier? Sê My net of jy waarlik `n groot verlange sou hê om hier te bly. Versonke in duisendvoudige deemoed sê die prior: O Heer, enige ewige Koning van majesteit en glorie, heilige, allerheiligste God, almagtige skepper van alle hemele en alle wêrelde! Toe ek deur U in die vorige hemel binnegelei was, het daar in my hart nog soveel plek oorgebly, waar ek nog in staat was om een of ander wens te uiter; maar hier, waar U oneindige heerlikheid hom in so 'n nooit vermoede eindelose oorvloed ten toon sprei, waar dit is asof ek tallose skeppinge voor my oë sien opkom en ondergaan en waar ek U eindelose uitgestrekte vlaktes en weë vol van die allerverhewenste lig aanskou, hier, o Heer, is my hart nie meer in staat om voor U te spreek nie, want U is te groot, te heerlik en te heilig, en ten opsigte van U is ek `n eindelose niks.

9 In die vorige hemelgebied sou ek nog wel die wens durf uitgespreek het om uiteindelik die allerminste huiskneg van een of ander salige broeder te wees; maar hier waar alles vir my so oneindig heilig voorkom, waar ek nouliks durf asem te haal of my alleronwaardigste voet op die grond van hierdie allerheiligste stad durf sit, `n stad wat `n baie sterker ligglans uitstraal as die lig van alle sonne bymekaar en waar die te oneindige majesteit van hierdie heilige wonings met haar bewoners my nietigheid totaal verteer, bly vir my, o Heer, niks meer te wense oor nie! As ek U egter tog oor iets mag vra, dan sou dit wees, of U my nie êrens buite na so 'n baie eenvoudige landhuisie sou wil verplaas, want vir hierdie oneindige saligheid is ek tog waarlik te onwaardig!

10 Die Heer sê: Maar My liewe seun, dit was tog jou grootste begeerte om by My te wees. Wanneer Ek nou hier woon, hoe kan jy dan terugdeins vir My woning? Jy het tog self daarom gevra. Jy het gesê: O Heer, waar U is, daar is dit oral goed. Wanneer Ek egter hier vir ewig by voorkeur reëlmatig tuis is, sou dit hier dan nie goed wees nie? Dink dus daaroor na en spreek!

11 Die prior sê: O Heer, allerbeste, almagtige, heilige Vader! Wat ek gesê het, sal wel ewig korrek wees, maar dit is ook waar dat dit hier al te oneindig verruklik en salig is om te woon. Slegs één ding, o Heer, merk ek hier op, dat hier suiwer vorste woon en dat niemand van hulle een of ander kneg of `n eenvoudige bediende het nie. As dit moontlik sou wees, ek vra om êrens in `n uithoek van hierdie heilige stad `n werkplekkie van die laags moontlike soort te kry - vooropgestel dat sodanige poste hier bestaan - dan sou ek hier sekerlik so 'n plekkie, wat vir my beter sou wees as alle ander plekke in die hele oneindigheid, wil hê. Maar in `n paleis soos hierdie, waar ons nou voor die poort staan, daar kom vir my die allergeringste werkplekkie reeds te eindeloos groot, belangrik en heilig voor, dat ek nie by verre in aanmerking sou kom daarvoor nie.

12 Die Heer sê: Het jy dan nie gehoor dat diegene wat in My ryk die kleinste en laaste wil wees, die grootste is nie? As jy dus so baie klein en ver weg wil wees, dan bly daar vir My niks anders oor as om jou hier so groot as moontlik te maak nie. 

13 Die prior sê: O Heer, allerbeste, heiligste Vader, as ek hier verseker geweet het dat hy wat werklik die geringste en onbedui­dendste is, hom as die voortreflikste en grootste beskou, maak my dan maar vinnig tot die grootste en skitterendste vors van hierdie stad, sodat ek as die onbeduidendste en allergeringste kan word!

14 Die Heer sê: My liefste seun, wie op jou manier groot wil word, is by My werklik groot. Daarom sê ek nou dan ook vir jou; jy sal in die huis geen bediende en geen kneg vir My wees nie, want die huis het Ek vir jou as jou ewige, heerlike eiendom opgerig. Gaan daarom, met jou vrou en jou broeder, aan My sy na binne. Ek sal jou hier installeer en jou die heerskappy oor die gehele huis verleen. Die personeel van die huis het jy reeds gesien. Hulle bestaan uit die salige geeste wat ons by die eerste binnekoms in My ryk in tallose leërskares tegemoetgekom het. Gaan dus saam met My na binne en Ek sal jou volledige, ewige bestemming vir jou in jou huis onthul.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205