Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die sonpaleis. `n Oorweldigende ontluiking van prag met wondere van lig

33 Sal dit moeilik wees om vanaf hier verder te trek en moet ons van hieruit ook nog die reguit lyn in ag neem? Laat ons maar na buite gaan in die vrye buitengewone groot ruimte wat homself tussen hierdie wye, ronde galery en die hoofgebou in die middel bevind, en dan sal ons weldra sien wat ons moet doen.

2 Kyk maar net tussen hierdie twee binneste pilare wat van wenteltrappe voorsien is deur na buite en sê my, wat julle sien.

3 Julle sê: Liewe vriend en broeder, ons vind geen woord om te beskryf wat hom daar alles op wonderbaarlike wyse voor ons armsalige oë ontvou nie! Ons sien `n vlakte vol golwende glans en vanuit elke golf sproei miljoene strale oor mekaar heen, almal in verskillende kleure. Die strale gryp inmekaar en daar ontstaan vorme wat ook weer oplos. Die vorme gaan hier en daar inmekaar oor, waardeur daar weer nuwe vorme ontstaan.

4 Verder op, meer na die hoofgebou se middel toe, sien ons hoe hierdie stralegolwe in bont sirkels ronddraai, wat hulleself dikwels kegelvormig vanaf die grond omhoog beweeg. Hierdie kegels glinster in `n wisselende lig, waarvan die betowerende prag nie in woorde uit te druk is nie. Tenslotte sien ons agter hierdie ligsirkels verby, die onderste ry pilare van die groot middel paleis.

5 Die pilare lyk soos na bo werwelende vlamme van `n helderrooi kleur en agter hierdie merkwaardige pilare straal `n ligblou wand wat tussen die pilare voorsien is van toegangspoorte, waaruit `n wondermooi groenagtige wit lig straal. Dit is alles wat ons tot nou toe kan waarneem.

6 Wanneer ons na die golwende beweging van die oppervlak kyk, kom dit vir ons voor asof dit uit een of ander water bestaan, waar mens nie oorheen kan loop nie. Die enigste waarmee ons dit egter kan weerlê, is `n terugblik op die versiering van die laaste laan, waar ons ook so 'n golwende oppervlak aantref, wat egter ook alles behalwe vloeibaar was. Daarom is dit dus moontlik dat die liggolwing van die oppervlak vir ons ook slegs gesigsbedrog is.

7 Ja, liewe vriende en broeders, so is dit ook in die geval. Alles wat julle hier in beweging sien, is slegs `n spel van die lig, wat op die sentrale sonne besonder sterk aanwesig is en wel des te sterker namate `n plek nader aan die ewenaar van so `n sentrale son lê. Daarom bestaan daar `n materiaal hier met `n besondere vaste struktuur wat `n glans aanneem, wat sterker is as die fynste diamant by julle. Wanneer so 'n groot oppervlak dan behoorlik gepolitoer is, neem dit ook des te begeriger die kragtige ligstrale op uit die ligeter wat so 'n son omgewe, en werp dan, as dit oorver­sadig is, hierdie strale weer terug. En so ontstaan daar uit die heen en weer strale so 'n golwende werking, wat homself van naby gesien tot allerlei ligvorme en deurmekaar bewegende golwe ontwikkel, van veraf gesien egter tot sirkels. Waarom wel? Omdat alle bewegings en alle vorme steeds meer in die verte vervlak, iets wat julle op julle aarde al uit verskillende verskynsels kan aflei. 

8 Gaan julle byvoorbeeld op `n aansienlike hoogte staan en julle kyk van daar af na die verre horison, wat op sigself baie oneffe is, dan sal julle dit tog as `n vlak lyn waarneem. Dit gebeur omdat die klein oneffenhede vir die verre, wye horison so goed as heeltemal verdwyn.

9 Bekyk julle `n meersydige pilaar vanaf `n sekere afstand, dan sien julle geen sye meer nie, maar lyk hulle rond.

10 Gaan ook nog net na `n breë rivier en kyk na die stroom van die water vanaf die nabygeleë oewer tot aan die teenoorliggende oewer; daar sal die verskynsel homself die duidelikste laat vasstel. Aan die mees nabygeleë oewer sal julle die stromende water bont deurmekaar sien golf, maar by die oewer aan die oorkant sal julle by die langer toekyk, suiwer ineengestrengelde kringe sien, waarin die stroom van die rivier langsaam verder lyk te werwel.

11 Hoe oneffe die hemelliggame aan hulle oppervlak is, kan julle by julle aarde voldoende sien, maar vanaf groot afstande bekyk is hulle volkome rond, dit wil sê ook al is hulle nie heeltemal so rond soos `n sirkel nie, en die lyn van hulle omtrek tog volkome gelykmatig verloop.

12 Mens sou nog baie sulke voorbeelde kan aanhaal, maar ek dink dat dit voldoende is om die voor ons lêende, al taamlike sterk op `n wonder lykende verskynsel te begryp; dit wil sê as verskynsel op sigself, sonder die innerlike, geestelike ooreenstemmende beteke­nis, waarna ons by `n passende geleentheid sal terugkom.

13 Voorlopig hoef ons niks anders te weet as dat die voor ons lêende grond volkome vas is, en daarom kan ons dan ook dadelik regstreeks daaroorheen begin te loop. Laat ons dus welgemoed na buite gaan.

14 Ons is buite die galery op die grond en kyk, hy is vas en waar ons staan is die golwespel van lig nie meer te sien nie. Ons kan ons nou dus na die hoofgebou begewe. Kyk tog net na die gebou, wat nou al in volle glorie voor ons staan.

15 Wat sê julle van die bouwerk? Julle sê wat ek eintlik ook sê: Hier is mens by so 'n grootse en verhewe skouspel sprakeloos en met stomheid geslaan! Wanneer mens hom `n tot in die oneindige veredelde en verfraaide toring van Babel sou voorstel, dan sou mens ongeveer nog die beste beeld daarvan hê. Mens sou slegs die spiraalvormige omhooglopende gange van die toring van Babel moet wegdink en hom in tien verdiepings indeel, waarby elke verdieping telkens iets kleiner van omvang is. Dit sou egter slegs `n kaal vorm sonder lig wees. Maar hier is die mees fantastiese en edel vorm oorgroot met `n onbeskryflike prag en glorie van lig. Hoe bly die vorm wat ons vir onsself voorgestel het, dan nie ver agter hierdie onbeskryflike, alle begrippe te bowe gaande heerlikheid nie!

16 Laat ons maar net nader gaan; die geheel sal hom steeds meer in haar oneindige prag ontwikkel. Van hier af sien julle die onderste ry sodanig, as bestaande uit afsonderlike groot pilare, wat elk dertig klafter hoog is. Die hoogte het julle wel goed geskat, maar nie die pilare self nie. As julle goed kyk, sien julle dat elke pilaar lyk asof hulle met ronde stawe bedek is. Maar nou is ons al ietwat nader en mens kan nou baie goed sien dat so `n geheel, wat op enige afstand één enkele pilaar blyk te wees, van naby gesien `n hele kring pilare is, dit wat ons vroeër vir afsonderlike stawe op `n groot pilaar aangesien het.

17 Kyk nou net, gelukkig het ons al by die groot balkonne van die sentrale gebou aangekom en sien dat elkeen van die hoofpilare uit dertig in `n kring geplaasde pilare bestaan. Hierdie pilare staan so ver van mekaar af, dat ons baie maklik so 'n versierde pilaar kan binnegaan en ons daarvan oortuig dat daar nog voldoende ruimte vir so 'n duisend mense is.

18 Maar bekyk ook hierdie pragtige inrigting; langs die binnekant van die pilaarkring wentel `n buitengewone pragtige trap, voorsien van `n skitterende leuning, wat lig stygend omhoog na die volgende verdieping lei. En kyk, elke pilaar of beter gesê, elke pilaarkring wat ons van hier af sien, is op dieselfde wyse ingerig.

19 Die vloer in so 'n versierde pilaar is liggroen en die galerye wat deur die omhooglopende trap verbind word, lyk soos vlammende goud; en kyk net daar, die vloer van hierdie eerste groot gelykvloerse galery het die kleur van die allermooiste ametis, waarin allerlei diamante soos in `n mosaïek verwerk is. Wat sê julle van hierdie waarlik ongehoorde prag? 

20 Ek sien dat dit weer hier net so met julle gaan as met my; mens vind letterlik geen woorde daarvoor nie. Laat ons maar net so 'n trap opgaan en die tweede verdieping in oënskou neem. Daar sal ons eers dinge te siene kry, wat alles wat ons tot nou toe gesien het, in die skadu sal stel. Volg my dus die trap op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205