|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 68
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Aanskoulike onderwys in trapsgewyse afdelings
68 Julle het nou gesien hoe die onmondige kindertjies daar leer praat; maar wat volg na die praat? Kyk, daar voor ons lê al `n ander gebou. Daar sal ons binnegaan en dit sal daar onmiddellik duidelik word wat verder met hierdie kinders gebeur. Ons is al in die gebou, wat werklik skitterend is, en ontdek hier nie meer die vroeëre afdelings nie, maar die hele gebou bestaan uit `n baie groot saal. Soos wat julle julleself met die innerlike gesigsvermoë daarvan kan oortuig, het hierdie saal genoeg ruimte om aan een miljoen sulke leerlinge plek te bied, waarby bowendien nog vir elke tien kinders `n leraar aanwesig is.
2 Wat gebeur egter hier? Kyk, daar voor ons is al so 'n groepie. Julle sien `n ronde tafel, waaromheen tien klein leerlinge, saam met hulle leraar, gerieflik `n plek het. Wat het die leerlinge voor hulle, wat op die tafel lê? Ons sien boeke met nogal stewige bladsye en op die bladsye staan `n reeks klein, maar meesterlik getekende plaatjies.
3 Wat doen die leerlinge met hierdie plaatjies? Eers kyk hulle daarna en praat daaroor en vertel daarna aan die leraar hulle eie verhaal oor die deur hulle bekykte plaatjie. Dit is die eerste aanhef tot die lees; hier word maar net uitgewerkte plaatjies gelees.
4 Kyk, daar is `n hele spul tafels op die voorgrond in `n reguit lyn oor die breedte van die saal geplaas. Daar is, soos wat julle kan sien, suiwer beginners in die lees beginsel. Julle sê nou weliswaar: Dit is alles goed en wel as dit slegs om die lees van suiwer beeldskrif gaan, maar as dit hier ook gebruiklik is om deur middel van stom tekens, of sogenaamde letters te lees, dan sien ons nog nie so goed in hoe dit moontlik is dat hierdie tekens, wat slegs `n klank aangee, uit hierdie lieflike plaatjies tevoorskyn sal kom nie.
5 My liewe broeders en vriende, laat dit maar net rus! Hoe dit hier met die werk gaan, sal vir julle al by die volgende rye tafels duidelik word en julle sal julle daarvan kan oortuig dat die mens hier langs `n geheel natuurlike weg, sonder om vooraf te spel en lettergrepe te vorm, baie voortreflik kan leer lees.
6 Kyk, daar is die tweede ry al; wat sien julle hier? Julle sê: Eintlik niks anders nie as dieselfde boeke, die plaatjies is net nie meer volledig uitgewerk nie, maar slegs met sogenaamde kontoerlyne aangegee. Kyk, daar is al meer dinkwerk voor nodig, om uit die verbinding van die lyne, weer die vooraf goed uitgewerkte beeld terug te vind. Tewens kan julle daaruit aflei dat die gemoed des te meer tot aktiwiteit aangemoedig word, namate daar vir die uiterlike beskouing van `n beeld, meer weggelaat word; die gemoed word aangespoor om die ontbrekende fragmente self aan te vul. Wat die leerlinge van hierdie tweede ry doen, het ons nou gesien.
7 Laat ons na die derde gaan: Ons is daar. Wat sien julle hier? Julle sê: Weer dieselfde boeke, maar hier sien ons slegs basislyne; die kontoerlyne daaromheen is slegs met puntjies aangegee. Kyk, hier is dit al moeiliker om die eintlike plaatjie te ontdek. Dat mens daarby reeds meer na die wesenlike betekenis, in `n sekere sin na die basis van die plaatjie teruggebring word, is duidelik. Tewens word die betekenis van die plaatjies al grondiger hier uitgesoek en die lyne op sigself begin belangriker te word.
8 Daar word bowendien uitgelê wat `n reguit, `n krom en `n sirkelvormige lyn is.
9 Ons gaan na die vierde ry: Wat sien julle daar? Eweneens weer boeke, waarin die basislyne weliswaar ook nog voorkom, maar hier word hulle meer deur kontoerpunte omgewe. Aangesien die gegewe plaatjies egter `n hele spul historiese situasies voorstel, wat meestal op die Heer betrekking het, en daar dus by elke afbeelding een, of ook verskeie menslike figure voorkom, word alle dele en aansluitings van die mens duidelik deur hierdie basislyne uitgebeeld, sodat die leerlinge maklik daaruit kan aflei hoe die dele van die mens georden is en watter betekenis die eenvoudige lyne, met betrekking tot die verskillende dele en aansluitings van die mens het.
10 Wat volg egter hieruit? Dit sal ons dadelik by die volgende ry sien.
11 Kyk, ons is al daar. Hier sien ons dieselfde lyne wat kleiner en nader aaneen geryg is, terwyl die uiteinde van die lyne hier en daar op bepaalde punte uitkom. Wat beteken dit? Dit is nog steeds die eerste afbeelding, maar die lyne gaan al min of meer in leestekens oor en die leerlinge moet hierdie tekens herken asof hulle die volledige afbeelding voor hulle sou hê.
12 Laat ons nou egter na die volgende ry gaan. Daar sien julle in die boeke slegs een, twee of drie hooflyne, maar wel in baie kleiner afmetings. Hierdie afsonderlike hooflyne word hier en daar deur klein bogies met mekaar verbind om daardeur aan te gee dat hulle bymekaar hoort. Die bylyne word hier en daar slegs deur enkele kort strepies of puntjies aangegee.
13 Kyk, is dit nie al `n egte skrif nie? Ja verseker is dit so: Dit is die geheel eintlike, oorspronklike, of oerskrif, wat met die hele wese van die mens korrespondeer. Julle sê en vra: Dit is korrek, maar hoe is dit dan met die afsonderlike klinkers, of met die sogenaamde abc? Ek sê vir julle: Dit lê alles daarin beslote, want die sogenaamde klinkers word deur die puntjies en strepies aangegee, die medeklinkers word egter deur die hooflyne en hulle verbindinge uitgebeeld. Verder lees mens hier nooit deur middel van die afsonderlike letters nie en daarom leer mens ook nie eers om daarvolgens te lees nie, maar gaan dit net omgekeerd. Soos wat julle gesien het, leer mens hier om te lees, eerstens met behulp van hierdie algemene tekens en daaruit leer mens eers naderhand die afsonderlike grondlettertipes herken en samevoeging en uit die saamgevoegde weer die algemene tekens ontdek.
14 Kyk, dit is hier die manier, om die leerlinge via die kortste en doelmatigste weg die lees by te bring.
15 Dat die vooraf geleerde spraak buitengewoon baie bydra tot die leer om te lees, hoef nouliks vermeld te word, want dit is sondermeer voor die hand liggend. Die verskil tussen die middele bestaan naamlik slegs daaruit, dat dit wat by die leer gespreek word, plasties en dramaties is, maar by die leer lees vlak geteken en verklein uitgebeeld word.
16 Ons sien egter nog meer rye; wat gebeur dan daar? Daar word voortdurend nog volmaakter lees geleer, dit beteken dat die leerlinge uit die vorm van die innerlike skrif, wat geestelik is, ten slotte deur middel van ooreenstemming, ook elke wêreldlike, uiterlike skrif leer ontdek en herken; mense in die gebou is maar net besig met lees. Dat die leerlinge in `n sekere sin vanself leer om daarby te skryf, hoef nouliks vermeld te word, want met hierdie metode slaan mens, soos julle gewoonlik sê, twee vlieë met één klap.
17 Julle sê en vra nou wel: Ja, as volgens aardse maatstawwe miskien nouliks vyf- tot sewejarige kindertjies dit alles leer, wat bly daar dan nog verder vir hulle oor om te leer? Want soos ons dit gesien het, het hulle hulle gedurende die leer praat, deur middel van die tallose, veelsoortige prente, tog al byna alles eie gemaak wat die mens maar vir hom in sy gees kan voorstel. En nog baie meer het die leer lees hulle gebied, want in hulle prente kom tog so buitengewoon baie en veelsoortige situasies voor, dat `n mens, om dit te verwesenlik, `n hele oneindigheid nodig sou hê. Daarom is dit werklik nie maklik om in te sien, wat se hoër skool daar nog hier sou wees nie.
18 Laat dit maar ewe rus; die vervolg sal julle toon wat mens nog alles hier moet leer. Julle moet veral nie dink dat mens in die ryk van die geeste as gees al in `n sekere sin, soos julle gewoond is om te sê, alle wysheid van die hemel in pag het nie, en dan nog `n skeppie daar boonop. Dit sou werklik `n buitengewone eentonige lewe wees, as mens hom in `n situasie sou bevind wat nie vervolmaak sou kan word nie. Wanneer die Heer egter Self, wat julle weliswaar nie heeltemal sal begryp nie, steeds in die ontwikkeling van Sy oneindige krag voortskry, dit wat julle maklik kan aflei uit die voortdurende skep en die voortplanting van alle dinge, hoe sou daar dan vir Sy kinders ooit een of ander stilstand kan bestaan? - Hoe sulke verdere ontwikkelinge egter gebeur, sal die vervolg toon.
|
|
|
|
|