Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Aardse beelde van die onderste hel

112 Ten eerste; laat ons net `n ryk spekulant as voorbeeld neem. Beskou hierdie ewig onversadigbare net van naderby. Waarop het hy sy liefde en wil gerig? Maar net op alle moontlike, maar ietwat wetlik geoorloofde maniere om die besittings van `n hele land vir homself en ten slotte van `n hele ryk te verskaf, en as hy slaag, ook nog verskeie ander ryke, so nie die hele aardoppervlak te bemagtig. So `n waarskynlike plan geluk hom weliswaar nie heeltemal nie en hy sal sy idee waarskynlik nooit heeltemal realiseer nie, maar desondanks laat hy dit nie los nie en heimlik dink hy; het ek maar `n krygsmag van minstens `n paar miljoen onoorwinlike soldate, dan sou ek al die goud, silwer, alle edelstene en pêrels van die hele wêreld op `n hoop laat vergader.

2 Ook het menigeen die volgende wens: As `n pes tog net in die land sou uitbreek, sodat almal in die sand byt, behalwe al my mense, dan sou ek die natuurlike, universele erfgenaam van die hele land wees. As daar dan mense uit `n ander land sou kom wat my my universele erfreg sou wil betwis, dan sou die pes hulle dadelik aan die grens moet pak en wurg!

3 Kyk, dit is `n beeld van die onderste hel, wat julle daagliks onder die mense kan aantref onder alle stande, om te begin by die gewone marskramer tot by die grootste spekulant. Wat belet hulle om sulke sogenaamde loflike idees te realiseer? Niks anders nie as die fatale materie. Neem ons dit egter weg en beskou ons dan die absolute gees met dieselfde eienskappe, dan het ons die onderste hel in topvorm voor ons!

4 Ten tweede: Daar staan nou `n offisier met `n laer rang voor ons. Wat is die vernaamste gedagte wat daar in sy hart huisves? Miskien die gedagte om die staat nuttige dienste te bewys? O nee, dit is wel die laaste. "Vooruitkom", is die vernaamste gedagte; dat dit moontlik sou wees om elke uur `n trappie hoër te klim, in `n jaar ten minste generaal te word en as sodanig so gou moontlik te promoveer. Stel jou voor dat hy die hoogste trap van die leer bereik het, dan sal sy plan, of ten minste sy vernaamste gedagte wees: Om nou daarop uit te gaan om met `n enorme leërskare alle volkere te oorwin. Is hulle oorwin en het ek die mag in die hande, dan moet alle keisers, konings en vorste voor my swaard bewe!

5 Wie nou nie die heerssug in ons offisier herken nie, moet wel met `n sewevoudige blindheid geslaan wees. Wat is ook hier weer die oorsaak dat ons offisier nie in staat is om dit te realiseer nie? Net soos hierbo, die materiële, natuurlike, beperkende omstandighede. Die materie tik ons held op die vingers en hy moet hom goedskiks of kwaadskiks sy ondergeskikte offisiersrang laat welgeval. Daarom skel hy nogal en probeer sy heerssug so goed moontlik vir sy ondergeskiktes te laat voel. Die geringste vergryp van `n ondergeskikte word met tirannieke onbarmhartigheid bestraf. Neem by hierdie offisier die materiële hindernisse weg en julle het `n tweede, volmaakte beeld van die fundamentele hel in `n nie te oortrefde vorm voor jou.

6 Ook dié beeld kan julle veelvuldig vind, veral by die kategorie mense wat bevoeg is om `n offisiersswaard (degen) te dra en ook by hulle wat die voorreg het om `n karikatuur van `n sogenaamde adellike wapen vir hulle weinig seggende naam te voer. Oral sal julle daar die heerssug aantref en wel in die mees uitspreekbare vorm. En dit is nou juis die wese van die onderste van alle helle, wat onversadigbaar is en wat haar heerssug en begerigheid tot in die oneindige wil uitbrei. – Daar volg nog meer beelde!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205