Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Oor die wese van die kindskap van God

63 Luister, ons oudste spreek: Hoë afgesant van die groot God! Nou is dit vir my volkome duidelik en die kwessie van die kindskap van God kry nou `n baie ander aansien. Aangesien dit egter so en nie anders is nie, sou dit, vergeef my, vanuit my standpunt gesien, in `n sekere sin nie net vir die goddelike ordening wees om na die sogenaamde waaragtige kindskap van God te strewe nie, dit wat volgens jou resente uitspraak weinig of selfs heeltemal niks te beteken het nie; dit sou selfs `n egte dwaasheid wees om vir niks en niemand al die goeie en oordadige wat mens besit op te gee. Dan sê ek; genoeg heen en weer gepraat oor God en Vader en oor my as kind van God; vir my hoef dit nie meer te gaan as ek uiteindelik heeltemal met leë hande sou moet verder gaan nie!

2 Enersyds is nie te ontken dat by die gedagte om God as Vader te hê, en wel deur die allerintiemste wedersydse liefde, elke ander gedagte volkome tot niet gedoen word, omdat `n geskape wese hom tog geen nouer band kan voorstel nie; andersyds as mens bedink, dat mens met betrekking tot hierdie grootse gedagte en hierdie grootse Naam, op sigself tog self heeltemal niks meer is en mag wees nie, en die mens selfs steeds gereed moet staan om aan alle skepsele die geringste diens te bewys, dan sê hierdie gedagte en hierdie groot Naam vir ons, as mense van hierdie wêreld, heeltemal niks meer nie.

3 As ons hier alles kan hê wat ons hart begeer, tydelik en heel in die besonder ewig in die gees, maar as "kinders" ons nie eens volgens ons eie wil oor die drumpel mag begewe nie, luister, dan bly ons tog sekerlik wat ons is. Want om niks te word, sou `n bestaan tog sekerlik nie nodig wees nie. As `n wese eenmaal daar is, dan veronderstel mens al deur sy bestaan `n voortdurende ontwikkeling van sy kragte, iets wat reeds die geval is hier; maar nie dat die mens vervolgens, terwyl `n mens die hoogste voleinding verwag, niks anders as `n volledige vernietiging van alle kragte en insigte wat `n mens vir homself eie gemaak het, sou moet verwag nie.

4 Ek dink dat jy my baie goed begryp het, want ek het nou gespreek soos elke maar ietwat verstandig denkende wese wel sou moet spreek as hy die verhoudinge betreffende die kindskap van God hoor hoe dit uitgelê word,  soos wat jy dit so-ewe gedoen het

5 Wat my betref, het ek oor die kindskap van God `n baie ander mening en durf stellig te beweer dat daar agter die kindskap van God baie meer skuil as wat jy my meegedeel het. Dit kan wel wees dat die mens as kind, sekerlik vanuit die hoogste liefde tot die Vader, vrywillig alles opgee. Dit is eg eie aan die karakter van die liefde, maar dat die mens andersyds vir so 'n geringe offer iets onuitspreeklik mag verwag, kan die hele ewigheid my nie betwis nie.

6 Ons het hier weliswaar volgens ons geestelike leer die groot vermoë gekry, om as geeste alle dieptes van God se skeppinge te bereis en onuitspreeklik te geniet van Sy ewige tallose en mees veelsoortige wonderwerke, maar volgens wat ek ten sterkste vermoed, kan die kinders van God in één oogopslag dit oorsien, waarvoor ons ewighede nodig het. Ons het wel die mag om as geeste die dinge van ons wêreld en bygevolg ook die van ander wêrelde wat van hierdie een afhanklik is, te reël, maar die kinders van God, wat baie nou verbonde en intiem met God verenig is, is sekerlik medeskeppers. En terwyl ons tog altyd slegs materiële sake moet reël, het die "kinders uit God", hulle Vader, nie slegs die heerskappy oor die totale, eindelose materiële skepping nie, maar ook oor alle geestelike skepsele.

7 Kyk, dit is my mening en vir die waarheid daarvan bied ek alles wat ek op hierdie wêreld maar myne mag noem as onderpand aan. Jy het weliswaar gesê dat `n kind hom nie oor die drumpel mag begewe, sonder die wil van die Vader nie, self geen spyse mag neem nie en in eenvoudige hutte moet woon. Dit wil ek alles graag aanneem, maar as mens as kind van God, in één oogopslag, alle eindelose heerlikhede van God kan oorsien, dan sou ek tog graag wil weet waartoe mens sy voete nog oor die drumpel sou wil sit. Wanneer mens verder in `n volmaakte skeppende vermoë met God Self in die ewige sentrum staan, van waaruit alle tallose skepsele gevoed word, dan sou ek wel net die rede wil weet wat iemand sou noodsaak om homself van voedsel te voorsien, terwyl mens in die sentrum van al die lewe staan. En ook dink ek dat dit net so gesteld is met die eenvoud van die woninge van God se kinders. Of dit nou `n hut is of `n paleis, dit kom tog alles op dieselfde neer as mens in homself alle heerlikhede van God aanskoulik byeen het.

8 Wanneer mens hom in die heerlikheid bo die hele oneindigheid en ewigheid bevind, `n heerlikheid wat alle skepsele van die oneindigheid nie in die minste kan verminder nie, dan kan mens net so goed `n allergeringste dienaar en `n kneg van alle knegte wees. Want wat verloor mens daarby? Moet die hele skepping, as dit daarop aankom, homself dan nie tog op die allergeringste wenk, stip gehoorsaam nie?

9 Dit is waar, ons geeste het ook krag en mag om oor die eie wêreld te heers, maar is hulle daarom heer en meester oor die wêreld? O nee! Hulle doen weliswaar wat hulle wil, maar hulle kan nie wil, wat hulle wil nie. Ons wil is in julle gegrond, julle is egter vry in die wil van Hom, wat julle Vader is!

10 Hoë afgesant van die Heer! Ek glo dat ek die situasie korrek geskat het, maar desondanks vra ek jou of jy my nie nog enkele woordjies daaroor sou wil sê nie, sodat ek daaruit sou kan aflei, in hoeverre my oordeel met die allerhoogste waarheid ooreenkom.

11 Nou spreek ek en sê: Luister, my geagte oudste van die oord, ek wis immers goed dat jy die korrekte lig in jouself sou vind, nadat ek jou die korrekte weg daartoe getoon het. Jou oordeel is korrek; jy het hierdie keer die wese van die kindskap van God presies reg verstaan.) Soos wat jy dit omskrywe het, so is dit ook, maar deur die deemoed en die liefde word jy dan tog weer genoodsaak, om dit deur jou so veroordeelde "meer", en nie dit deur jou eerder so geprese "minder" te verkry nie. 

12 Wat egter nou te doen? Want kyk, jy is nóg met die een, nóg met die ander tevrede. By die verkryging van "meer", is deemoed en liefde volgens jou `n slegte middel, dus geen deugde nie; die "minder" kry vir so 'n deug, lyk vir jou soos dwaasheid. Hoe moet hierdie saak dan gereël word om jou tevrede te stel? Ek sal die raaisel vir jou oplos.

13 Kyk, jy het nog die idee dat mens slegs meer sou moet kry, as mens meer verlang en minder as mens minder verlang. Ek sê egter vir jou: Dit is die maatstaf van die skepsel, maar by die Skepper is die omgekeerde die geval. Wie baie verlang, sal weinig ontvang; wie weinig verlang, sal baie ontvang; wie niks verlang, hom sal alles ten deel val!

14 Jy vind hierdie gang van sake miskien ietwat onnatuurlik, maar kyk, daar is by jou tog ook soortgelyke omstandighede, waarin jy deurgaans nie anders handel as wat die Heer dit doen nie. Wanneer iemand jou byvoorbeeld `n diens bewys en `n hoë loon daarvoor verlang, hoe sal hy dan in jou hart ontvang word? Jy sê: Dan kry hy geen warm onthaal nie. Wanneer hy jou egter `n groot diens bewys het en weinig daarvoor verlang, hoe sal hy dan in jou hart ontvang word? Jy sê: Hy sal `n warm onthaal kry. Maar wanneer iemand alles vir jou gedoen het wat jy ook maar gewens het en uiteindelik niks van jou verlang nie, omdat hy alles gedoen het uit liefde vir jou, sê net, hoe word hy dan in jou hart ontvang? Jy sê: Hom sal ek aan my regterkant plaas en ek sal alles met hom deel, want by hom staan my hart volledig in die skuld.

15 Kyk my geagte oudste, dit is nou presies die verhouding van God tot Sy skepsele. Wees jy die laaste, dan is jy `n kind van God en sal jy ook deur Hom aan Sy regterkant geplaas word. Dit bewerkstellig die liefde bowenal, want God kyk nie in die eerste plek na die werk nie maar veral na die liefde. Vloei die werk voort uit die liefde, dan het dit vir God waarde; vloei dit egter slegs uit die wysheid voort, dan het dit, oftewel geen waarde nie, of slegs waarde vir sover die liefde daarby in die spel was. Nou weet jy alles en hoef ek jou verder niks meer te sê nie. Wil jy die duidelik aangegewe weg bewandel, dan weet jy nou baie goed welke doel jy kan bereik; bly jy egter soos jy is, dan sal jy ook jou goeie doel bereik ,maar nie die eintlike kindskap van God nie!

16 Kyk nou, ons oudste word baie deemoedig en oordink my woorde goed. Hy sal weldra die woord tot sy kinders rig. Daarna sal ons nog luister, vervolgens die volk seën en dan dadelik weggaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205