|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Beskrywing van die hoogste standplaas
55 Ons is op die plek van bestemming. Wat sê julle wel van hierdie skouspel? Het `n op aarde lewende mens met sy oë, ek bedoel die oë van sy siel, ooit in sy allerstoutste fantasie ook maar iets soortgelyks kon vermoed?! Kyk, die nog buitengewone groot, ronde plato waarop ons onsself bevind, straal sagte-groen, en die strale is nie golwend nie, maar `n rustige uitstraling. Waarmee sou mens hierdie vloer kan vergelyk? Miskien met buitengewone mooi gepolyste smarag? O, wat `n swak vergelyking sou dit wees. Sou mens die vloer miskien moet vergelyk met die allerfynste syfluweel, wat straal asof die drade waarvan dit gemaak is, van groen goud sou wees? Ek sê, ook hierdie vergelyking is swak en is hier nie op sy plek nie. Ja, met aardse vergelykinge sal ons beslis nie verder kom hier nie. Ons sal dus ietwat hoër moet gryp: Ons sal ons hande ver in die eindelose ruimte moet uitstrek, om enkele planetêre sonne daarin aan te tref, wat haar omgewende hemelliggame met so `n groen lig verlig. Ja, `n son moet dit wees en dit sou hier as `n plat skyf neergelê moet word; dan is die vergelyking korrek.
2 Sien, dit is dus die vloer waarop ons nou staan; hy is soos die magtig stralende eteroppervlak van `n son, en tog so hard soos diamant. Wat sê julle van hierdie eindelose prag? Julle is sprakeloos en kan geen woord uitbring nie. Ja, my liewe vriende en broeders, dit is ook volkome begryplik, want waar dit vir ons, die liggewende geeste van die hemel, moeilik word om te spreek, sal dit vir julle tog sekerlik nog veel moeiliker word, aangesien julle nog nooit van `n soortgelyke, onmeetlike, oorvloedige ligverhewenheid, iets in julle gemoed te siene gekry het nie.
3 Ons laat dit nou rus. Die vloer het ons bekyk en ons rig nou ons blik na die onuitspreeklike pragtige omheining van die groot plato. Ons sien eers `n wit balustrade wat die hele groot plato omgewe, maar telkens, elke tien klafter, rys daar vanaf die balustrade (borswering) `n meer as honderd klafter (190 meter) hoë obelisk omhoog. Sy stralende kleur is ook verblindend wit, maar kyk, op die top is elke obelisk versier met `n taamlike groot bal wat soms rooi, soms groen, soms blou, soms violet, soms geel, en so nog deur verskeie kleurnuanses heen, pragtig straal. Dit lyk wel asof daar bo-op elke obelisk, waarvan daar rondom die groot vrye plato honderde is, `n egte son is wat daar is om hierdie oop plek baie sterk te verlig.
4 Mens sou hier inderdaad kan sê: Waarom is daar op so 'n sentrale son nog soveel liggewende voorwerpe? Dit sou vir die oog weldadiger gewees het as daar `n vermindering, in plaas van so `n versterking van die lig sou wees. Ek sê vir julle; daarvoor is juis gesorg, deur die opstelling van sulke kragtige skynende voorwerpe. Dit is, sê julle, nie so maklik te begryp nie. Maar ek sê vir julle dat dit baie natuurlik is en maklik begryp kan word. Op watter manier dan? Daarvoor, my liewe vriende, is daar op aarde ook al `n hele klomp voor die hand liggende voorbeelde, sowel op natuurlike, as op geestelike gebied.
5 Kyk, as by julle in die somer, alle plantegroei in wit tevoorskyn sou kom en wel so wit soos die sneeu in die winter, dan kan ek julle stellig verseker dat julle oordag nie na buite sou kan gaan, sonder om binne `n kort tydjie deur die buitengewone sterkte van die lig totaal te smelt en op te los nie, want die strale van die son val tydens die somer te intensief op die oppervlak van die deel van die aarde wat julle bewoon. Maar in die winter het die wit kleur `n goeie uitwerking, want sonder hierdie kleur sou die lig te min effek hê en na verloop van tyd sou die koue soseer toeneem, dat julle dit onmoontlik in die buitelug sou kan uithou. Die wit kleur van die sneeu werp egter die lig weer terug en so word die lug van agter af opgewarm.
6 Maar in sulke somers moet die plantegroei die oppervlak van die aarde met bont kleure bedek. Deur hierdie wyse voorsiening, word die werksaamste deel van die intensiewe sonstraal geabsorbeer en slegs die sagte deel daarvan kaats weer vanaf die bontgekleurde aardoppervlak terug. Julle sou ook `n soortgelyke fenomeen kunsmatig in die kleine kan uitprobeer en daarvoor reik ek julle die volgende aan:
7 Plaas snags, op die middel van `n tafel, `n baie fel skynende lamp. Wanneer julle na hierdie lamp kyk, sal haar lig pyn veroorsaak aan julle oë. Maar as julle meer lampe om die witvlammende heen sou aansteek en julle plaas oor hulle wit vlamme verskillende gekleurde glas silinders, dan sal julle lig van allerlei kleure kry, dit wil sê dat elk van die lampe, wat rondom die witvlammende lamp staan, `n ander gekleurde lig sal uitstraal. Maar welke effek sal dit hê? Die effek is, dat julle sonder enige probleem in die lig van die wit lamp in die middel sal kan kyk, waarby dit vir julle sal voorkom asof dit in julle kamer by die brand van minstens tien lampe donkerder geword het as eers by die brand van die een wit lamp. Dat dit korrek is, toon die hele natuur julle daagliks, soos wat die daaruit geputte ervaring ook doen op die manier soos ek julle so-ewe vertel het.
8 Geestelik gesien moet dit egter ook korrek wees. Waarom wel? Omdat dit in geestelike sin eerder voorhande moet wees, as in die natuur. Is dit geestelik korrek, dan is ook die onomstootlike bewys vir die natuurlike korrektheid gelewer. Sou dit moeilik wees om die geestelike korrektheid te bewys? O nee! Julle self het al `n baie goeie spreekwoord daarvoor, wat in hierdie aangeleentheid meer as voldoende duidelikheid verskaf. Die spreekwoord lui: ‘Ex omnibus aliquid et in toto nihil’. In die sieleligkamer van `n mens wat in alle vakke van die menslike kennis bedrewe wil wees, sal dit sekerlik baie bont gekleurde strale wees. Word al hierdie strale egter gebundel dan sal hulle, om snags `n vertrek te verlig, nouliks meer krag hê as hoogstens die van `n glimwurmpie. Ook geestelik gesien sal so `n effek baie duidelik tot uiting kom, want sulke veelsydige wetenskaplike ontwikkelde mense is, ewemin in die afsonderlike dele as in die geheel, bekwaam om in alle opsigte `n bevredigende mening oor een en ander ten beste te gee.
9 Ek dink dat dit so duidelik uitgelê is, dat ons verder geen woord meer daaroor hoef te rep nie. Daarom kan ons onsself, weer goed ingelig, op ons pragtige vrye plato rig, want ons het nou voldoende insig om te kan begryp met welke doel hier sulke ligskakerings aangebring is. Hiermee het ons die vloer en die omheining van die plato voldoende bekyk.
10 Maar kyk nou nog eens na die middel van dit groot oop terras. Daar verhef nog `n magtige groot versierde pilaar homself, wat aan die bokant met `n donkerrooi stralende kroon bedek is. Hierdie kroon word gedra deur dertig pilare, wat twee klafter (3.8 meter) van mekaar af staan. In die middel van die versierde pilaar ontdek julle `n karmynrooi altaar, waarop ons bekende dwars oormekaar gestapelde hout lê. Daarheen sal ons onsself ook dadelik begewe, en goed oplet wat homself nog op hierdie pragtige oop vlakte alles sal afspeel. Tewens maak ek julle ook nog daarop attent, dat juis die geweldige versierde pilaar, waarvan die pilare `n helder ligblou kleur het, die twaalfde verdieping van die gebou vorm, wat julle tot nou toe gemis en vanuit die verte gesien het. Noudat ons klaar is op hierdie plek, begewe ons onsself dadelik na die versierde pilaar en wag daar af wat hom voor ons oë sal afspeel. - Daar gaan ons dan.
|
|
|
|
|