Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die gees, skepper van sy eie wêreld

119 `n Goeie landskapskilder, tewens groot liefhebber van mooi buitepartye, kom van so 'n opelugfees tuis. Die omgewing wat hy daar gesien het, geval hom dermate dat hy wel vir altyd daar sou wil bly, maar sy sake laat dit nie toe nie. Wat bly dan vir hom oor om hom, tenminste vir die skyn, in hierdie, vir hom so pragtige omgewing, te kan ophou? Hy skilder die landskap met groot vakmanskap op twee groot, leë mure in sy woonkamer so voortreflik, dat elke besoeker, hoogs verbaas, die pragtige, algemeen bekende omgewing oombliklik herken

2 Vraag; waar het ons skilder die voorbeeld vir die landskap vandaan gehaal? Het hy miskien `n kopergravure voor hom gehad? Of het hy self eerder ter plaatse `n skets van die omgewing gemaak? Nee, nóg die een, nóg die ander; hy het die kontoere van die landskap lewendig in sy fantasie vasgehou en getrou hier op die mure weergegee.

3 Dit is waar, en elkeen sien die moontlikheid daarvan in; maar dit is seker dat nie iedereen begryp op watter manier ons skilder die mooi landskap vanuit sy fantasie op die mure aangebring het nie. Nou is die vraag: Hoe en op watter manier het hierdie skilder die landskap vanuit sy fantasie op die muur aangebring? Kyk, dit is `n belangrike lewensproses en dit hou baie meer in. Daarom sal ons dit ook ietwat nader toelig. Ons het by die aanskouing van ons sentrale son so duidelik moontlik geleer en deursien wat daar alles in die gees van die mens voorhande is. Sou dit nie in die menslike gees voorhande wees nie, hoe sou hy hom dan ooit `n idee kan vorm en hom `n voorstelling kan maak van iets, wat geen sterflike oog ooit gesien het nie?

4 Die mens kan egter in homself tot onbegryplike hoë en bonatuurlike geestelike aanskouinge kom en daarom moet hy alles in homself hê, wat ooit `n fantasie kan voortbring.

5 Maar die fantasie van `n mens kan suiwer of onsuiwer wees. Suiwer is dit wanneer die onsterflike gees van die mens reeds so suiwer in sy liggaam aanwesig is, wat selde die geval is, wat sy suiwer beelde nie deur die beelde van die buitewêreld laat vertroebel en verontreinig word nie. So kan die fantasie deur die opneem van slegs uiterlike beelde suiwer wees, wanneer dit deur die krag van die siel, die aanskoue beelde vashou en dit dan by geleentheid natuurgetrou weergee. Onsuiwer is die fantasie egter, wanneer die gees in die liggaam van die mens nog te passief is, sowel ten opsigte van sy innerlike beelde as van die van die buitewêreld. Daardeur loop alles dan deurmekaar, die geestelike en die natuurlike, en as hy `n fantasiebeeld maak, begryp niemand wat dit nou eintlik voorstel nie, iets geesteliks of iets natuurliks. Tot hierdie kategorie onsuiwer fantasiebeelde behoort al die Middeleeuse raaiselagtige obseniteite, waarvolgens die hemel sy wonderlike aansien gekry het, die hel en die sogenaamde vaevuur `n braaioond geword het en meer sodanige dwaashede.

6 Daaruit volg egter dat in die gees, wat die hele lewe van siel, sowel as liggaam bepaal, vooraf reeds alles wat die hele oneindigheid bevat, aanwesig moet wees, van die kleinste tot die grootste, dus hemel en hel en tussen beide hierdie ekstreme die hele natuurlike wêreld. En die eindeloos lewendige vermoë van die gees is dit wat julle in die algemeen "fantasie" noem.

7 Wanneer iemand dan iets uit hierdie ryk kamer tevoorskyn wil bring, hoef hy maar net sy liefde op te wek. Hoe sterker die liefde word, des te heftiger word haar vlam en des te sterker haar warmte en haar lig.

8 Deur hierdie eienskap van die liefde word die beeld wat deur haar opgeneem is, self lewendig en hy teken hom deur die lig van die liefde steeds duideliker af totdat dit ten slotte, net soos die landskap van ons skilder, sy volle rypheid verkry het. En dit, deur die eienskap van die liefde volkome gerypte beeld in die mens self, is die eintlike innerlike wêreld van die gees.

9 Nou weet ons waaruit die skilder die beeltenis geput het. Dit is al iets, maar ons weet nog meer en wel, dat die gees op hierdie wyse die skepper is van sy eie wêreld.

10 Ons weet egter ook dat elke ding in die wêreld ooreen kan stem met goed of sleg, en dit word deur die aard van die liefde bepaal. Is die liefde volgens God se ordening, dan word alles deur haar goed; is die liefde teen God se ordening, dan word alles deur haar sleg. Op hierdie manier ontwikkel elke mens dan in homself, óf die hemel óf die hel.

11 Elke daad en handeling moet aan `n bepaalde plek gebonde wees en op sigself `n sekere vorm, of beter gesê, seremonie hê, waaronder dit plaasvind.

12 Wat ervaar julle in `n omgewing op aarde, waar gedenktekens staan wat van baie gruweldade getuig. `n Stille huiwering sal julle sekerlik oorval. Kyk, dit is reeds `n vorm van die helse, want in die gees vorm hierna ook `n wêreld wat vol staan met gedenktekens van gruweldade. In hierdie wêreld kyk die gees terug in oneindige dieptes en sien daarin sy onverbeterlike slegte gedrag. Maar baie anders is dit wanneer julle in `n omgewing kom waar van oudsher mense gewoon het wat baie goeie en edel dade verrig het. Julle sal julle daar eg tuis voel en daar sal `n geluksalige gevoel oor julle kom asof julle julleself, by wyse van spreke, in Abraham se skoot sou bevind. Dit is `n voorgevoel van die hemel. In absoluut geestelike toestand kom dan juis die gevoel saam met die vorm baie lewendig tot uiting. Hierdie vorm is die geestelike landskap van die hemel en dit is, soos wat julle maklik sal insien, ook die werk van die gees.

13 Daaruit volg baie duidelik dat elke mens deur die aard van sy liefde die skepper word van sy eie innerlike wêreld, en dat hy nooit in een of ander hemel of hel kan kom nie, maar slegs in die werk van sy liefde. Daarom staan daar ook; "en julle werke volg julle na". En juis op die wyse, soos wat ons nou die verskyningsvorm van die hel meegemaak het, belewe ons bekende sonkinders dit ook. Wat daar verder met hulle gebeur, sal ons in die volgende sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205