Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Tiende verdieping. Die wese van vraag en antwoord

52 Ons is op die plek van bestemming. Kyk dus maar baie goed om julle heen en sê vir my dan wat julle alles hier sien. Maar let wel, as julle die dinge hier wil sien, dan moet julle in die rooi lig bly. In die wit lig sou julle hier ewemin iets waarneem as op die vorige galery.

2 Ek merk wel dat julle `n vraag het wat `n bietjie vreemd klink. Dit is eintlik nie heeltemal so op sy plek hier nie, maar omdat dit nou eenmaal daar is, sal ons ook vir `n bevredigende antwoord sorg. Die vraag wat julle in julleself stel, lui as volg:

3 Liewe vriend en broeder, dit is alles verhewe, mooi, waar en goed wat ons hier sien en baie in die besonder wat ons uit jou mond verneem, maar daar is voortdurend iets, wat ons eintlik nie heeltemal kan deurgrond nie en dit lê inderdaad beslote in die vraag wat jy so-ewe by ons ontdek het en dit het jy nou voor ons uitgespreek.

4 Kyk, eintlik is ons die persone wat vra en spreek en ons word ook as sprekende en vraende persone gesiteer; en tog is dit nie ons wat spreek en vra nie, maar altyd is jy die een wat sowel vir ons uit onsself, dan vir ons, ook uit onsself, spreek. So sien jy dikwels in ons `n vraag waarvan ons self nog geen vermoede het nie. Netso geformuleer verkondig jy ons ons eie uitinge en beoordelinge, waarvan ons nog nouliks van kon gedroom het. Jy vra ons, en ons antwoord kom uit jou eie mond, want as die antwoorde werklik op ons sou aankom, dan sou ons dikwels met `n mond vol tande gestaan het en op baie van jou vrae met geen woord kon beant­woord nie.

5 Sê ons daarom, liewe vriend en broeder, hoe dit met mekaar te rym is. Hoe spreek ons deur jou en hoe het ons nou hierdie aktuele vraag self aan jou gestel, wat ons enkele oomblikke gelede nog absoluut nie by ons gevoel opkom het nie?

6 My liewe vriende en broeders, ek sal julle spoedig uit die droom help. Wanneer julle aan `n baie ervare en bekwame botanikus die wortels van `n plant toon, dan sal hy julle onmiddellik die vorm van die plant beskrywe of haar tot in al die puntjies uitteken. En as die plant dan voor julle oë gevorm sal wees, sal julle haar ook dadelik as `n baie goeie en bekende herken.

7 Wanneer julle een of ander geraamte, dus slegs `n skelet, aan `n bekwame anatoom gee, dan sal hy aan die hand van die vorm van die beendere, in staat wees om julle baie verseker die gestalte van die vroeëre persoon aan te gee, want dit herken hy aan die stand en die verbinding van die beendere. As hy die kuns verstaan om wasbeelde te maak, dan sal hy in staat wees om die beendere so kundig met was te bedek dat julle meen dat die egte, lewende persoon wat julle geken het, as herrese voor julle staan.

8 `n Bekwame chemikus, wat vir julle `n vloeistof laat sien, wat bestaan uit meer bymekaar gevoegde, vir julle onbekende komponente, sal die vloeistof sonder enige moeite vir julle in haar oorspronklike komponente ontleed, waarna julle dit dan spoedig sal herken en weet waarvandaan dit kom, van swael, kalk of wat dies meer.

9 Wanneer julle êrens `n saadjie vind en nie weet van watter plant dit is nie, dan kan julle na `n kundige tuinier gaan en hom die saadjie laat sien; hy sal julle onmiddellik vertel van watter plant dit kom en hy sal julle ook `n uiteindelik voorradige, soortgelyke plant laat sien wat sodanige sade dra.

10 Sou julle by dit alles nie ook kan vra nie; ja, hoe kan dit nou wees? Hoe kan mens sulke vele klein kenmerke onthou en dan met sekerheid die voorafgaande of die nog volgende daaruit bepaal?

11 Kyk, my liewe vriende en broeders, dit gebeur in `n sekere sin vanuit die wortel. Dat ek julle vrae, net soos julle antwoorde ken en uitspreek, gebeur omdat ek as suiwer gees `n geestelike botanikus, `n geestelike anatoom, `n geestelike chemikus en `n geestelike tuinier is. As sodanig kan ek dan ook uit julle nog onbekende wortels in julle aflei, wat nog vir julle onbekend is, watter vraag daaruit te syner tyd tevoorskyn sou kan kom. As anatoom deursien ek julle innerlike bou en sien met die grootste gemak die wisselwerking van julle gevoelens en die daaruit voortkomende oordeel en gevolgtrekkings. As chemikus is ek in staat om die idees wat nog chaoties en verward deurmekaar in julle lê, onmiddellik voortreflik te rangskik en dit dan ook baie goed geordend aan julle voor te lê. As tuinier ken ek alle sade wat in julle uit die mees verskillende woorde en begrippe bestaan. Julle weet nog nie wat daaruit sal opgroei wanneer dit op die innerlike, lewende grond van die gees sal ontkiem nie. Maar ek is `n tuinier, wat vir julle al vooraf julle geestelike plantsoorte, wat uit die een of ander saadjie tevoorskyn moet kom, kan toon en waarvan julle in die verste verte nog geen idee van het nie.  

12 Daarom kan ek vir julle vra en antwoord soos julle dit in feite self sou doen. Eintlik doen julle op aarde immers byna steeds dieselfde.

13 Wanneer julle iets van iemand vra, dan doen julle dit omdat julle in julleself wel die kiem, maar nie die volwasse plant van die antwoord waarneem nie; gee hy dan die gevraagde antwoord, dan is dit eintlik nie sy antwoord nie, maar julle eie antwoord uit die mond van die ander. By hom was dit al volgroeid, maar nog nie by julle nie. Nadat julle die antwoord gekry het, het julle dan ook baie gou begryp en daardeur die gevoel gekry asof dit in julleself opgegroei het.

14 Dit is ook die geval wanneer iemand julle iets vra, of julle by bepaalde geleenthede `n vraag in die mond plaas, soos julle gewoond is om te sê. Dan sal julle ook vlot antwoord of vra, maar nie asof die antwoord of die vraag van julle sou wees nie, maar van hom wat dit aan jou gestel het. Want dit is tog wel seker so dat jy vir niemand iets sal vra wat jy al weet nie, terwyl jy ook vir iemand wat niks vra, geen antwoord sal gee nie.

15 Die vraag is dan `n behoefte wat die antwoord soos `n loot vooraf gaan. As die vraag egter `n loot is, sou dit dan nie die grootste onsin wees om te beweer dat die blomme en vrugte aan die loot, wat `n gevolg is van die van buite af inwerkende warmte, aan `n ander boom sou toebehoort as aan die waaruit die loot tevoorskyn gekom het?

16 Ek is egter van mening dat elkeen wat `n vraag stel, die doel het om `n bevredigende antwoord vanuit die behoefte te kry, en as die antwoord vir hom `n behoefte is, dan hoort dit tog sekerlik in sy lewensfeer tuis en nie in die van die ander, vir wie die antwoord geen behoefte meer kan wees nie, omdat hy dit al het.

17 Hieruit sal julle met weinig moeite kan aflei hoe dit geestelik tussen ons sodanig verloop, dat ek vir julle vra asof julle self sou vra en ook vir julle antwoord asof julle self sou antwoord.

18 Julle sou ook self so vra en antwoord, soos wat ek nou vir julle vra en antwoord, wanneer julle vrae en antwoorde al ryp sou wees. Aangesien dit nog nie die geval is en ons nou geen tyd het om daarop te wag nie, moet ek immers wel vanuit julle wortels, vanuit julle veelsoortige chaos en vanuit julle saaigoed vooraf vra en antwoord, net so asof julle dit self sou doen.

19 Ek dink dat ons ook die, verseker ietwat netelige punt, duidelik tot `n goeie einde gebring het. Daarom moet julle julle nie meer in die vervolg aan soortgelyke verskynsels steur nie, maar verder baie welgemoed oral oplet, want hier is ek, soos wat al by die begin gesê was, julle gas; daarom kan ek wel iets, van dit wat van julle is, neem en dit vir julle laat sien. Klink so-iets op julle aarde nog ietwat vreemd, trek dan niks meer daarvan vir julle aan nie, want in die geestelike is dit die gewone manier van gesprekvoering. Daar bestaan `n gesprek nie uit vra en antwoord nie, maar uit `n volkome ken van mekaar en so spreek die een voortdurend vanuit die ander soos ook die een vanuit almal en almal vanuit een. Wanneer ek dus op hierdie manier vanuit julle antwoord en vra, dan doen ek geestelik niks ongewoons, of soos julle sê, "onnatuurliks nie". Kyk dus op hierdie elfde galery of tiende verdieping baie goed om julle heen, dan sal daar wel weer van alles te vra en te antwoord wees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205