Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Waaruit bestaan die eintlike, ware naasteliefde?

104 Om grondig te weet waaruit die eintlike, ware "naasteliefde" bestaan, moet mens eers weet en volledig begryp wie nou eintlik `n naaste is. Dit is die grootste probleem. `n Mens sal sê: Hoe sal ons dit agterkom? Want die Heer Self, wat as enigste die naasteliefde aanbeveel het, het nêrens iets naders aangegee nie. Toe die skrifgeleerdes Hom vra wie die naaste dan wel sou wees, het Hy hulle slegs in `n gelykenis getoon wie vir die bekende ongelukkige Samaritaan `n naaste was, naamlik `n Samaritaan self, wat hom na die herberg gebring het nadat hy sy wonde met olie en wyn versorg het.

2 Daaruit blyk egter dat slegs onder bepaalde omstandighede, ongelukkige mense "naastes" aan hulle weldoeners en hulle dus ook omgekeerd "naastes" vir hulle weldoeners is. As daar dus slegs onder hierdie omstandighede "naastes" bestaan, wie is die gewone mense se naaste dan, die wat nog self nie in `n ongeluk was nie en nog nooit êrens in `n situasie was waarin hulle `n ongelukkige kon bystaan nie? Is daar dan geen algemene teks wat nader aangee wie die naaste is nie? Want in hierdie gelykenis word slegs die hoogste nood en aan die ander kant `n groot welgesteldheid, gepaardgaande met `n goeie hart, as voorwaarde vir die begrip "naaste" gegee.

3 Daarom sal ons net kyk of daar nie meer uitgebreide tekste te vinde is nie. Daar is een en dit lui as volg:

4 "Seën hulle wat u vervloek en doen goed aan u vyande!" Dit is `n teks waaruit mens duidelik kan aflei dat die Heer baie ver met die naasteliefde gaan, waarby Hy selfs jou vyande en diegene wat jou vervloek, nie uitgesluit het nie.

5 Verder lui `n ander teks; "Maak vriende met die onregverdige Mammon". Wat wil die Heer daarmee sê? Niks anders nie as dat die mens geen geleentheid verby moet laat gaan om goed te doen aan sy naaste nie. Hy staan selfs in uiterlike opsig `n openlike vergryp aan goedere van `n ryke toe, as daardeur, weliswaar slegs in die uiterste geval van nood, baie of tenminste verskeie hulpbehoewendes gehelp kan word.

6 Verder vind ons `n teks waarin die Heer sê: "Wat se goed julle ook maar aan één van hierdie armes gedoen het in My Naam, dit het julle vir My gedoen". Hierdie sin word deur die Heer by die beskrywing van die "jongste" oftewel geestelike oordeel bevestig, wanneer Hy aan die uitverkorenes sê: "Ek het naak, hongerig, dorstig, siek, as `n gevangene en sonder onderdak na julle toe aangekom en julle het My opgeneem, versorg, geklee, gespysig en gelawe" en vir die verworpenes sê Hy dat hulle dit alles nie gedoen het nie. Die goeddoeners verontskuldig hulle, asof hulle dit nooit sou gedoen het nie en die slegtes, dat hulle dit wel sou gedoen het, as Hy maar net na hulle toe sou gekom het. En die Heer gee dan duidelik aan:

7 "Wat julle ook maar in My Naam vir die armes gedoen het of nie gedoen het nie, dit geld vir My".

8 Uit hierdie teks kom die eintlike naasteliefde reeds taamlik duidelik na vore en hier word aangegee wie dus die eintlike naaste is.

9 Ons sal egter nog een teks bekyk; en dit lui soos volg: "Wanneer julle `n gastemaal berei, nooi dan nie diegene uit wat dit julle weer met `n gastemaal kan vergoed nie. Daarvoor sal julle geen loon in die hemel ontvang nie, want dit het julle reeds op aarde gekry. Maar nooi behoeftiges, kreupeles, gebrekkiges, dus in elke opsig arm mense uit, wat dit julle nie kan vergeld nie, dan sal julle julle loon in die hemel ontvang. So leen julle ook geld uit aan hulle wat dit nie vir julle kan teruggee nie, dan sal julle daarmee woeker vir die hemel. Leen julle egter julle geld aan hulle wat dit vir julle met rente kan terugbetaal, dan het julle alreeds julle loon ontvang. Wanneer julle aalmoese gee, doen dit in stilte en laat die regterhand nie weet wat die linker doen nie. En julle Vader in die hemel, wat in die verborgene sien, sal julle daarvoor seën en beloon in die hemel!"

10 Ek is van mening dat uit hierdie tekste reeds kristalhelder blyk wie daar deur die Heer met "eintlike naaste" bedoel word. Daarom sal ons net kyk watter betekenis daaragter sit.

11 Oral sien ons dat daar deur die Heer slegs armes teenoor welgestelde mense geplaas word. Wat volg daaruit? Niks anders as dat deur die Heer die arm mense, ten opsigte van die welgestelde mense, as die eintlike naastes aangedui word en deur Hom as sodanig teenoor mekaar gestel word, en dus nie rykes teenoor rykes of armes teenoor armes nie. Rykes teenoor rykes kan hulleself slegs dan as naastes beskou, wanneer hulle hulle vir dieselfde goeie, God welgevallige doeleindes verenig. Arm mense is egter onderling ook naastes, wanneer ook hulle hulleself so goed as moontlik in geduld en in die liefde tot die Heer, broederlik onder mekaar verenig.

12 Die eerste graad van naasteliefde bly dus altyd dié tussen welgestelde en arm mense, tussen sterk en swak mense, en staan in dieselfde verhouding as die tussen ouers en kinders.

13 Waarom moet armes egter teenoor rykes, swakkes teenoor sterkes, net soos kinders teenoor hulle ouers as allernaaste beskou en behandel word? Om geen ander as die volgende baie eenvoudige rede wat die Heer as die allernaaste vir elke mens, Hom volgens Sy eie uitspraak op hierdie wêreld by voorkeur met die armes, die swakkes en die kinders vereenselwig het nie. Want Hy het immers self gesê: "Wat julle vir die armes doen, het julle vir My gedoen"! Ook al sal julle My nie altyd wesenlik, persoonlik by julle hê nie, tog sal julle altyd armes in julle midde hê, wat (wil die Heer sê) My in `n sekere sin volkome verteenwoordig.

14 So sê die Heer ook oor `n kind: "Wie so 'n kind in My Naam opneem, neem My op.

15 Uit dit alles volg dat mense, namate hulle deur die Gees van God vervul is, mekaar min of meer as "naastes" moet beskou. Die Heer skenk Sy gees egter nie aan die rykes van die wêreld nie, maar altyd net aan die armes, swakkes en vir die wêreld onmondige mense. Die arme is al min of meer van God se gees vervul omdat hy arm is, want die armoede is tog `n hoofaandeel van die gees van die Heer.

16 Wie arm is, het in sy armoede gelykenis met die Heer, terwyl die ryke dit nie het nie. Die Heer ken hulle nie, maar die armes ken Hy. Daarom moet die armes vir die rykes die naaste wees, waar hierdie rykes na toe moet kom as hulle nader aan die Heer wil kom, want die rykes kan hulle onmoontlik as die naaste van die Heer beskou. In die verhaal van die ryk swelger het die Heer Self die oneindige kloof tussen Homself en die rykes laat sien. Slegs die arm Lasarus plaas Hy in Abraham se skoot, dus as die naaste aan Hom, die Heer.

17 Ook gee die Heer in die geval van die ryk jongeling aan, wie eers sy naaste sou moet wees, voordat hy weer tot die Heer sou mag kom om Hom te volg. En oral stel die Heer die armes, sowel as die kinders voor as sy naaste, of ook as Sy ware verteenwoordigers. Hulle moet die welgesteldes liefhê soos hulself, maar is nie ook dadelik hul gelyke nie. Want die Heer sê immers dat die gebod van die naasteliefde gelyk is aan die eerste, waarmee Hy niks anders wil sê nie as; wat julle vir die armes doen, dit doen julle vir My!

18 Dat rykes mekaar nie as naastes moet beskou nie, word duidelik as die Heer sê dat die rykes nie rykes as gas moet vra nie en hulle geld nie aan rykes moet uitleen nie, en dat Hy aan die ryk jongeling gesê het om sy goedere nie onder die rykes, maar onder die armes te verdeel.

19 Maar wanneer `n ryke sou sê: My allernaaste is tog my kinders, dan sê ek; gladnie! Want die Heer ontferm hom tog maar net oor `n arm kind wat langs die pad bedel en spreek: Wie so 'n kind in My Naam opneem, neem My op! Met kinders van rykes het die Heer nooit iets te doen gehad nie.

20 Om die rede begaan die ryke, wanneer hy angsvallig vir sy kinders sorg, `n baie ernstige sonde teen die naasteliefde. Die ryke sorg die beste vir sy kinders wanneer hy vir `n opvoeding sorg wat vir die Heer welgevallig is en sy vermoë nie vir sy kinders opspaar nie, maar dit grotendeels aan die armes bestee. Doen hy dit, dan sal die Heer sy kinders opneem en langs die beste weg lei. Doen hy dit nie, dan wend die Heer Sy aangesig van hulle af, trek Sy hande terug en laat hulle in hulle prilste jeug reeds oor aan die hande van die wêreld, dit wat egter beteken, in die hande van die duiwel. Dan word die kinders van die wêreld, wêreldse mense, dit wil sê dat hulle as`t ware self duiwels word.

21 As julle maar net geweet het hoe al die stamkapitaal en veral die onvervreembare erfgoed deur die Heer op `n verskriklike manier tot in die laagste, derde graad van die hel vervloek is, dan sou julle van skrik en angs verstar tot die hardheid van `n diamant!

22 Daarom moet alle rykes, waar hulle ookal mag wees, dit soveel moontlik ter harte neem, hulle hart soveel moontlik van hulle rykdom afwend, en met hulle rykdom soveel moontlik goed doen, wil hulle aan die ewig rokende hel ontkom. Want daar is in die hiernamaals twee soorte helle; `n langdurige in duister oorde, van waaruit slegs onbegryplike smal weë lei en waarop dit met die wandelaar nie veel beter gaan as met die kamele vir die oog van die naald nie. Daar is egter ook `n ewige hel, waaruit na my wete tot nou toe nog geen pad weglei nie. Laat die rykes, asook elkeen wat soveel besit dat hy nog altyd iets vir die armes kan doen, dit ter harte neem. Hiermee is nou uiteengesit waaruit die eintlike naasteliefde bestaan. So word hulle (die kinders) ook hier op die son geleer en voortdurend in praktyk gebring. Hoe dit gebeur, sal ons in die volgende van naderby beskou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205