Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Twaalfde saal - twaalfde gebod. Die naasteliefde

103 Ons is binne en sien hier in die middel van hierdie groot en pragtige saal ook weer `n sonbord, waarop in die middel in rooi stralende skrif geskrywe staan: "Dit is gelyk aan die eerste, dat jy jou naaste sal liefhê soos jouself; daarin lê die wet en die profete." Nou kan iemand dadelik opstaan en sê: Hoe moet `n mens dit begryp, om die naaste lief te hê soos jouself? Die eieliefde is `n ondeug, dus kan die daarmee gelykgestelde naasteliefde tog ook niks anders as `n ondeug wees nie, omdat, op hierdie wyse, die eieliefde tog kennelik as basis vir die naasteliefde geneem word. As ek soos `n deugsame mens wil lewe, dan mag ek myself nie liefhê nie. Wanneer ek myself egter nie mag liefhê nie, dan mag ek my naaste immers ook nie liefhê nie, omdat die liefdesverhouding tot die naaste volkome moet ooreenkom met die verhouding tot die eieliefde. Dan sou "die naaste liefhê soos jouself" beteken dat jy die naaste gladnie moet liefhê nie, omdat mens homself ook nie moet liefhê nie.

2 Kyk, dit is so die gangbare teenwerping, wat sekerlik nie al te moeilik weerlê kan word nie. Omdat die eieliefde van elke mens soveel as sy eie lewe self is, is vanuit die perspektief gesien die natuurlike eieliefde vanselfsprekend, want om geen eieliefde te hê nie, sou soveel beteken as om geen lewe te hê nie!

3 Dit gaan dus hier om die verskil tussen die geregverdigde en die ongeregverdigde eieliefde te sien.

4 Die ‘geregverdigde eieliefde’ is die eieliefde wat geen groter verlange het na die dinge van die wêreld as wat deur die korrekte maatstaf van die goddelike ordening aan haar toebedeel is nie; hierdie maatstaf word voldoende in die sewende, negende en tiende gebod aangegee. Verlang die eieliefde meer as wat hierdie maatstaf aangee, dan oorskry dit die vasgestelde grense van die goddelike ordening en dit moet reeds by die eerste oortreding as sonde beskou word. Volgens hierdie maatstaf moet die naaste­liefde dus ook ingedeel word. As iemand `n broeder of `n suster bo hierdie maatstaf uit liefhet, dan begaan hy met sy broeder of suster afgodery en maak hom of haar daardeur nie beter nie, maar slegter.

5 Meestal is die gebieders wat oor die volkere heers, sowel die huidige as die van alle tye, vrugte van 'n buitensporige naasteliefde. Hoeso? `n Willekeurige volk het iemand uit sy midde, vanweë sy uitsonderlike talente, bo die geregverdigde maatstaf lief, maak hom tot heerser oor hulle almal en moes dit later verduur om deur hom of deur sy nakomelinge gevoelig vir hierdie ondeug gestraf te word.

6 Mens sal nou sê: Maar konings en vorste moet daar tog wees om die volkere te lei en hulle sou tog deur God Self aangestel wees? Dit sal ek nie direk ontken nie, maar hoe dit is en hoe dit sou moet wees sal ek hier by hierdie geleentheid toelig.

7 Wat het die Heer aan die Israelitiese volk gesê toe hulle `n koning verlang het? Niks anders nie as: "Aan alle sonde wat die volk teenoor My begaan het, het Ek ook nog die grootste toegevoeg, naamlik dat hulle, ontevrede oor My leiding, `n koning verlang het". Uit hierdie sin is, volgens my mening, voldoende om af te lei, dat die konings, nie as `n seën deur God nie, maar as `n oordeel aan die volk gegee was.

8 Vraag: Is konings aan God se sy noodsaaklik om die mensdom te lei? Op hierdie vraag kan dieselfde antwoord gegee word as op `n ander vraag, wat as volg lui: Het die Heer by die skepping van die wêreld en by die skepping van die mens een of ander helper nodig gehad?

9 Volgende vraag: Welke konings en vorste het deur al die tye, dus ook in die teenswoordige tyd, die Heer gehelp om die ordening van die wêrelde in stand te hou en dit in hulle bane te lei? Welke hertog het Hy nodig vir die winde, watter vors vir die verspreiding van die lig en watter koning ter bewaking van die oneindige ruimtes van die wêrelde en sonne? As die Heer egter sonder vorstelike of konink­like bystand by magte is om Orion toe te rus, die Groot Hond sy voedsel aan te reik en die groot volk van wêrelde en sonne in `n onwrikbare orde te handhaaf, sou Hy dit dan nodig hê, om by die mense van hierdie aarde, konings en vorste aan te stel wat Hom met Sy skeppinge sou moes help?

10 As ons teruggaan na die oergeskiedenis van die volkere, dan sal ons sien dat elke volk oorspronklik `n suiwer teokratiese grondwet gehad het, wat beteken dat hulle geen ander heer as slegs God bo hulle gehad het nie. Eers mettertyd, toe volkere hier en daar ontevrede geword het oor die baie vry en mees liberale regering van God, omdat dit daarby te goed met hulle gegaan het, het hulle begin om mekaar buitensporig lief te hê. En gewoonlik het een of ander persoon, vanweë sy besondere talente, aan die algemene liefde ten prooi geval. Die mens wou hom as leidsman hê. Maar dit bly nie by die leidsman nie, want die leidsman moes wette uitvaardig, die wette moes bekragtig word en so groei daar uit die leidsman `n heer, `n gebieder, `n patriarg en vervolgens `n vors, `n koning en `n keiser.

Keisers, konings en vorste is dus nooit deur God gekies nie, maar slegs bevestig as `n oordeel vir die mense, wat as gevolg van hulle vrye wil, sulke keisers, konings en vorste uit hulle midde gekies het en aan hulle, alle mag oor hulself verleen het.

12 Ek dink, dat hierdie toeligting voldoende sal wees om in te sien dat elke buitensporigheid van eie- sowel as naasteliefde `n gruwel vir God is.

13 Om die naaste lief te hê soos jouself wil dus sê: Om jou naaste in die goddelike ordening lief te hê, dus volgens die regverdige maatstaf wat oorspronklik deur God aan elke mens toebedeel was. Vir diegene wat dit nog nie grondig kan begryp nie, sal ek nog `n paar voorbeelde daaraan toevoeg, waaruit hy duidelik kan aflei watter gevolge, die een sowel as die ander oordrywing met hom saambring.

14 Laat ons aanneem dat daar in een of ander dorp `n miljoenêr woon. Sal hy die dorp gelukkig maak, of sal hy hom in die ongeluk stort? Ons sal sien. Die miljoenêr sien dat die openbare geldmark wankel; wat doen hy? Hy verkoop sy obligasies en koop vervolgens onroerende goed, in die vorm van landgoedere. Die dorpsheer, waarvan hy vroeër slegs `n onderdaan was, bevind hom soos gewoonlik in groot geldnood. Ons miljoenêr word gevra, om kapitaal aan die dorpsheer te leen. Hy doen dit vir `n hoë rente, met as waarborg die verband van die dorpsheer self. Sy bure, die ander dorpsbewoners, het ook geld nodig. Hy leen dit aan hulle sonder besware na inskrywing in die verbandregister. So gaan dit jarelank deur. Die dorpsheer word steeds minder vermoënd en die bure in die dorp minder welvarend. Wat gebeur daar? Ons miljoenêr gryp eers die dorpsheer en, omdat hy geen rooi sent meer besit nie, moet hy hom op genade of ongenade oorgee, kry hoogstens uit suiwer grootmoedigheid ietwat reisgeld en ons miljoenêr word die eienaar van die heerlikheid en tewens heer oor die wat by hom in die skuld staande bure. Omdat hulle nie in staat is om hom nóg kapitaal, nóg rente te betaal nie, word hulle besittings getakseer (belas) en verbeurd verklaar.

15 Hier het ons die baie natuurlike gevolge van die geluk van `n miljoenêr, of iemand wat baie oordrewe eieliefde besit, wat dit aan sy dorpsbewoners besorg het. Meer hoef mens nie daaroor te sê nie. Laat ons nou oorgaan tot die tweede geval.

16 Daar woon êrens `n baie arm gesin. Hulle het nouliks genoeg om in die daaglikse lewe die kop bo water te hou. `n Buitengewone ryk, en tewens besonder mensliewende man leer hierdie arme, maar origens brawe en agtenswaardige familie ken. Hy, in die besit van verskeie miljoene, ontferm hom oor die gesin en dink by homself; ek sal die gesin met één slag baie gelukkig maak. Ek sal hulle `n landgoed skenk en bowendien nog `n aansienlike vermoë van `n halfmiljoen. Bowendien sal ek die genoegdoening hê om te sien hoeseer die gesigte van hierdie arm mense sal opklaar. Hy voeg die daad by die woord. `n Hele week lank word daar in die gesin niks anders as vreugdetrane vergiet nie en ook vir Ons Liewe Heer word menigmaal "God sy dank" gesê. 

17 Maar laat ons nou net so 'n jaar later na die gelukkige gesin gaan kyk: Ons sal dan by hulle ewegoed alle luukse ontdek wat mens altyd in die huise van die rykes kan vind. Hierdie familie word bowendien ook hardvogtiger en hulle sal hulle nou in die geheim probeer wreek op al diegene wat tydens die vroeëre armoede nie na hulle omgesien het nie. Die "God sy dank" sal verdwyn en uitrustings, bediendes in bediendedrag en dergelike kom in die plek daarvan.

18 Vraag: Het hierdie groot oordaad aan naasteliefde die arm gesin nou gebaat of geskaad? Ek dink dat die mens hier nie veel woorde nodig het nie, maar slegs alle luukse in oënskou hoef te neem om haarfyn te kan beoordeel welke voordeel die gesin vir die ewige lewe deur die aan haar verleende oormaat aan naasteliefde ontvang het. Hieruit word egter duidelik dat die mens hom met die naasteliefde, net soos met die eieliefde, moet beperk deur hom aan die korrekte maatstaf van die regverdige goddelike ordening te hou.

19 As `n man sy vrou oordrewe liefhet, dan sal hy haar bederf. Sy word ydel, hoogmoedig en daardeur sogenaamd behaagsiek. Die man sal hande kort om aan al die verlangens van sy vrou te kan voldoen.

20 Ook `n bruidegom sal sy bruid, wanneer hy haar te veel liefhet, onbesonne en ten slotte ontrou maak.

21 Daarom is die korrekte maatstaf in die liefde altyd noodsaaklik. Maar tog bestaan die naasteliefde uit iets baie anders as dit wat ons tot nou toe leer ken het. Waaruit die naasteliefde egter innerlik, geestelik beskou bestaan, sal ons in die vervolg duidelik van hierdie mededeling insien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205