Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die hele universum en die hemel is in julle!

11 Johannes sê: Is julle hier in staat om iets in julle gedagtes voor te stel? Julle bevestig dit. Dink dan aan `n willekeurige voorwerp. Soek nie lank nie, maar neem die eerste en die beste. Wanneer julle iets in gedagte het, hou dit dan vas en laat dit nie meer los nie.

2 Julle het iets in julle gedagtes geneem; wat is dit? Julle sê: Dit is `n enkele ster wat ons in gedagte geneem het. Goed, sê ek vir julle, stel julle die ster eg lewendig voor, laat haar nie meer los nie en sê my dan hoe julle ster lyk.

3 Julle sê: Hoe stewiger ons haar vashou, des te groter en stralender lyk sy vir ons. Weer goed, sê ek vir julle; hou haar nog stewiger vas en fikseer (staar stip na) haar nog sterker met die blik van julle innerlike gesigsvermoë. Wat sien julle nou?

4 Julle sê: Liewe vriend en broeder, dit kom vir ons voor asof die ster begin uit te dyn soos `n blomknop in die lente, haar lig word nog sterker en feller en dit lyk asof haar oppervlakte toeneem en al meetbaar is.

5 Weer goed, sê ek vir julle; maar verdiep julle nou nog inniger, maak julle blikveld groot en vas en laat, deur dit sterk te wil, die ster hom verder in julle ontwikkel. Sê my dan, hoe die ster na hierdie beskouing lyk.

6 Julle sê: Liewe vriend en broeder, die ster het al die grootte van `n maan en haar lig verblind al byna die gesigsvermoë van ons gees.

7 Weer goed, sê ek vir julle. So is dit, want ek sien die straleglans van julle ster reeds in julle oë. Maar verder sê ek nou vir julle; laat die ster nie los nie, maar beskou haar steeds inniger en vasbeslotener en maak julle wil steeds sterker, dan sal die ster hom spoedig rig volgens die mag van julle wil en aanskouing. Wat sien julle nou? 

8 Ek sien al hoe verbaas julle is, want julle sien julle ster reeds so uitgedy en vergroot voor julle, dat julle sonder veel moeite groot, verhewe besonderhede van haar onderskei. Nou bemerk julle al selfs beweging op die oppervlak van hierdie groot geworde ster. Julle sou nou wel graag wil weet wat se bewegings dit is en wat hom daar beweeg, maar ek sê vir julle niks, want nou moet julle alles self ontdek. 

9 Fikseer julle ster nou nog vaster en sterker en dwing julle wil, en dan sal dit spoedig duidelik word wat die beweging is en wat daar beweeg. Watter gedagtes het julle dan by die sien van hierdie bewegings?

10 Julle sê: Ons dink daarby aan wolke en aan `n golwende see.

11 Ek sê vir julle; hou nou ook hierdie gedagte gerig op die ster, wat julle nie meer kan verloor nie, en sê my dan wat julle sien.

12 Julle sê nou: Liewe vriend en broeder in die Heer, ons sien nou werklik hoe, bo die baie naby geleë stukke land, wolke heen en weer trek en tussen die groot landvlaktes ontdek ons nog groter vlaktes van golwende oseane. Ons sien ook al groot ongelykhede op die uitgestrekte landerye en ons sien stralende eilande midde in die groot oseane; maar verder kan ons nog niks onderskei nie.

13 Goed, sê ek vir julle; bring nou die groot landerye en die groot see oppervlaktes van julle ster nader, dan sal julle baie spoedig meer daarop kan sien. Ek merk reeds aan julle oë dat julle my raad opvolg. Wel, wat sien julle nou?

14 Julle sê: Kyk net, die land het al baie naby gekom. Ons ontdek nou reeds uitgestrekte bosse, ook `n hele spul verspreide huise wat `n baie besondere vorm het en ook sien ons groot riviere. En kyk, nou kan ons ook al kleiner stroompies onderskei en aan die oewers van die groot see ontdek ons hier en daar ook so iets soos stede. Op die watervlakte kan ons ook iets sien beweeg; dit is asof allerlei skepe daarop vaar.

15 Goed, waar dink julle het dit alles vandaan gekom? Julle sê: Liewe vriend en broeder, ons weet dit nie. Ek vra julle egter: Waar kom dan die ster vandaan? Julle sê: Ons het aan `n ster gedink en het dit daarna in ons gedagtes vasgehou. 

16 Wel, as die ster uit julleself kom, waar sou haar ontwikkeling dan anders vandaan kan kom as van julle af? Want toe die ster, deurdat julle hom vasgehou het, nog steeds groter geword het, ontwikkel sy deur haar grootte in julle die met begeerte vervulde gedagte om `n wêreld op julle ster gewaar te word. Onwillekeurig hou julle met hierdie gedagte die ster self vas en so word julle daardeur skepper van alles wat julle nou op die uitgestrekte oppervlakte van hierdie ster sien. 

17 Julle weet egter dat sonder krag en teenkrag ewig nooit aan `n uitwerking gedink kan word nie. Daarom vra ek julle; waarom kon julle dan net aan `n ster dink? Julle kyk my met groot oë aan, maar ek sê vir julle: Omdat nie één ster nie, maar selfs baie meer sterre in die allerkleinste afbeelding van oorsprong in julle gees aanwesig is. Uit hierdie baie sterre het julle één gekies en dit het julle steeds nader aanskoulik vir julle voorgestel.

18 Hoe was die vergroting van hierdie kleinste afbeelding in julle gees dan moontlik? Daarby kom dit op die krag en die teenkrag aan. Die krag lê in julle; die teenkrag is geskape en vir ewig vasgelê deur God. Wanneer julle die krag in julleself oproep, wat is daar dan natuurliker as dat dit op die oomblik van die oproep met die ooreenstemmende teenkrag uit God, deur julle wil steeds meer moet bots? Want die krag lê in julle; die teenkrag lê buite julle en alles wat julle dus in julleself oproep moet dan in God sy ewig voorbereidende gevormde teenpool vind. As teenpool is die ster in haar ordening, vorm en gestalte geskape deur God; die volkome op haar lykende afbeelding is egter as afgeleide krag ook in julle geplaas, omdat julle gees self `n afspieëling van God is.

19 Weet julle eintlik op watter wyse alle dinge gesien word? Julle sê: Deur die lig. Goed, sê ek vir julle, die lig val ook aards gesien vir die grootste deel na buite in die oneindige groot vrye ruimte. Maar wat sien julle op `n sonnige dag in die helder verligte blou atmosfeer? Julle sê: Daar sien ons niks anders as die blou kleur van die lug nie. Dan vra ek julle; waarom sien julle niks daar nie? Julle sê: Omdat daar geen "teenstand" is nie. Maar wat verstaan julle onder "teenstand"? Waarom sê julle nie liewer "voorstand" as "teenstand" nie? Julle weet nie wat julle daarop moet sê nie, maar ek sê vir julle; wanneer julle `n ding volgens sy vorm bekyk, dan is die ding kennelik iets wat teenoor julle staan, dus `n "teen-stand", maar wanneer daar iets tussen die ding en julle sou geplaas word, byvoorbeeld `n muur, `n sluier, `n wolk, dan sou julle tog seker sê: Dit staan vóór die "teenstand" wat ons sou wil bekyk en dit is dus duidelik `n "voorstand" of `n belemmerende "voorteenstand". Wanneer julle egter as gevolg van so 'n "voorstand" die eintlike "teenstand" nie kan sien nie, wat is dan die rede daarvoor? Kyk, niks anders as dit, wat deur die "teenstand" teruggewerpte strale, julle nie kan bereik en dit wat reeds in julle aanwesige voorafbeelding nie lewendig daardeur nie opgeroep kan word nie.

20 Weet wel; as julle die son nie in julle sou gehad het nie, dan sou julle daar buite nie één kan sien nie, al sou daar ook miljoene aan die hemel skyn! En sou julle die aarde met alles wat in en op haar is, vanaf die atoom tot by die grootste algemene vorme, nie volmaak in julle gehad het nie, dan sou julle nie één voorwerp kon sien, in gedagtes voorstel of in woorde uitdruk nie.

21 En sou julle die hele universum nie in julle gehad het nie, dan sou die ganse hemel vir julle oë sonder sterre gewees het. En sou julle die geestelike ryk van die hemele en die ewige lewe vanuit die Heer nie in julle gehad het nie, waarlik, dan sou julle nie daaroor kon nadink, nóg daaroor spreek nie. Soos dit egter alles met mekaar in verband staan, so is dit ook met die krag en die teenkrag.

22 Op die natuurlike wêreld roep die vallende straal van buite af, die rustende ewebeeld in julle op en julle sien dan, deur die werking van die teenkrag en die krag in julle, aldus die voorwerp, en aanskou dit. 

23 Hoe gebeur so iets dan in die gees? Hoe is dit gesteld met die egte geestelike sien? Presies omgekeerd. Julle stel vir julle `n afbeelding voor. Sy vind, sodra julle haar sterk opgeroep het, haar teenpool. Hoe meer julle die in julle opgeroepe voorwerp vashou, des te meer trek sy vir haar die ewig gestelde teenpool aan, ontwikkel sy steeds meer en maak haarself juis so steeds beter sigbaar.

24 Wanneer julle dit, soos met die voor julle lêende ster met die innerlike aanskouing sover gebring het, dat hy hom al ver ontwikkel en onthul aan julle toon, dan moet julle nie dink dat dit die werk van `n leë fantasie sou wees nie. O nee! Dit is dit nie in die minste nie; dit is die volle werklikheid. Haar grondslag is nog net onbekend; waar dit vandaan kom en waar dit rus. Kan mens dit dan nie te wete kom nie? O ja verseker; want waar die werklikheid rus, daar rus ook haar naam, haar ordening, haar arbeidsveld en haar standplaas.

25 Maar in die Woord van die Heer staan: "Aan die vrugte sal julle die boom herken". As ons dit weet, sal dit nie moeilik wees om daaragter te kom wat nou die werklikheid is van dit wat hom reeds so naby voor julle oë ontwikkel het nie. Probeer daarom julle gees in verhoogde aktiwiteit te bring. Beskou die voor julle lêende wêreld noukeuriger, bring dit steeds nader na julle toe, totdat hy so naby kom dat julle julle voete op sy grond kan sit. 

26 Wanneer dit gebeur het, het julle julleself lewendig met die voorwerp verbind. Dit word vir julle tot basis en julle kan op hierdie basis aktief word. Wanneer julle dit in hierdie aktiwiteit sover gebring sal hê dat julle daarin die magtige aantrekking van die liefde van die Heer in julleself voel en hierdie liefde nog meer vuriger word, ontbrand en in helder vlamme oorgaan, sal julle basis hom daardeur, waarheen julle julle oë ookal rig, in haar onderdele in selfstandige lewende vorme oplos, volgens die aard soos dit as voorbeelde in julle aanwesig was. Hierdie vorme sal dan met terugwerkende krag die in julle oorspronklik aanwesige vorme lewendig oproep en dit sal aan julle self duidelik maak, wie en waar julle basis is.

27 Kyk, so is elke herkenning `n gevolg van `n voorafgaande sien; die sien is egter die gevolg van strale en teenstrale, of die gevolg van `n krag in julle en `n teenkrag buite julle. Op hierdie wyse het ons ons wêreld reeds baie naby gebring; dus nou nog een kragtige geestelike ruk en ons sal ons dadelik met ons voete op hierdie, uit julle voortgekome wêreld bevind!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205