Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Tiende saal - tiende gebod

93 Ons is binne en sien op die bord in duidelike skrif: "Jy mag nie die vrou van u naaste begeer nie!"

2 Dat die gebod hier in die suiwer ryk van die geeste en wel in die besonder in die ryk van die kinders sekerlik vir elkeen wat meer nadink, ietwat vreemd in die ore klink, hoef nouliks vermeld te word. Ten eerste weet hierdie kinders nog gladnie wat `n getroude vrou is nie en ten tweede is die huwelik tussen beide geslagte ook gladnie gangbaar hier nie, sekerlik nie in die ryk van die kinders nie. In die geesteryk is die gebod, soos wat dit uit hierdie beskouing blyk, dus duidelik nie van toepassing nie.

3 `n Mens sal nou sê: Waarom sou die Heer dan met tien gebooie, nie één gegee het wat slegs op aardse verhoudinge betrekking het nie? Want op aarde is die verbintenis tussen man en vrou algemeen gebruiklik en dus `n vanouds her gevestigde, op die goddelike ordening berustende verhouding, wat sonder `n gebod, nie in die goddelike ordening kan voortbestaan nie. Mens kan dus wel hier aanneem dat die Heer onder die tien gebooie slegs één gegee het vir die instandhouding van die ordening van `n uiterlike, aardse verhouding, sodat deur die instandhouding van hierdie ordening, `n geestelike, innerlike, hoërstaande nie versteur sal word nie.

4 Goed, as dit so is, dan sê ek: Die gebod is niks anders as `n hoogs oorbodige herhaling van sonder meer presies dieselfde gebiedende sesde gebod. Want ook daarin word volgens sy gehele draagwydte alles as verbode aangemerk wat ook maar enige betrekking het op ontug, hoerery en egbreuk, sowel in liggaamlike en baie in die besonder, in geestelike opsig.

5 As ons dit nou ietwat teen mekaar afweeg, dan volg daaruit dat die gebod gladnie vir dié hemel deug nie en dat dit, naas die sesde gebod, totaal oorbodig is.

6 Maar ek sien nou al dat iemand kom en sê: Sê net, beste vriend, jy vergis jou; die gebod, al verbied dit byna dieselfde as die sesde gebod, het tog iets baie eie en staan hoër en gryp dieper in as die sesde gebod. By die sesde gebod word duidelik slegs die egte growwe handeling verbied, maar in die tiende die verlange en die begeerte, wat altyd die grondoorsake van die daad is. Want mens sien tog goed in dat, veral jong getroude manne, gewoonlik ook mooi jong vroue het. Hoe maklik is dit dan vir `n ander man om sy miskien minder mooi vrou te vergeet, om hom aan die mooi vrou van sy naaste te vergaap en dan `n steeds groter verlange in hom op te wek om die vrou van sy naaste te begeer en ontug met haar te pleeg.

7 Goed, sê ek, wanneer mens die gebod eers net vanuit hierdie standpunt bekyk, dan volg daaruit legio belaglikhede en dwaashede, waardeur die goddelike van so 'n verhewe gebod deur die smerige stof en die stinkende slyk van die wêreldse grappe en grille van die menslike verstand gehaal word. As voorbeeld en ter verduideliking sal ons bewustelik enkele belaglikhede aanhaal, sodat dit vir elkeen duidelik mag word, hoe oppervlakkig en suiwer uiterlik die gebod vir meer as agt eeue lank opgevat was, uitgelê en in ag geneem moes word.

8 `n Man mag dus geen verlange na die vrou van sy naaste hê nie. Nou is dit die vraag: Watter verlangens of begeertes? Want daar is tog baie redelike en wel geoorloofde verlangens en wense waarmee `n buurman na die vrou van sy naaste kan gaan. Maar in die gebod staan onvoorwaardelik, "geen verlange hê nie". Daardeur mag slegs beide die buurmanne met mekaar samespraak hou, maar hulle moet steeds mekaar se vrouens met veragting aansien. Dit is `n nie meer en nie minder ronduit Turkse opvatting van die Mosaïese gebod.

9 Verder, as mens die saak letterlik en materieel beskou, dan moet mens tog seker alles letterlik neem en nie `n paar woorde letterlik en `n paar woorde geestelik, dit wat net so iets sou wees as wanneer iemand aan die een been `n swart en aan die ander been `n baie dun, deursigtige wit broekspyp sou dra. Of, wanneer iemand sou wil beweer die een boom so sou moet groei dat die een helfte van sy stam met bas en die andere sonder bas tevoorskyn sou kom. Volgens hierdie beskouing verbied die tiende gebod slegs die verlange na die vrou van "die naaste". Wie kan daarmee in die letterlike betekenis bedoel wees? Niemand anders nie as die naaste bure, of ook die naaste bloedverwante. Letterlik beskou sou mens dus net geen verlange mag hê na die vrouens van beide hierdie naastes nie; na die vroue wat verderop in die gebied woon, maar veral na die vrouens van buitelanders, wat sekerlik geen naastes is nie, sou mens dus sondermeer kan verlang. Want iedereen sal tog sonder wiskunde of meetkunde kan begryp dat mens, vergeleke met die naaste buurman, `n ander wat enkele ure verderop woon of selfs `n buitelander, nie as naaste of as nabysynde persone kan beskou nie. Kyk, ook dit is Turks, want Turke hou hulle slegs teenoor Turke aan die gebod; ten opsigte van vreemde nasies het hulle in die geval geen wet nie. Laat ons egter verder gaan.

10 Ek vra: Hoef die vrou van my naaste hierdie goddelike wet dan nie in ag te neem nie? Want in die wet staan maar net dat `n man geen verlange na die vrou van sy naaste mag hê nie, maar dat `n soms wellustige vrou geen verlange mag hê na haar naaste buurman nie, daaroor staan in die wet geen letter geskryf nie. Mens gee op hierdie manier die vrouens kennelik die voorreg om manne, wat hulle aantreklik vind, sonder om dit te bedink, te verlei. En wie sal hulle dit verbied, want vir dié geval is daar immers geen gebod van die Heer voorhande nie? Ook dit stam uit die Turkse filosofie, want die Turke lei uit die letterlike betekenis af, dat vrouens van hierdie wet vrygestel is. Daarom word hulle opgesluit, sodat hulle nie die geleentheid sal kry om manne buitenshuis te verlei nie. Staan `n Turk al een van sy vrouens `n uitstappie toe, dan moet sy haar liggaamlike sjarme so onaantreklik vermom, dat selfs `n beer wat haar teen sou kom, nog respek vir haar sou inboesem. Haar sjarme mag sy slegs aan haar man toon. Wie kan dit dan teenspreek en beweer dat mens dit nie uit die letterlike betekenis van die gebod sou kan aflei nie? Kennelik lê die oorsaak van hierdie belaglikheid onloënbaar juis in die gebod self. Laat ons nog verder gaan. 

11 Kon die naaste bure nie reeds volwasse dogters hê of miskien eg gewillige diensmeisies nie? Is dit volgens die tiende gebod wel of nie geoorloof om, selfs as eggenoot, verlange te hê na die dogters of na ander meisies van die naaste nie? Kennelik is dit geoorloof, want in die sesde gebod is daar geen sprake van die verlange nie, maar slegs van die daad. Die tiende gebod verbied egter slegs die verlange na die vrou; dus is die verlange na die dogters of eventuele knap gewillige meisies van die naaste onteenseglik geoorloof. Kyk, hier het ons nog `n Turkse uitleg van die wet. Om die saak egter sonhelder aanskoulik te maak, sal ons nog enkele van sodanige belaglikhede aanvoer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205