Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Sesde verdieping. In angswekkende toestand toon die mens sy swakte

39 Julle sê: Liewe vriend en broeder, op hierdie wel baie erg deursigtige wenteltrap is dit dan tog ietwat onaangenaam om omhoog te klim, want dit lyk wel asof mens hom in die vrye lug omhoog sou moet beweeg, waarby die omlaag kyk na die vloer, wat steeds dieper begin te lê, tog werklik duiselingwekkend word! En as die omhoog gaan al so eienaardig is, dan sal die terugkeer seker nog eienaardiger word. Ja, ja, my liewe broeders en vriende, so lyk dit wel en julle besorgdheid lyk geregverdig, maar desondanks sal julle ten slotte ervaar dat die omstandighede, soos wat julle dit sien, homself so sal ontwikkel dat julle glad geen ag daarop sal slaan nie en nie in die minste sal merk hoe maklik en flink ons sal terugkom nie.

2 Origens moet julle nog bedink dat die hoogtes slegs duiselingwekkend is vir diegene wat hom voortdurend in die vlak laagland bevind, maar vir die vaste bewoners van die hoogtes en ook vir diegene wat baie op die hoogtes te doen het, was dit nie in die geheel nie, nóg in natuurlike, nóg in staatkundige opsig gelyk. So klim `n bergbewoner en ook menige ander vriend van die berge oor rotswande en steil hellings omhoog, maar die vaste bewoner van die laagland staan al met sweet in die hande as hy dit van veraf sien, terwyl die bewoner van die berge en hoogtes met sy reis- en klimuitrusting jubelend oor die afgryslikste afgronde heen kyk.

3 Dieselfde geld vir `n man van `n laer stand wat hom in `n situasie bevind waarin hy voor sy landheer moet verskyn en wel in sy pragtige hof. Met welke angs en vrees nader hy nie die pragtige woning van sy landheer nie! Binne word dit vir hom by elke tree warmer onder die voete, na gelang hy nader aan die vertrek kom waar sy landheer gewoonlik onderhoude voer.

4 Laat ons daarenteen net kyk na `n minister of `n hoë veldheer, wat bowendien nog `n belangrike gunsteling van die landheer is, en ook na die onbelangrike howelinge. Hulle gaan sekerlik sonder die geringste beklemming na die landheer, en laasgenoemde, wat die hoogte gewoond is asof dit vir hom aangebore is, gaan dikwels op `n kwajongensagtige manier oor die trappies, wat vir ons eenvoudige man so duiselingwekkend en riskant voorkom.

5 Ja, selfs in die burgerlike maatskappy ontbreek dit nie aan sulke voorbeelde nie. Neem `n eenvoudige, goed ontwikkelde jongman wat volgens sy lewensomstandighede volgens eer en gewete hom kan veroorloof om `n vrou te trou wat vir hom dierbaar is. Hy ken `n familie waarvan die dogter van die huis hom buitengewoon goed geval. Die lewensomstandighede van hierdie familie lê egter, wat die aardse voordele betref, beduidend hoër as die van hom. Hy weet weliswaar dat die vader van die gesin `n baie respektabele en gewaardeerde goeie man is, maar die superieure hoogte van sy posisie besorg ons huwelikskandidaat soveel duiselingwekkende bedenkinge, dat hy nouliks in staat is, ondanks die goeie hulp van betroubare gidse en wegwysers, om die standsverskil met sy uitverkore familie te negeer.

6 Omdat hy tog nie daaromheen kan kom nie, moet hy dit daarop waag. Maar hoe sal dit met hom gaan wanneer hy die drumpel betree van die, vir hom, noodlottige huis, waarvan hy tog sy geluk verwag? Sy polsslag word vinniger soos by die klim van `n hoë berg, sy asemhaling korter en sy hele wese word by die nadering van die deur waaragter die heer van die huis, tewens die vader van sy bruid woon, sterk heen en weer geslinger; - angs, geloof, hoop en liefde is soos `n saambindende faktor ineengestrengel.

7 In die begin bring hy nouliks `n woord daaruit, of hy weeg elke woord, voordat hy dit uitspreek om tog veral geen swak kant te toon nie, want elke mens is tog steeds daarvan bewus dat hy verskeie swak punte besit. Waarom dan hierdie skroom? Omdat die mens sy swak punte en selfs sy foute in geen enkele situasie makliker prysgee as in die van angs en vrees nie.

8 Neem `n virtuoos, (kunskenner) wat, al is hy hoe goed vir sy taak opgewasse, nie daarvan bewus is dat daar enkele uittreksels in die stukke is, wat deur hom voorgedra moet word, wat hom by die oefening tuis menigmaal ietwat laat misluk het; hy sal vir hierdie uittreksels `n sekere angs kry, omdat hy hierdie angs nie kan oorwin nie, en juis op die ietwat onsekere plek, soos julle gewoond is om te sê, die plank misslaan. Dus, hier was die angs die toestand waarin ons virtuoos sy swak punte laat sien het.

9 `n Goeie wandelaar op die gelyk grond wil niks weet van een of ander swakheid in sy bene nie. Wanneer iemand egter vir hom sê: Vriend, gaan jy met my saam na die top van die berg; sou jy dit wel aandurf? Dan sal ons goeie wandelaar sê: Wat dink jy wel van my? Dat ek my nie met my bene op die bergtop durf waag nie; ek, wat tog al honderde myle veldweg afgelê het? Maar dan word dit werklikheid! Ons goeie wandelaar kom vir die eerste keer in sy lewe op so 'n aansienlike hoogte.

10 By die bestyg van `n baie steil gedeelte begin sy voete te tril; wanneer hy `n tree gestap het, begin hy by die tweede te twyfel en by homself oorleg te pleeg of hy dit wel of nie sal waag nie. Wanneer die ander vriend hom egter dan die hoë top aanwys, begin ons goeie wandelaar heeltemal te verstaan en laat hom saam met die ander die veiligheidskoord ombind.

11 Wat kan mens hieruit aflei? Die hoogtevrees het die swakte in die voete van ons goeie wandelaar aan die lig gebring, en daarom dink hy selfs weloorwoë aan die veiligheidskoord, voor elke tree wat hy gee, maar desondanks is hy tog steeds bang dat hy ongemerk `n verkeerde tree sal gee. So is dit ook met ons huwelikskandidaat: Op die alledaagse lewensvlakte het hy hom baie goed beweeg, maar op hierdie belangrike hoogte, waar dit om die veiligheid van elke tree gaan, kom dit daarop neer om elke stap, dus elke woord, op `n goueskaaltjie te weeg om die saak, soos julle gewoond is om te sê, nie in die honderds te laat loop nie. 

12 Maar soos dit gesteld is met hierdie drie opgevoerde aardse menslike sienswyses as voorbeeld, is dit ook in ooreenstemmende sin gesteld met die geestelike.

13 Die duiseligheid as vrug van die angs bly nie uit nie; hoe hoër mens styg, des te angstiger en behoedsamer sal mens word van binne en dus ook meer terughoudend ten aansien van die geloof. 

14 Kyk, as ek nou op die hoogste hemelse wysheidsvlak met julle sou wil spreek, dan sou julle moed verloor en begin te wanhoop en niemand van julle sou nog in staat wees om selfs by die moedigste voorneme ook maar drie reëls op te skryf nie.

15 Daarom gaan ek ook met julle saam en spreek volkome op julle manier, oftewel ek wandel op julle vertroude grond en bring julle nouliks merkbaar bietjie vir bietjie hoër op. Maar selfs by hierdie nouliks merkbare verheffing begin julle al `n bietjie te duisel tydens die klim op hierdie nogal behoorlik deursigtige trap na ons sesde verdieping oftewel sewende galery.

16 Wanneer die gewone boer egter tydens die besoek aan die minsame vors `n tyd met hom gespreek het, sal die duiseling­wekkende hoogtevrees by hom, benewens sy hele angs, verdwyn en hy sal dan `n veel aangenamer terugreis oor die warm trappies van die paleis hê, as voorheen die geval was by die gang na die vors toe.

17 Die bergklimmer word op die top van die berg moediger en sal minder las van duiseligheid hê, en die terugweg sal hom, soos julle gewoonlik sê, dikwels `n ware genoegdoening gee.

18 So gaan dit ook met ons huwelikskandidaat wanneer hy agterkom die hy in sy geliefde familie `n gunstiger klimaat aange­tref het as wat hy verwag het, en sy terugweg sal baie vroliker wees as sy netelige heenweg.

19 En kyk, so sal dit ook met ons gaan. Ook ons sal, voordat ons die boonste verdieping van die gebou bereik het, nog baie hoogtevrees moet oorwin. Maar die hoogste punt sal dan alles in ewewig bring en ons sal in staat wees om die terugreis vol goeie moed te aanvaar.

20 Soos julle kan sien, het ons tydens ons leerryke gesprek ons baie deursigtige trap ook baie maklik beklim en elke tree daarby benut.

21 Maar nou bevind ons onsself reeds op die sewende galery, oftewel sesde verdieping en daarom sê ek vir julle: Bekyk hier alles eg op julle gemak en met aandag, want wat julle hier sal vind, sal van nog baie hoër belang wees as alles wat ons tot nou toe gesien het en daarna volgens die aard van die wysheid van hierdie bewoners bespreek het. Dus, soos gesê, gee julle oë op hierdie sesde verdieping, of sewende galery, die kos, bekyk alles goed en vertel my dan wat julle gesien het; dan sal die betekenis daarvan ons sekerlik nie ontgaan nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205