|
Die Geestelike Son - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 84
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128. |
|
|
Wenke oor die sosiale kwessie
84 Aangesien die Heer nooit die eiendomsreg ingestel het nie en daarom ook onmoontlik ooit `n gebod kon gegee het waardeur mens selfs die byeengebringde vermoë van so menige gierige woekeraars sou moet respekteer en dit, ten opsigte van so `n groot aantal allerarmste mense, dan is dit die vraag of mens dan wel sou mag steel wat sulke "woekeraars", teen die goddelike gebod in, byeengeskraap het? Mens neem immers, volgens die aardse wetgewing van `n dief, sodra mens hom betrap, sy gesteelde dinge af; sou mens dan nie nog meer die reg hê om van die allerergste, teen die goddelike wette in handelende diewe en rowers, die byeengeroofde rykdomme af te neem en onder die behoeftiges te verdeel nie?
2 Volgens die verstandelike gevolgtrekking sou mens bepaald niks teen hierdie verlange kan inbring nie, maar die ware mens het nog hoëre kragte in hom as sy verstand. Hoe sal dit egter op die verstandelike goedkeuring reageer?
3 Laat ons dit aan ons naasteliefde en aan ons Godliefde vra. Wat sê hulle in haar mees innerlike, ewig lewende gees uit God? Hulle sê niks anders nie as dit wat die Heer Self gespreek het, naamlik: "My ryk is nie van hierdie wêreld nie!" En wie sy uiterlike lewe liefhet, sal die innerlike verloor; maar wie sy uiterlike lewe ontvlug en gering ag, sal die innerlike behou. So spreek die innerlike gees.
4 Ons sien nêrens `n oproep, dat ons die goedere van die rykes vir onsself moet toe-eien nie. Die Heer Self het gesê: "Gee die keiser wat die keiser toekom". So het Hy die ryk jongeling ook nie gebied om sy goedere te verkoop nie, maar hom slegs die vriendskaplike raad gegee, benewens die belofte van die ewige lewe.
5 Omdat ons dus nêrens `n gebod van die Heer teëkom waarin Hy ons uitdruklik sou gebied het om ons, hoe dan ook, van die rykdom van woekeraars meester te maak nie, dan is dit ook sonhelder dat `n waaragtige Christen nie die reg het om die goedere van die rykes vir hom toe te eien nie. Selfs diegene wat hom in die grootste nood bevind, het geen aanwysbare reg van die Heer gekry om hom die goedere, selfs nie van die ergste dief, toe te eien nie. In geval van `n groot noodsituasie, het `n volk wel die reg daartoe.
6 Waarom dan wel? Omdat die Heer dan Self in die volk handelend optree en daardeur `n regverdige oordeel oor die onversadigbare woekeraars bewerkstellig. Niemand mag hom dit veroorloof, behalwe dan in die uiterste geval van nood, om die woekeraars en die hardvogtige ryke te vermoor nie, maar mens mag slegs soveel van hulle hoogs oorbodige skatte wegneem, as wat die volk ter ondersteuning nodig het, sodat hulle weer op die basis van `n vreedsame werkwyse in hulle onderhoud kan voorsien.
7 Die ryk woekeraar moet mens egter altyd nog soveel laat dat hy op aarde geen armoede hoef te ly nie, want dit is immers die enigste loon vir sy arbeid. Die Heer wil tog niemand straf nie, maar elkeen slegs beloon volgens die aard van sy werksaamhede.
8 Aangesien die ryke en die woekeraar, na die aardse lewe, niks meer te verwag het nie, is dit tog niks meer as billik nie dat hy sy loon vir sy talent, daar ontvang waar hy gewerk het.
9 Bowendien wil die Heer ook geen mens op hierdie aarde volledig veroordeel nie, sodat daar vir elkeen die moontlikheid aanwesig sal bly om hom vrywillig van die wêreld af te wend en tot die Heer terug te keer. Sou alles nou van so 'n ryk woekeraar afgeneem word, dan lyk hy al heeltemal veroordeel, want vertwyfeling sal hom bemeester en dan `n hewige toorn, waarin hy onmoontlik ooit die weg van die heil sal kan betree. As hy nog voldoende vermoë oorgehou het, dan is hy ten eerste nie aan aardse nood blootgestel nie en lyk hy ook nie heeltemal onbeloon te wees vir sy spaartalent nie; ten tweede kan hy in hierdie toestand, waarin hy nie volledig veroordeel is nie, tog ook nog die raad wat die Heer aan die ryk jongeling gegee het, opvolg en daardeur die ewige lewe verkry.
10 Maar by sulke ekstreme aksies wat `n baie verarmde volk onderneem, mag absoluut geen bloedige wreedhede begaan word nie, want sodra dit gebeur, werk die Heer nie meer saam met die volk nie, en die volk sal sy daad nie geseënd sien nie! Want as hy vandag sal oorwin, dan sal hy môre weer verslaan word en dan sal daar aan beide kante bloed vloei! Nooit mag die mens vergeet dat alle mense sy broeders is nie. Wat hy onderneem moet hy altyd met `n van liefde vervulde hart doen; hy mag niemand iets kwaads wil aandoen nie, maar altyd slegs maar iets goeds, wat veral op geestelik gebied werksaam is vir die ewige lewe.
11 Is sy gesindheid van die aard, dan sal die Heer sy handelinge seën, maar in die teenoorgestelde geval vervloek! Want as die Heer, wat tog alle mag in die hemel sowel as op aarde het, Self vir niemand `n ewig dodelike regter wil wees en niemand hoef te vra wat Hy wel moet of nie moet doen nie, dan moet `n mens op aarde nog veel minder iets uit kwaadwilligheid doen.
12 Wee egter die volk wat sonder uiterste noodsaak teen die rykes en magtiges in opstand kom! Hulle sal vir hulle daad bitter getugtig word, want die armoede is van die Heer. Wie die Heer liefhet, het ook die armoede lief; rykdom en `n luukse lewe hoort egter by die wêreld en by satan! Wie na die wêreldse streef en dit liefhet, het hom van kop tot tone deur satan laat inlyf!
13 Solank `n volk dus nog eenmaal per dag, al is dit maar ietwat, sy honger kan stil en nog in die lewe kan bly, solank mag hulle ook nie in opstand kom nie. Maar wanneer die rykes en woekeraars byna alles na hulle toe getrek het, sodat duisende arm mense duidelik deur hongersnood bedreig word, dan is dit tyd om in opstand te kom en die oortollige goedere van die rykes onder mekaar te verdeel. Want dan is dit die wil van die Heer wat die rykes vir `n groot gedeelte vir hulle skandelike eieliefde en hebsug tugtig.
14 Tot slot van die uiteensetting oor die gebod sou iemand miskien nog wil vra of die neem van rente oor uitgeleende kapitaal in `n sekere sin ook nie teen die sewende gebod is nie? Dan sê ek: Wanneer die rentekoers wetlik in `n land vasgelê is, dan is dit ook geoorloof om na gelang van hierdie rentekoers rente van die rykes te in; maar as iemand aan `n behoeftige benodigde kapitaal geleen het, dan mag hy geen rente daarvoor verlang nie.
15 Was die behoeftige met die kapitaal in soverre geholpe, dat hy hom nou in die uitoefening van sy ambag maatskaplik goed kan red, dan moet hy daarop bedag wees dat hy die geleende kapitaal weer aan sy vriend teruggee. Wil hy uit dankbaarheid die wetlike rente betaal, dan moet die uitlener dit nie aanneem nie, maar die lener wel adviseer om hierdie rente volgens vermoë aan sy armer broeders te gee.
16 Maar aan egte armes moet niemand kapitaal leen nie; wat mens hulle gee moet mens hulle ook heeltemal skenk. Dit is geheel in ooreenstemming met die wil van die Heer. Wie dit opvolg, sal die liefde van die Heer besit. Aangesien ons nou alles wat die gebod betref, aangeroer het, kan ons onsself dadelik na die agste saal begewe, waar ons `n gebod sal leer ken wat in menige opsig lyk soos die sewende gebod.
|
|
|
|
|