Die drie hemele - hulle struktuur
4 Kyk nou hoe die tallose skare salige geeste hulle na ons straat begewe en as`t ware `n lewende heining daar vorm wat, soos julle goed in julle gees kan sien, hom in `n reguit lyn onafsienbaar ver uitstrek. Wanneer julle na die veelsoortige hemelse mooi gestaltes kyk wat ons aan beide kante tydens ons wandeling verbygaan, dan sien julle bewoners uit die gehele konstellasie. Julle moet egter nie dink dat daar in hierdie eindelose rye veel van een en dieselfde ster of planeet is nie. Nee, van elke ster is daar maar twee, naamlik een manlike en een vroulike wese; want sou daar meer van elke afsonderlike ster aanwesig wees, dan sou die, in julle oë eindelose uitgestrekte ruimte, ook geestelik gesien te klein wees om almal te bevat en dan sou julle hulle nie kon oorsien nie.
2 Julle vra nou; aangesien daar, volgens julle innerlike kennis, op sommige groot planete en veral op sonne reusagtige groot mense is, is dit verwonderlik dat hierdie salige geeste hier tog van `n baie gewone grootte is met slegs klein verskille net soos oral op aarde. Ek sê vir julle; hier, waar die Heer woon, is daar nêrens onderskeid nie; maar wel in ander hemelgebiede waar die Heer slegs in Sy genadeson aanwesig is.
3 Sodanige hemelgebiede is om te begin die eerste of onderste hemel, waarin slegs die wysheid en die uit haar voortkomende liefdevolle hoogagting vir die Heer woon; en vervolgens die middag- of tweede hemel, dit bestaan uit diegene wat deur die ware geloof in hulle liefde vir die naaste tot die Heer gekom het.
4 Elk van hierdie twee genoemde hemele is op sigself oneindig en bevat alle ontelbaar miljarde geeste wat volgens aardse begrippe voorheen op hulle hemelliggaam opreg geleef het. Bowendien is beide hierdie hemele so ingedeel, dat die geeste van die planete hulle vrye salige woning juis op die plek in die hemel het, waar hulle hemelliggaam hom natuurmatig bevind. Julle moet dus die hemel vir julle voorstel, as `n oneindige ver uitgestrekte, geestelike oppervlakte, waarin alle sonne en planete afsonderlik hulle plek inneem.
5 Julle vra nou, hoe dit moontlik is, omdat daar tog drie geskeide hemele is, en die planete egter nie geskei is en die planete en sonne bowendien ook so deurmekaar geplaas is, dat hulle daardeur onmoontlik almal in `n bepaalde ooreenkomstige vlak kan lê. Hoe moet mens dit begryp?
6 Ek sê vir julle; natuurlik gesien is dit weliswaar nie so goed met mekaar in ooreenstemming te bring nie, maar geestelik gesien is dit seker baie aanskoulik en duidelik. Nietemin kan hierdie gang van sake baie duidelik vir julle gemaak word deur `n voorbeeld uit die natuur. Ons sal probeer of ons in staat sal wees om een te vind wat vir ons doel geskik is. Luister dus:
7 Neem byvoorbeeld julle aarde; die vaste grond met haar bevolkte oppervlakte stel die eerste hemel voor; die streek van die lug waarin die wolke hulle bevind die tweede; dié bo die wolke ver uitgestrekte eterstreek die derde en hoogste hemel. Hierdie drie hemele is weliswaar met mekaar verbonde, maar is tog so van mekaar geskei, dat daar niemand van die onderste hemel in die tweede en nog minder in die derde kan kom en ook niemand van die tweede in die derde; maar omgekeerd is dit wel die geval.
8 Op elke hemelliggaam is daar in hierdie drie streke tallose lewende wesens. Op die vaste bodem growwer materiële, in die wolkestreek meer geestelike en ligter en in die derde streek baie eteriese ligte en volkome onsigbare. En tog staan hierdie drie soorte wesens voortdurend met mekaar in verbinding op elke hemelliggaam.
9 Dit is één deel van die voorbeeld. Maar julle weet ook dat elke vry bewegende hemelliggaam deur tallose strale van ander verafgeleë hemelliggame beskyn word. Kyk, op hierdie wyse neem dit in sy drie streke of sy drie vlakke, dele van die hele universum op.
10 Deur hierdie wisselwerking staan dit dan ook voortdurend in verbinding met die gehele universum en hierdie invloed laat hom dan geld in al die drie streke van die betrokke hemelliggaam, waarby dan die eteriese in die eter, die atmosferiese in die atmosfeer en die telluriese (aardse) op die hemelliggaam bly.
11 Daardeur staan dus die ooreenstemmende sfere van alle sonne en planete steeds sodanig met mekaar in wisselwerking, waar die eteriese van vreemde planete hulleself slegs verbind met die eteriese, die atmosferiese met die atmosferiese en die telluriese met telluriese van julle planeet.
12 Aangesien ons hierdie verbande nou duidelik uitgelê het, kan ons oorgaan na die derde beskouing van ons voorbeeld en dit is die ooreenstemmende geestelike. Dinge wat volkome met mekaar ooreenstem, stel in `n geestelike opsig `n vlak voor wat oral heeltemal gelyk is. Bygevolg is in die geestelike verskyningsvorm die natuurlike of telluries gelyke van alle hemelliggame dan as één eindelose uitgestrekte vlakte sigbaar en dit is ook die geval met die atmosferiese en eteriese gelyke.
13 Die ooreenstemminge bestaan egter in die geestelike wêreld slegs uit die gemoedslewe van die mense op die hemelliggame. Julle sê dat die telluriese in sy eindelose verskeidenheid met die hele natuurlike konstellasie ooreenstem. En so is dit ook. Ook die natuurlike gemoedslewe van `n mens het ooreenstemming met die natuurlike gemoedslewe van die mense van die hele konstellasie. Dit is ook die geval met die wys-geestelike en ook met die liefde-geestelike deel van die mense op julle aarde. Kyk nou en let op!
14 Die mens op julle aarde is volgens sy aard as`t ware die sentrum van alle mense van ander hemelliggame en wel omdat die Heer self op aarde in die vlees mens geword het.
15 Die eerste of onderste hemel, wat ook die natuurlik-geestelike hemel genoem word, bevat salige mense van julle planeet en elkeen van hierdie salige mense vorm dieselfde vlakte waarin alle ander mense van die konstellasie hulle tot hulle verhouding as lyne wat van `n middelpunt uitgaan of wat vanuit `n so groot moontlike sirkel weer in die middelpunt saamkom.
16 Die natuurlike vlakte is egter geen ononderbroke deurlopende nie en kan dit ook nie wees nie; dit het tog altyd `n sekere begrensing. Daarom sal julle die natuurlike hemel dan ook altyd as talloos baie, afsonderliks verenigings aanskou.
17 Die tweede hemel, wat ons ken as die middaghemel, is reeds konkreter maar het tog in sy eindelose uitgestrektheid sekere tussenruimtes wat soos eindelose ver uitgestrekte oseane lyk, waar die geeste wat in hierdie hemel tuishoort, slegs onder hoëre begeleiding oorheen kan kom.
18 Beskou nou die derde, eteriese afdeling waarin van nature tallose hemelliggame swem. Dit is oral volkome konkreet. Daarom is ook in ooreenstemmende vorm die hoogste liefdeshemel dan so gesitueer, dat hy alle ander omgewe, dra en lei. Dit sal nou heeltemal nie moeilik te begryp wees dat al die ander ten slotte met hierdie hoogste hemel as`t ware konkreet op dieselfde vlak moet kom, waarby alles deur hom aktief deurdronge word.
19 Daarom het die salige geeste van die aarde vanuit die liefde van die Heer in hierdie hemel dan ook die onbegrensde werkterrein. Hulle kan hulle oral heen begewe. Oral lê daar vir hulle `n gelykmatige weg. Vir hulle is daar nêrens `n "op" en "neer", soos julle op ooreenkomstige wyse ook nie kan sê die een eteries ligte mens, waarop geen hemelliggaam nog enige aantrekkingskrag kan uitoefen nie, hom in die ligte etersee êrens ligter of swaarder op en neer sou kan beweeg, omdat hy hom met dieselfde gemak in alle rigtings kan beweeg soos `n gedagte, waarvoor die "op" en "neer" tog seker ook om’t ewe is.
20 Dit word egter op ooreenstemmende geestelike wyse `n "vlak" genoem en dat dit sigbaar is as `n eindelose vlakte. Daarom hou die geeste van alle wêrelde hulle dan ook noodsaaklik saam met hulle ooreenstemmende hemelliggame in hierdie vlaktes op en hulle moet vervolgens met ons, sentrale geeste uit die Heer, ook noodsaaklik in `n dienende verbinding staan.
21 Voorlopig is dit vir julle `n goeie antwoord op julle vraag, maar wanneer ons by ons volgende beskouing sal sien hoe die Heer die geselskap van Hom in sy ewige bestemming sal installeer, sal julle dit alles uit Sy mond in `n nog veel helderder werkende lig sien.
22 Dit is moeilik om geestelike en natuurlike omstandighede met natuurlike taal in sigbaar begryplike verband te bring, maar tog is die groot liefde en wysheid van die Heer in staat om oral wondere te verrig. Daarom sal julle ook hier die beste gedeelte eers uit die mond van die Heer ontvang. - Maar nou kom ons alweer nader aan die heilige stad; daarom sal ons ons aandag ook daarheen wend.